Staking by inkomstediens dalk gou verby

SAID-werkers van die vakbonde Nehawu en PSA staak sedert 28 Maart 2019 oor ʼn loondispuut (Foto: Leon Lestrade/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die naweek met vakbonde vergader en meen daar is ʼn moontlikheid om ʼn ooreenkoms te bereik en die staking te beëindig.

Die SAID en die vakbonde, National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) en die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA), het Vrydagaand vergader en die gesprekke Sondagmiddag hervat.

Volgens Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het die partye aansienlik vordering gemaak en is daar ʼn moontlikheid dat ʼn ooreenkoms bereik en die dispuut afgehandel sal word. “Georganiseerde arbeid sal die voorstelle met hul lede bespreek en teen Maandagoggend 09:00 na die werkgewer terugkom.”

Vakbondlede het verlede week by talle SAID-takke landwyd begin staak in aandrang op hoër salarisse. Die inkomstediens het die protesaksies as onwettig bestempel omdat dit plaasgevind het buite die voorafooreengekome plekke.

Die inkomstediens het hom daarna tot die hof gewend om protesaksies op ander plekke stop te sit.

Duisende werknemers wat lede is van onderskeidelik Nehawu en die PSA het begin staak om te eis dat ʼn salarisverhoging van 11,5% aan alle werkers toegestaan word. Die inkomstediens bied 7% aan.

SAID-werkers het die KVBA se bemiddelingsvoorstel van ʼn 8%-salarisverhoging vir alle werkers verwerp en sê hulle sal nie bes gee oor hul eis vir ʼn 11,5%-verhoging nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

… moet sekere maar gee, want hulle weet te veel van te veel mense se finansies af. Gangster state?

Hennie ·

SARS werknemers kry al klaar bogemiddelde salarisse… Nes ESKOM! Hulle is deel van staat en land kaping!

Tom ·

Beeindig die staking nog vinniger – “fire” almal wat staak!!! 7% is MEER as regverdig, maar hulle trek hulle neuse op daarvoor? Hulle is te lui om te werk!

gatiep ·

Julle kan 50% kry of meskien 100%.Die goverment het baie geld. Kyk hoe mors hulle dan met geld.

madelein ·

Hennie ek is baie bly jy dink so, ons is staatsamptenare wanneer dit hulle pas maar anders is ons semi staat mense wat 20 jaar en meer vir SARS werk ,gaan maar met n skamele 12 000 rand huis toe, hulle verdien te min om huise te koop en as jy 40 jaar diens het gaan op pensioen van die staat n skamele 400 000 rand vir 40 jaar diens helfte van jou lewe gewerk en tot n pensioen fond bygedra Ja die groot koppe kry die geld nie die mense hier onder nie kliente diens en daai mense kry min sallarise.

marous ·

Daar is geen geld nie . Die hele regering gaan binnekort disfunksioneel wees . Hou maar dop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.