Staking by Northam-platinummyn beëindig

Zondereinde-myn in Northam, Limpopo Foto: Russell and Associates (Skakelagentskap vir die maatskappy Northam Platinum)

Zondereinde-myn in Northam, Limpopo Foto: Russell and Associates (Skakelagentskap vir die maatskappy Northam Platinum)

ʼn Onbeskermde staking by Northam Platinum se Zondereinde-myn in Limpopo het tot ʼn einde gekom, het die vakbond NUM Dinsdag gesê.

“Lede van NUM by Northam Platinum het ʼn voorlopige memorandum van verstandhouding onderteken wat tussen die NUM en die bestuur opgestel is,” het Ecliff Tantsi, NUM se hoofonderhandelaar by die maatskappy, gesê.

Die staking het ses dae lank geduur. Lede van NUM het op 13 Januarie begin staak en aangevoer die maatskappy verontagsaam sy beleide. “Die bestuur wou eensydig die siekebriefbeleid en aanstellingsbeleid wysig,’ het Tantsi gesê. “Hulle het gepoog om werknemers met geldige siekebriewe te dissiplineer en hulle te dwing om te werk terwyl hulle beseer is of siek is.”

Hy het gesê kragtens die memorandum sal alle stakers Woensdag terugkeer werk toe.

Albei partye het ʼn beroep gedoen op vrede in die werksplek en stabiliteit in arbeidsverhoudinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

SNEL ·

Kan alles nie eerder met gesprek opgelos voordat hulle staak nie? Die myne het nog nie eers herstel van 2014 se stakings nie. Des dae is klaar erg as mens sien wat myne per dag verloor. As die stakings nie stopgesit word nie, gaan Suid Afrika binne kort n land sonder mynbou word. Hoeveel gesinne se lewens was nie geraak met die stakings nie, nie net gedurende die stakings nie, maar hoeveel het nie hul werke verloor toe die myne hervat het nie. Oop posisies word nie gevul nie, omdat myne nou moet probeer opstaan uit die as uit; en nou nog stakings. Besef hierdie klomp watse skade hulle aanrig, is hulle bewus daarvan dat hulle ook die vrugte gaan pluk, en hulle hul werke heeltemal kan verloor as hulle nie ophou met die stakings nie. Die boere word vermoor, so landbou is besig om sy [email protected] te sien en die mynbou is nou op dieselfde paadjie. n Eens goeie standvastige land is besig om ten gronde te gaan. Dit breek mens se hart en baie ly daaronder.

Drieks ·

Anc het hul so geleer.
Anc moet hierdie staakings stop.
Sover wil hul ons land laat val Snel.
Hartseer, hartseer……

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.