Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag ʼn dringende aansoek deur Rand Water aangehoor in verband met ʼn staking wat die munisipalewerkersvakbond Samwu beplan het.
Die hof het bepaal dat Samwu sy kennisgewing tot staking moet terugtrek, hangende die uitslag van verrigtinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) wat vir 28 April 2021 geskeduleer is.
“Rand Water het ʼn goeie verhouding met sy vakbonde, gebaseer op die konsep dat goeie arbeidsverhoudinge fundamenteel is tot goeie korporatiewe bestuur,” het Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, in ʼn verklaring gesê. “Ons bly verbind daartoe om met die vakbond in gesprek te tree om ʼn oplossing te kry.”
Rand Water se diens aan sy kliënte sal dus nie onderbreek word nie.
ʼn Boodskap is vroeër op sosiale media gedeel waar Gautengers gewaarsku is dat ʼn staking moontlik tot watertekorte in die provinsie kan lei.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Die “demands” is in elk geval verregaande! Dis teen die grondwet om ons water te stop in elk geval so regtig waar die klomp patete kan net moles maak pffft
Om die water af te sny is poging tot moord, maar wat gee SAMWU om?
Of hulle nou staak of nie maak nie saak nie want die resultate is dieselfde . Water verskaffing en vuil riviere is nog steeds n ramp .