Die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het Dinsdag die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se jongste loonaanbod aanvaar.
Dié vakbond is kort op die hakke van die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) wat Maandag ná langdurige en nauurse onderhandelinge ’n loonooreenkoms van 8%-salarisverhoging bereik het.
Dít beteken dat die nasionale staking van sowat 90 000 werknemers wat lede van die onderskeie vakbonde is, eindelik verby is.
Maroela Media het vroeër berig dié staking het die inkomstediens sedert verlede week lamgelê met 33 van 53 SAID-takke wat landwyd moes sluit.
Die salarisverhoging het reeds vanaf 1 April in werking getree met ʼn bykomende langtermynooreenkoms wat ʼn beloning vir langtermyndiens asook die bekendstelling van agt dae se voorgeboortelike en inentingsverlof insluit.
Khaya Xaba, nasionale woordvoerder van Nehawu, het gesê hoewel die vakbond se amptenare ingestem het tot die SAID se aanbod, is hulle egter nié gelukkig met die ooreenkoms nie.
Xaba het gesê ʼn enkeltermynooreenkoms in die huidige ekonomiese toestande sou meer geskik wees vir hul lede. “Ons gaan steeds ons lede raadpleeg en ons opsies opweeg oor wat ons kan doen om ʼn beter ooreenkoms oor die volgende drie jaar te onderhandel,” het Xaba gesê.
Xaba het wel bevestig dat Nehawu die ooreenkoms aanvaar het en dat werkers eersdaags sal terugkeer werk toe.
“In hierdie verband sal ons voortgaan om die inwerkingstelling [van die ooreenkoms] te monitor. Die vakbond sal ook moontlike geleenthede aangryp om die ooreenkoms te herbesin waar nodig. Ons sal voortgaan om te veg vir die oplossing van kwessies soos die afhandeling van die beleid op ” het Xaba gesê.
Die vakbonde het aanvanklik ʼn salarisverhoging van 11,5 % geëis waarna die inkomstediens 7% aangebied het. Daar is uiteindelik op ʼn salarisverhoging van 8% ooreengekom.
Nou wag ons om te sien wanneer word die terugbetalings gedoen. Miljarde vir besighede wat klaar hulle deure toegemaak het
Nou wag ons om te sien hoeveel verhoging top bestuur gaan kry….
Dries, die oudit afdeling wat die terugbetalings goed keur, is bitter min en ek glo nie eers hul het gestaak nie. Nie as ek na die mense op TV gesien het nie.
Daar is baie mense wat nie daaraan glo om te staak nie.
Wonder wat maak die staats instansie anders as ander staatsinstansies.
SAPD kry 5,2 % +1% = 6,2 %
SAID kry 8 %
Pensionarisse by hospitaal 5,2 %
Ens..
Ek dink nie enige iemand het hulle eers gemis nie. O ja,en ek wag nog steeds vir my terugbetalings. “Same old same old.” Patetiese spul narre.
Nee MM nie 90 000 nie ,baie ver uit met daai getal.