Staking by Gautrein duur voort

(Argieffoto)

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê die staking by die Gautrein gaan onbepaald voort.

Die Gautrein was verlede week in bedryf ondanks die staking – weens ʼn loongeskil – maar treinskedules moes aansienlik aangepas word en busdienste is plek-plek opgeskort.

Die afgelope naweek is die Gautrein se dienste egter opgeskort. Treindienste is Maandagoggend weer hervat.

Numsa het Vrydag met die Gautrein se bestuur vergader en sê hoewel verskeie voorstelle geopper is, het die onderhandelings weereens ʼn dooiepunt bereik.

“Albei partye het ooreengekom op bemiddeling deur die KVBA [Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie] en ons het aan hom geskryf om in te gryp,” het Phakamile Hlubi-Majola, Numsa-woordvoerder, gesê.

Numsa het sy lede bedank vir hul voortgesette steun van die staking.

“Ons sal die gesprekke met ʼn oop gemoed benader en ons doen ʼn beroep op die Gautrein se bestuur om dieselfde te doen sodat ʼn vriendskaplike oplossing vir die staking gevind kan word.”

Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, bied ʼn loonverhoging van 4,1% aan, terwyl Numsa aandring op ʼn loonverhoging wat volgens hom op ʼn verhoging van 26% neerkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

26%!!!!!!!!!!!! En dit word beskou as billik en redelik en geregverdig? Gewetenlose misbruik van n magsbasis wat nie n zirrrrr omgee hoe hulle eie selfsug mense wat WIL werk benadeel nie?

Ergste is “the people” betaal lekker vir die “representatives” wat minder as ZERO doen behalwe kla en dreig en demand.

Persheks Adri ·

Die land is op sy knieë en hulle soek 26% verhoging aikona geen maatskappy gee daai verhoging nie regtig waar! Fire hulle daar is mense wat wil werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.