
Zondereinde-myn in Northam, Limpopo Foto: Russell and Associates (Skakelagentskap vir die maatskappy Northam Platinum)
ʼn Onbeskermde staking by Northam Platinum se Zondereinde-myn in Limpopo het tot ʼn einde gekom, het die vakbond NUM Dinsdag gesê.
“Lede van NUM by Northam Platinum het ʼn voorlopige memorandum van verstandhouding onderteken wat tussen die NUM en die bestuur opgestel is,” het Ecliff Tantsi, NUM se hoofonderhandelaar by die maatskappy, gesê.
Die staking het ses dae lank geduur. Lede van NUM het op 13 Januarie begin staak en aangevoer die maatskappy verontagsaam sy beleide. “Die bestuur wou eensydig die siekebriefbeleid en aanstellingsbeleid wysig,’ het Tantsi gesê. “Hulle het gepoog om werknemers met geldige siekebriewe te dissiplineer en hulle te dwing om te werk terwyl hulle beseer is of siek is.”
Hy het gesê kragtens die memorandum sal alle stakers Woensdag terugkeer werk toe.
Albei partye het ʼn beroep gedoen op vrede in die werksplek en stabiliteit in arbeidsverhoudinge.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Kan alles nie eerder met gesprek opgelos voordat hulle staak nie? Die myne het nog nie eers herstel van 2014 se stakings nie. Des dae is klaar erg as mens sien wat myne per dag verloor. As die stakings nie stopgesit word nie, gaan Suid Afrika binne kort n land sonder mynbou word. Hoeveel gesinne se lewens was nie geraak met die stakings nie, nie net gedurende die stakings nie, maar hoeveel het nie hul werke verloor toe die myne hervat het nie. Oop posisies word nie gevul nie, omdat myne nou moet probeer opstaan uit die as uit; en… Lees meer »
Anc het hul so geleer.
Anc moet hierdie staakings stop.
Sover wil hul ons land laat val Snel.
Hartseer, hartseer……