Staking by parlement hervat

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Werkers by die parlement sal Maandag weer hul staking hervat, het die National Health, Education, and Allied Workers (Nehawu)-vakbond Sondagaand gesê.

Werkers in die parlement, waarvan die meerderheid aan Nehawu behoort, hervat hul staking ná Vrydag se “teleurstellende verslag” deur die taakspan, het Sthembiso Tembe, takvoorsitter van Nehawu, in ʼn verklaring gesê.

Die taakspan het bestaan uit drie lede elk van Nehawu en van die bestuur van die parlement en is saamgestel om ʼn plan te beraam hoe om ʼn ooreenkoms tussen die twee partye van krag tot uitvoer te bring. Die staking in die parlement is verlede Dinsdag opgeskort, nadat die ooreenkoms bereik is, op voorwaarde dat die taakspan ʼn verslag kan aanbied “wat die moeite werd is om deur die werkers oorweeg te word”.

“Werkers het gesê die taakspan moes persentasies voorstel wat gebruik kan word om prestasiebonusse te bepaal, die datum bekend maak wanneer prestasiebonusse betaal sal word, en indien die parlement nie al die geld nou vir die kwalifiserende werknemers kan betaal nie, aandui hoeveel hulle nou kan betaal en wanneer die res betaal sal word,” het Tembe verduidelik. “Dit het ongelukkig nie gebeur nie en die werkers voel hul besware word nie ernstig opgeneem nie. Daarom het ons besluit om die staking te hervat tot ʼn lewensvatbare plan voorgelê word.”

Volgens Tembe sal ʼn vergadering na verwagting Maandag tussen die partye belê word om die pad vorentoe te bepaal.

“Die Nehawu-leierskap in die parlement is vol verwagting dat ʼn oplossing vinnig bereik sal word, om te verhoed dat die staking voortduur en seker te maak dat werk in die parlement ononderbroke kan hervat,” het hy bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor die staking by die parlement op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

adrian ·

Mooi…… julle wou dit so he…wat julle gesaai het maai julle nou…hoop die rubble gee julle n harde tyd

Donald ·

Dit is reg!!! Staak so lank julle kan. Die narre in die parlement gee hulle self groot verhogings maar die mense wat agter hulle skoon mak en verversings voorsien word nie na gekyk nie. Maaf ook weer waar dit is hulle wat die narre instem.

Zumie ·

en nou skielik werk die parlementslede en die werkers by die parlement ewe hard……
(die Agbare lede noem dit net nie ‘n staking nie)

Trots Afrikaans ·

So lank die bode met die drie blou briewe net kan deur kom is alles reg.

Louise ·

Ja staak STAAK staak, maar ongelukkig op die ou einde van die dag raak dit ons sak en nie die parlament nie.

Eddie ·

Ek weet regtig nie hoekom staak hulle nie.
Is n mens nie onderstel om te staak as jy hard werk en jy verdien nie die geld wat jou dan moet toekom nie. In die geval soek hulle meer geld om minder te doen as wat hulle reeds doen. Klomp narre. Ons kan sien by wie leer hulle.

Mike de Beer ·

Wat is die verskil tussen die stakendes buite die Parlement en die niksdoeners wat oorwegend sit en slaap wat hulle binne in die Parlement bevind?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.