Staking by Eskom veroorsaak steeds vertragings

(Argieffoto ter illustrasie: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Asof die hernude inwerkingstelling van beurtkrag Suid-Afrikaners nie reeds mismoedig genoeg gemaak het nie, lyk dit asof ʼn sloerstaking by Eskom steeds herstelwerk aan kragtoevoerprobleme in Gauteng vertraag.

Die sloerstaking hou glo verband met die betaling van oortydwerk, maar is reeds verlede Sondag afgeskaf nadat die kragvoorsiener met werkers onderhandel het.

Daphne Mokwena, ʼn bestuurder by Eskom, het verlede week in ʼn verklaring gesê stakende werkers het ná afloop hiervan ooreengekom om hul dienste te hervat.

“Ons werk tans om kragtoevoer na sommige gebiede te herstel, maar weens ʼn agterstand sal die omkeertyd langer as gewoonweg wees.”

Dit lyk egter of probleme steeds voortduur.

Johannesburg se kragvoorsiener, City Power, het Woensdag gesê hy is bekommerd oor die negatiewe uitwerking wat die staking op sy kliënte te midde van beurtkrag in die land het.

“Ons kliënte is oor die afgelope paar dae ingeloop weens kragtoevoer wat ná geskeduleerde beurtkrag weer herstel moet word, maar dan eers ure later aangaan.”

City Power sê sy kliënte in die noorde van Johannesburg is vandeesweek die “hardste getref”, met inwoners in Northriding en Windsor wat tot vyf uur ná geskeduleerde beurtkrag steeds sonder elektrisiteit moes klaarkom.

Dít is glo weens ʼn probleem met die transformators by die Windsor- en Olivedale-substasie.

City Power-kliënte in “grensgebiede” soos Randburg, Midrand en Lenasia is glo ook deur die kragtoevoerprobleme geraak.

“Dit is onaanvaarbaar. Ons het ons besware met Eskom in dié verband opgeneem en doen ʼn beroep op ons kliënte om geduldig te wees terwyl ons poog om die probleme met Eskom uit te klaar,” sê Isaac Mangena, woordvoerder vir City Power.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jenny ·

Dit is nie net in Johannesburg wat dit gebeur nie, hier in Benoni wag ons telkemale ure vir ons krag om aan te kom.

Blikkies ·

Besef die stakers nie hulle benadeel hulle eie mense en kinders se opvoeding deur hulle optrede nie. Stupid verby.

sopbeen ·

Vir jare het hulle op hul agterstewe gesit en nie hul werk gedoen nie. Nou dat hulle bietjie moet werk wil hulle staak.

melaney ·

Ons krag bly af maar ten minste bly al die straatligte in ons geweste aan, 24 uur per dag. Ons kan nie kla nie.

Pieter ·

Tyd om almal aftedank en mense sonder BEE vereistes aan testel. Want hulle sal wil werk.

Blikkantien ·

Klink vir my na die ideale geleentheid om van dooie hout ontslae te raak…

Willem ·

Ja, dank al die stakers en moeilikheidmakers ag en stel mense aan wat bereid is om te WERK en maak staking onwettig vir personeel van eskom, sapd, sanw, korrektiewe dienste en ander noodsaaklike ondernemings

Pieter ·

Dit is nou sabotasie en hoogverraad. Laat onmiddelik al die sogenaamde Boeremag lede uit die tronk uit. Hul optrede en skade aan die land is ‘n sondagmiddagpiekniek om te vergelyk en ‘n ANC magsvertoon om hulle te vervolg.

Anel ·

Nou wat verwag hulle? Mens kan nie krag na willekeur aan en af sit nie en dink daar gaan nie nagevolge wees nie. Kragstelsels is nie daarvoor gemaak nie. As die spul van die begin hulle werk gedoen het, sou dit nie nodig gewees het vir oortyd nie. Waar dink hulle moet die geld vandaan kom?

Perdeby ·

Dank hulle af en kry mense wat ernstig is oor hulle werk, dan kan die sloerstakers by hulle huise gaan lê en sloer.

Malan ·

Fire die stakers. Dit is mos ‘n gulde geleentheid om van Eskom se baie oortollige personeel ontslae te raak.

Blomme ·

Praat van bloed uit ń klip wil tap! ESKOM se voortbestaan hang aan ń dun draadjie.

Rudi ·

Stel asb. julle verslaggewers in kennis dat mense wat iets koop KLANTE is en nie “kliënte” nie.

Pablo ·

Ou De Ruyter jy moet maar op jy donkie kim en pad gee. Weet hoe jy gedink jy kan Eksdom kan red nie. Nou die geld was seker waaroor dit gegaan het. Jou donkie wag vir jou. He he heeee

annie ·

Eskom sê niks oor sy groot skuldlas van biljoene nie. Hoe gaan dit afgeskud word? Die unies ea wil die huidige bestuur aanvat maar niks word gesê oor die afgelope 27 jaar se droogmakers en die vele hande in die geldlaai nie, wat steeds nie vervolg is nie. Almal is gou op hul (rooi)perdjies maar die grysperderuiter moet dit nie waag om die waarheid uit te spel nie. Die eintlike probleem is die tweespalt in die ANC met korrupte kaders wat weer wil terugkeer na hul lekker magsposisies.

Waarnemer ·

Nog n nuwe verskoning!!!!Eers was dit agv n algehele krag ineenstorting in Mosambiek,nou n staking!!!Volgenede op die lys is natuurlik n tekort aan krag in China……

Ria ·

Dis n noodsaaklike diens. Fire hulle en kry ander wat wil werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.