Staking by parlement duur voort

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die staking van werknemers by die parlement duur Vrydag voort.

“Bestuur het ʼn aantal opsies aan die werkers voorgestel,” het Gengenzi Mgidlana, sekretaris van die wetgewer, gesê, maar wou nie uitwei oor die besonderhede nie.

Werkers dring aan op beter salarisse en pensioenvoordele, plus ʼn einde aan kontrakwerk en ʼn hersiening van die proses vir sekuriteitsklaring van almal wat by die parlement werk. Personeel versoek ook dat hul prestasiebonusse bereken moet word gebaseer op hul koste aan die maatskappy en nie gebaseer op hul maandelikse salarisse nie.

Mgidlana het gesê dit is ʼn eis waaraan die parlement nie kan voldoen nie. “Dit sal meer as R50 miljoen beloop. Ons het nie R50 miljoen nie. Ons het nie vir R50 miljoen begroot nie,” het hy gesê.

Terwyl parlementêre sittings Donderdag voortgeduur het, het die werkers ʼn interdik van die arbeidshof geïgnoreer waarin die staking onwettig verklaar word en wat werkers verhoed om op die perseel te betoog. Hulle het gesing en gedans en gesê hulle sal nie hul werk hervat totdat daar aan al hul eise voldoen is nie.

Die takvoorsitter van Nehawu, Sthembiso Tembe, het gesê die vakbond is glad nie van plan om hom aan die interdik te steur nie, aangesien dit uit wantroue bekom is. “Ons het deur die media daarvan te hore gekom, en ons is nie daaroor besorg nie,” het hy gesê. “Ons gaan dit nie respekteer nie.”

Bestuur en vakbondverteenwoordigers sal Vrydag onderhandelinge hervat om die saak op te los.

Maroela Media het vroeër berig polisiebeamptes moes Woensdag skokgranate gebruik op ʼn groep van honderde betogende personeel in die parlementêre binnehof. Betogers het ook by vergaderings van portefeuljekomitees ingebars en betogingsliedjies gesing wat gelei het tot vier vergaderings wat gestaak moes word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

fransie rowles ·

En ons president is te slap om enige iets reg te ruk in die land!!!

BoereBikerBaby ·

Fransie hy het nou net die “aeroplane” op sy brein. plaas daai ou op die foto daai beeld ook bietjie beskadig en verf gooi soos hulle met ons standbeelde maak – se ma net…

Sue ·

Ek het nou my naam maar verander ek sien daar is nog ‘n Susan. Wil net sê waar kruip Zuma weg. Het hy niks om te sê oor wat aangaan nie. Kon hy nog nie iemand kry om sy speech te skryf nie. Dis onrusbarend om geen reaksie van hom te kry met enige van die probleme wat ons in die land het nie. Stel hy nie belang nie of is dit nie vir hom ‘n probleem nie. Ek sou slapelose nagte gehad het as ek hy was. Hy speel met ons Afrikaner se toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.