Stakers brand drie vragmotors uit

Spanne van vyf Oos-Randse brandweerstasies het hand bygesit. Foto: Verskaf

Drie bestuurders is beseer toe hul vragmotors Maandag op die aansluiting van Isandoweg en Monteerstraat in Isando, Kempton Park, aan die brand gesteek is.

Brandbestryders van vyf Oos-Randse brandweerstasies het hulle met ses brandweerwaens na die toneel gehaas nadat Kempton Park se brandweer die oproep Maandag omstreeks 12:30 ontvang het. Brandweerspanne van Edenvale, Primrose, Boksburg en Commercia was ook gou op die toneel.

By hul aankoms was drie vragmotors wat leë dromhouers vervoer reeds ʼn ruk lank aan die brand. Die brandweer het die vlamme begin blus, maar min kon gered word, al het selfs private brandbestryders van ʼn nabygeleë maatskappy in die nywerheidsgebied hulp kom verleen.

Blykbaar het hulle petrolbomme gebruik en toe op die vlug geslaan.

William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni-nooddienste, sê aansienlike skade is aangerig, na bewering deur stakende werkers van die plastiekbedryf wat die trokke aan die brand gesteek het. “Blykbaar het hulle petrolbomme gebruik en toe op die vlug geslaan.”

Die drie bestuurders is op die toneel vir geringe beserings behandel en vir verdere behandeling na die Arwyp-hospitaal in Kempton Park gebring.

Ntladi sê Ekurhuleni se nooddienste wil motoriste bedank vir hul geduld en samewerking nadat die aansluiting vir die duur van die brandbestryding gesluit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jozi ·

Word daar nou amptelik weggedoen met die gevolge van keuses en dade?
Massas mense staak, brand en vernietig als wat in hul pad kom en dit lyk vir my of die skuldiges geensins meer aanspreeklik gehou vir die skade nie.
Dit gaan soos dit gaan oor een baie belangrike aspek – ‘n totale gebrek aan respek.
Geen respek meer vir die omgewing, vir die samelewing, gesag, reels en wette in die algemeen.

D B ·

Dan is hulle baie verbaas wanneer bv. die myne hulle wil afdank.

Die boere gaan dieselfde begin doen (doen dit seker alreeds). In vandag se tyd is daar so baie werk wat nie deur mense gedoen hoef te word nie.

CRSwart ·

In JHB CBD is daar ‘n standbeeld opgerig in 2015 met die woorde ‘democracy is dialogue’. Die beeld is van ‘n vrou met ‘n plakaat in haar een hand, ‘n kind op die rug en in haar ander hand ‘n petrolbom…

Dries ·

Hoop die vragmotor eienaars dagvaar die unie wat verantwoordelik is vir die staking.

HPV ·

Nee, net as jy kan bewys jou of jou familie was beslis in lewensgevaar en dit was die enigste en laaste uitweg tot selfverdediging. In die helhool mag jou eiendom vernietig word want ons skewe grondwet sê ‘n misdadiger se lewe is meer werd as my en jou eiendom.

HPV ·

Nee, net as jy kan bewys jou of jou familie was beslis in lewensgevaar en dit was die enigste en laaste uitweg tot selfverdediging. In die helhool mag jou eiendom vernietig word want ons skewe grondwet sê ‘n misdadiger se lewe is meer werd as my en jou eiendom.

Ingo ·

Elke keer as privaat eiendom uitgebrand word …moet die eienaars siviele eise teen die staat indien….laat hulle betaal vir die situasie waarin hulle die land gestuur het.

Jan ·

Of ‘n madamus bevel deur die hooggeregshof laat uitreik om SAPS te dwing om hulle pligte na te kom.

Peter Holmes ·

Hulle sal dit nie in Zimbabwe of enige ander Afrikastaat waag nie. Daar word skerppunt ammunisie gebruik. Hulle tronke is ook ware tronke. Geen kos, beddens ,beddegoed, mediese behandeling nie. Hulle slaap op die kaal vloere en oorleef dit selde. Ons tronke is soos hotelle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.