Staking by Implats-myn in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 2 000 mynwerkers van Impala Platinum se Marula-myn in Limpopo het Vrydag begin staak, het Eyewitness News berig.

Die werkers is glo ontevrede oor die loonooreenkoms wat op 23 Junie onderteken is.

Johan Theron, woordvoerder vir Impala, het aan EWN gesê die maatskappy probeer met die werkers onderhandel. “Die staking word nie deur enige van die vakbonde ondersteun nie, so ons het nie ʼn formele memorandum met griewe nie,” het Theron gesê. “Ons probeer bepaal wat die werkers se griewe is.”

Sapa kon nie dadelik met Theron in verbinding tree vir verdere kommentaar nie.

Dit is minder as twee weke ná die lang Amcu-staking by platinummyne tot ʼn einde gekom het. Ongeveer 70 000 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union het op 23 Januarie begin staak en ʼn intreevlaksalaris van R12 500 geëis. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Wys jou net, hulle wil nie werk nie!! Dank hulle af en kry mense in wat WIL werk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.