Staking by Robertson-wynmakery: ‘Dis ʼn slaaf se loon’

Stakers op 24 Augustus 2016 buite die Robertson-wynmakery (Foto: GroundUp)

Stakers op 24 Augustus 2016 buite die Robertson-wynmakery (Foto: GroundUp)

Werknemers by die Robertson-wynmakery in Robertson in die Wes-Kaap het Woensdag begin staak en eis ʼn minimumsalaris van R8 500 per maand.

Karel Swartz, adjunk- sekretaris-generaal van die vakbond CSAAWU, het gesê die werkers, wat vanoggend buite die wynmakery betoog het, verdien tans tussen R2 900 en R3 500 per maand voor aftrekkings, berig GroundUp.

Die wynmakery bied ʼn verhoging van 8% aan.

Swartz het gesê meer as 200 werkers het vanoggend buite die wynmakery betoog nadat loononderhandelings vasgeval het.

“Werkers eis ʼn lewensloon,” het hy gesê. “Ons moet wegbeweeg van persentasieverhogings. Dit is nie goed nie. Werkers verdien ʼn slaaf-loon.”

Volgens Swartz is dit die eerste keer in die geskiedenis van die maatskappy wat werkers staak. Hy het gesê die vakbond versoek ook dat ʼn komitee saamgestel moet word sodat hulle gesamentlik die toestande van werkers by die wynmakery en die plaasarbeiders wat die druiwe vir die wynmaker pluk, kan monitor.

“Ons glo ons moet toegang hê tot die plase,” het Swartz bygevoeg. Hy beweer dat die polisie “gereeld ontbied word” en vakbondverteenwoordigers “wegjaag” wanneer hulle na die plase toe gaan wat Robertson-wynmakery van druiwe verskaf.

CSAAWU is tans besig met ʼn veldtog om uitvoerders van Robertson-wyne bewus te maak van die werk- en lewenstoestande van die werknemers by die wynmakery.

Deneco Dube, streeksorganiseerder vir CSAAWU, het gesê die betoging vanoggend was vreedsaam, maar die polisie en privaat veiligheidsbeamptes was op die toneel om die situasie te monitor.

Dube het gesê Robertson-wynmakery het informele werknemers aangestel om die stakende werkers te vervang, maar die informele werknemers het nie huis toe gegaan toe hulle die stakers buite die wynmakery gesien het nie.

Die vakbond het ʼn aanlynveldtog van stapel gestuur wat ondersteuners maan om Robertson-wynmakery oor te haal om stappe te neem.

Anton Cilliers, uitvoerende hoof van die wynmakery, het in ʼn verklaring gesê die arbeidspraktyke word gemeet teen die beginsels, “wat in die Internasionale Arbeidsorganisasie vervat is”.

“Die bewering dat Robertson-wynmakery sy werknemers van basiese regte ontneem en geweier het om CSAAWU as die verteenwoordigende vakbond te erken, is eenvoudig vals,” het Cilliers verduidelik. “CSAAWU word ten volle deur Robertson-wynmakery erken vir die doeleindes van kollektiewe bedinging en die vakbond geniet boonop ook volle organisatoriese regte binne die maatskappy. Die partye het op verskeie geleenthede gepoog om ʼn erkenningsooreenkoms te teken, en die Robertson-wynmakery bly toegewyd om dit te bereik.”

Cilliers het bygevoeg die wynmakery is in gesprekke vir die volgende finansiële jaar en het ʼn verhoging van 8% voorgestel. “CSAAWU het egter ʼn finale eis van 57% gemiddeld per jaar ingestel,” het hy gesê.

Volgens Cilliers het geen vakbondverteenwoordiger of lid van ʼn vakbond by Robertson-wynmakery enige klag ingedien wat dui op beweerde intimidasie of teistering nie. “Indien daar só klag is, bly die maatskappy ten volle oop en bereid om die bewering onmiddellik na verpligte arbitrasie te verwys sodat die feite ten volle ondersoek kan word. Ons wag op CSAAWU se inligting in die verband.”

Bron: GroundUp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Johann ·

Ek wil graag sien hoe jy en Sonja met ‘n bruto salaris van R3500 per maand sal lewe. Moenie so selfsugtig en onverbiddelik wees nie.

Johann ·

Wat se die wet? Ek dink die mense wat minimum lone bepaal weet wat hul doen. 26% van ons land kry nul lone

Berhalet Beukes ·

Sjoe, ek neem aan jý weet waarvan jy praat? Jy kan ‘n huis, vervoer, kos ens. met daardie tipe geld dra? Dit is ‘n slawe loon en nie een van ons kan met ‘n skoon gewete sê dit is nie!

jennefer ·

As n matrikulant hier in Limpopo met minder as R3000 pm tevrede moet wees, so ook hulle. As n “millwright apprentice” met R4500 pm tevrede moet wees, het hul ook nie te kla. Die jongman moet R2500 aan huur betaal, meeste plattelandse werkers woon gratis.

Berhalet Beukes ·

Jennefer, ‘n matrikulant is pas uit die skool met geen ondervinding. En jou punt is? Sal dieselfde matrikulant op 50 tevrede wees met R3500? Is dit menslik?

Sonja ·

Wetgewing sê R150 per dag vir werkers op platteland wat jou rofweg R3500 per maand gee. Dus as almal dit kry,binne die wet. Maar reg,gaan voort, staak en eis die geld, stuur die boodskap die wêreld in. Die oplossing is maklik. Sluit die wynmakery. Dan sit almal sonder enige inkomste. En dan….. voel julle tevrede en trots……want daar is geveg vir hoër lone. Aai mense,gee die werkers hulle loon,maar wraggies,moenie nou probeer die maatskappy voor onredelike eise en skade te stel nie. Eerder n Rand op die tafel as niks.

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n flou redenasie om ‘n uiters skandalige loon te regverdig. Om te redenaar iets is beter as niks is juis die rede waarom maatskappye wegkom met uitbuiting. Hoe moet enige persoon van dit leef? R8500 is alreeds op die broodlyn as jy basiese uitgawes gaan uitwerk, hoeveel nie te meer sulke tipe lone nie? Ons oordeel vinnig, maar wil self nie so leef nie dus is dit verkeerd om te sê hulle moet tevrede wees.

Karma ·

57% verhoging per jaar geëis???? Waar, in watter land, watter wêreld, by watter werkgewer sal jy so iets kry? Maar jy moet ook vra watter opleiding en ervaring bied hierdie werkers aan die werkgewer. Baie van hulle het iets soos ‘n Graad 4 (baie gelyk aan Nummawan!), kan kwalik lees of skryf en is regtig net plukkers – regte grondvlak werkers. Dan moet jy ook nog vra watter byvoordele kry hulle? Baie van hulle trek SASSA-geld, hulle bly in ‘n huisie op die plaas, met elektrisiteit, water, DSTv; hulle word na/van hul werk vervoer en ook kliniek/dorp/dokter/kerk/na begrafnisse toe vervoer – alles GRATIS. As mens al dié byvoordele byreken, kry die mense wel ‘n leefbare inkomste.

In die Wes-Kaap is die salarisse ongelooflik swak – hier kry jy mense wat op BESTUURSVLAK werk, met goeie ondervinding en kennis, wat vir so R6500.00 per maand werk. Nie alleen is die salarisse iets om voor te lag nie, maar werk is ook skaars. Daarom hou ek maar my ou bekkie hier waar ek werk, want by die maatskappy waar ek werk, verdien ons drie-dubbeld en ses-dubbeld daardie bedraggie van R6500.00 per maand.

CHRISTA ·

Sonja, ek wil ook weet WAAR woon hulle? Op die plaas? Indien wel, betaal hulle vir akkommodasie? Dan betaal hulle nie eers soos ander werkers vir vervoer nie!!

Ig ·

Met alle respek is R2800 tot R3500 salaris voor aftrekkings n skreiende skande.Geen werknemer kan sorg vir n gesin met so n salaris nie.

Boerseun ·

Miskien moes hulle dan harder op skool geswot het. Min lone word deur mense slimmer as jy saamgestel en in n land met 26% werkloosheid syfer is R 2 800 seker maar Iets. n 50 kg sak meel kos R560 en voed 4-5 mense. Sheba kos so R15-30 per dag. Krag water en huis is verniet, klere vir werk. Vrouens kry geld vir kinders. Dan kry baie werkers nog kos by werk ook.

Berhalet Beukes ·

Boerseun, ek het met ‘n skok besef… Ons eie mense kyk hoe laag hulle salarisse kan hou… Of jy geskoold en 20 jaar ondervinding het is irrelevant, almal redenaar dat enige iets beter as niks is nie so wees tevrede met minimum salarisse. As dit in prinsiep so gewerk het dat maatskappye volgens meriete betaal sou ek nie soveel empatie met hierdie werkers gehad het nie, maar min maatskappye het meer integriteit oor. Ons kan baie doen om ‘n verskil in ons land te maak deur net ‘n slag om om te kyk na wat regtig aan die gebeur is. Hierdie werkers is dalk nie geskoold nie maar week fisies baie hard en die maatskappy maak miljoene agv hulle harde werk.

Karma ·

@Wat-ek-lees: ja, behuising word voorsien, so ook werksklere, vervoer na/van werk of dorp/kliniek/dokters/begrafnisse toe. Die huisies is miskien klein en primitief, maar het krag, lopende water, sanitasie, DSTv ens. ens. Hulle kry ook vragte en vragte hout – dié wat in die informele kampe bly. Vra my, ek bly in die Vallei en sien wat om my aangaan.

Grap ·

Behuising,voedsel ,skool opvoeding vir die werkers se kinders ek stem saam met koos meganiseer en vervang die onvergenoegde werkers.

Berhalet Beukes ·

As ons van behuising praat is dit ‘n piepklein plek op ‘n plaas… Tel ‘n sak pap as voedsel? Is ‘n plaasskool gepaste opvoeding sodat hierdie kinders vorentoe kan beweeg in die lewe? Ons as blankes is onverbiddelik en ons wonder hoekom ons so gehaat word. As ons so aanhou redeneer sal daar nooit ‘n uitkoms wees nie want ons wil self nie in hierdie mense se skoene staan nie maar ons het baie te sê en ons oordeel so maklik.

CHRISTA ·

Berhalet, waar dink jy het ons boere se kinders vir geslagte lank skool gegaan? Die Voortrekkers wat van die Britse Settelaars af gevlug het HET NIE EERS skole gehad nie. Hulle het hulle kinders uit die Bybel leer lees en skryf!!!

Hennie ·

Hoekom is R3 500 onaanvaarbaar as die wet dit voorskryf as die minimum loon? As jy geen opleiding het vir beter werk nie, en jy is ontevrede met hierdie salaris, kry dan ander werk!! Verwag julle om ‘n magtige salaris te verdien as ‘n basiese arbeider?

Berhalet Beukes ·

Gaan doen jy die tipe werkers wat hierdie mense doen en ontvang ‘n salaris van R3500 dan kyk ons hoe lank jy tevrede sal wees. Pryse styg amper maandeliks, sal jy kan byhou met daardie tipe geld?

Karma ·

@Berhalet, ek reken jy praat uit ondervinding – dat jy tussen hierdie mense woon? Dat jy kan sien hoe dronk hulle dikwels is oor naweke, hoe hulle met peperduur selfone loop, hoe die kinders tik/nyaope/dagga/CAT gebruik en nie skool toe gaan nie, hoe die boere voedingskemas by die skole begin het sodat elke kind darem ‘n broodjie per dag het om te eet. Ek het, omdat ek werk. Ek het, omdat ek WIL werk. Ek het omdat ek my skoolopleiding klaargemaak het. Ek het, omdat ek na-skools gaan swot het en myself verbeter het. Jy kan die perd tot by die water bring, maar drink, kan jy dit nie maak drink nie.

HV ·

Word die mense gedwing om vir die loon te werk? As jy nie die “pay like” bedank ou en gaan werk waar jy die loon kry wat vir jou aanvaarbaar is. Net dalk is daar iemand anders vir wie die loon aanvaarbaar is, en as daar nie is nie sal die mark kragte die loon kompenseer.

Ig ·

Boerseun , my werkers behoort nie een aan n unie nie,ek probeer om menslikke salaris te betaal ,ek het amper n zero omset in werkers en binne perke sorg ek goed vir hulle maar ek soek my pond vleis ook.Jy kan nie soos n koning lewe en jou werkers kripeer nie.Stuur jou CV ,mens weet nooit.

Sonja ·

Ig, watter soort boerdery het jy? Al sal min van ons wat vanaand kommentaar lewer met n minimum loon oor die weg kan kom,is die harde feite dat min boere dit kan bekostig om 100 arbeiders R8500 per maand te kan betaal. En die werk is seisoen gebonde. Dankbaar daar is mense soos jy wat in n posisie is om jou werkers so goed te kan betaal, maar as n werker volgens wet betaal word,is dit onregverdig om so n groot aanpassing te eis. Dit stel net die werk in gevaar want so baie boere het al van bees en vrugte boerdery verander, juis omdat hulle nie meer soveel werkers kan betaal nie, en nou sit daar net meer en meer gesinne sonder enige inkomste. Soos ek gesê het,eerder n Rand op die tafel as niks.

Berhalet Beukes ·

Ig, menslikheid was nog altyd ‘n mooi karakter eienskap en daarom stap jy en jou werkers ‘n pad! Mooi so!

Berhalet Beukes ·

Sonja, jy is reg, min boere sal só ‘n tipe loon kan bekostig… Maar, Robertsons Wynmakery is ‘n kommersiële boerdery met ‘n landwye mark… Hulle produk is vandie Kaap tot aan ons landse grense op die rakke… Dit plaas hulle in ‘n hele ander kategorie as die algemene boer. R8500 is dalk nie haalbaar nie… Wat van R5000/R6000 om hierdie mense tegemoet te kom?

Anoniem ·

Ai Berhalet. Ja nee, dit is baie maklik, verdubbel net die salaris en kry klaar dan is almal happy.

Ongelukkig werk dit nie so maklik nie. Robertson kan dit bekostig volgens jou. Nou is daar ander wynplase en hulle werkers vergelyk die salarise met die van Robertson, nou wil hulle ook groter salaris he. Dit kleiner wynplase kan dit nie bekostig nie, werkers staak en brand af en dan sluit die plaas, almal sit sonder werk.

Robertson verdubbel die salaris en moet dan hulle pryse opstoot om op te vang met die verhoogde salaris en dan val hulle verkope, so hulle moet werkers afdank want hulle kan nie die verhoogde salaris bekostig nie agv laer verkope.

Jy word vergoed vir wat jou bydrae (en verandwoordelikheid) is tot die maatskappy. Persone wat in die kantoor sit lewer ook ‘n bydrae al is dit die hande arbeid nie.

Hoekom sal jy ‘n hoë risiko werk doen en dieselfde salaris verdien as ‘n persoon wat feitlik niks risiko dra nie. Dit maak mos nie sin nie.

Berhalet Beukes ·

Anoniem, dit was ‘n voorbeeld maar soos ek sê… Dis so maklik om te oordeel as ons self die skoen wil dra nie. Ja? Ek verstaan al te goed alle plase kan nie sulke salarisse dra nie, jy is doodreg… Maar êrens moet daar ‘n skeidslyn tussen menslik en onmenslik wees as ons ons huidige ekonomie in ag neem. Dit bly ‘n slawe loon.

Gideon ·

Julle arme drommels!!! Julle wat so staak gaan nog lang trane huil!! Hou maar net aan, want geen boer of besigheid gaan daardie geld betaal nie!! Dink nugterven hou op om te dink geld groei aan bome en druiwe stokke!!

CHRISTA ·

Berhalet, kyk wat het met baie magtige myne gebeur!! As dit dan so maklik is om so baie geld te maak, hoekom is baie van hulle nou na die lange stakings gesluit? Is hulle nie ook ‘n kommmersiële besigheid nie? En hulle is nie eers afhanklik van reën nie!!!

Veritas ·

Gesien in die lig van die huidige ekonomiese klimaat en hoë werkloosheidsyfer, is dit ‘n voorreg om ‘n werk te hê. Veral ongeskoolde werkers ly onder die hoë lewenskoste en dit veroorsaak ongelukkigheid. Aan die ander kant is die genoemde salarisse regtig ‘n skande. Dit is minder as ‘n kwart van die salarisse wat die ongeskoolde werkers in die staatsdiens verdien. Die sosiale agtergrond van meeste van die werkers, is die oorsaak van al die ellende en alvorens dit daadwerklik aangespreek en reggestel word, sal die probleem nooit reggestel word nie.

CHRISTA ·

Veritans, onthou net: die staatsdiens melk sy geld uit ons belastingbetalers uit en hoef nie self ‘n wins te maak ten einde hulle werkers te betaal nie. Kyk na die SAUK, SAL en ESKOM – hulle is ALMAL bankrot maar hulle werkers kry STEEDS ELKE MAAND salaris? Van waar? ONS BETAAL DIT!!

Frans ·

Al betaal jy die wages wat hule soek hule sal we stricke hule is so gebore en laat staan soek als verniet ek hoop al jule boere se ogies gaan oop kry masjiene en betaal af so gou moontlik

Columbiana ·

Dis nou verspotte benadering Frans en Kie. Ja kom ons dank almal af sodat werkloosheid kan eskaleer en saam met dit ook sommer misdaad want hoe anders sal daai mense dan ‘n lewe kan maak. Afdanking net om jou bruised ego to sus is defnitief nie die uitweg nie

Lance ·

Hoekom nog tyd staan en mors met n staaking ….loop net daar en gaan leer gratis vir iets wat beter betaal …just do it !

Martin ·

Unie wat boverwagtinge skep by sy lede en naam wil maak. ..lede dalk oningelig wat wesentlike verhoging moet wees. 8% lyk norm te wees…tel by die gratis voordele. ..anders kry ander werk.!

Jan maak n plan ·

Dank almal af en kontrakteer elke taak individueel uit. Dan kan elke persoon n spesifieke taak doen teen n spesifieke betaling. Hierdie is verseker n ANC gedrewe staking.

Columbiana ·

Jan jou plan suck. Net vir ingeval jy nog nie weet nie hier in SA kan jy nie netbafdank en wegjaag nie. Weereens sou jy voor die voet net al daardie mense wegjaag waarheen dan?

Afdank ·

Dank af, hulle is hoogs vervangbaar. Ek sal graag daar gaan werk.

Anoniem ·

Mense hoe verwag jul hul moet hul gesinne onderhou met daardie geld…Dis n skrynende skande. Hoe kan enige iemand wat hier kommentaar lewer teen daardie verhoging wees. Plaas jouself in daardie posisie en sien of jy sal kan leef. Kan jou waarborg jy sal nie kan…… Word wakker mense..hulle het ook die reg om ordentlik te lewe…….Ek sal skaam kry as ek julle is…. Ja haal my maar uit maar ek weet wat dit is om in daardie posisie te wees…..Ek leef dit!!!!!!

Maddox ·

So as ek jou reg verstaan moet hierdie ongeskoolde arbeiders ‘n hemel hoe salaris ontvang, net sodat hulle kan leef. Goed gee hulle R8500 per maand, dan volgende sal die landgoed sy prys per bottle wyn ook moet verhoog. Dink jy as jy R500-00 vir ‘n bottel wyn betaal gaan die landgoed lank bestaan?. Mense moet besef, jy kan nie die tipe van salarisse betaal vir ongeskoolde arbeid nie. Maak eerder die probleme in die land reg, soos die swak rand en alle lewens middele wat hoopeloos te duur is insluitend kos. Ons word uitgebuit op alle vlakke net sodat party fat-cats lekker kan lewe. Dit is die regte probleem in die land, die lewenskoste is ver buite verband t.o.v. die gemiddelde inkomste van mense.

Pieter ·

Alle werkgewers is uitbuiters en so kan alle werknemwers werkgewers word wat mense uitbuit. Dit staan enige werknemer vry om vir meer te gaan werk by ‘n ander plek. Lone word tot ‘n groot mate deur vraag en aanbod bepaal. Die tydelike werkers het geen probleem met die loon nie en kapitaliseer op hierdie staking, dus is die loon aanvaarbaar en aan duident van ‘n vrye mark. Berhalet Beukes moet verstaan dat die wynmakery ‘n besigheid is wat werk skep. Met daardie redenasies wys jy maar net dat jy geen idee het van hoe ‘n ekonomie werk nie. Indien so eis sou slaag kan ek jy waarborg dat ons baie gou nie meer Robinson Wynmakery se wyn sal koop nie en dat Robinson met ‘n baie groot werkloosheid gaan sit, want die wynmakery gaan nie meer bestaan nie. Berhalet jy het al klaar vergeet van die gevolge van die staking in Rustenburg en Marikane waar mense nou sonder werk sit en waar mense ook dood is oor hierdie buitensporige eise. Die myne is nou toe en gaan seker nie gou weer in produksie wees nie. Onthou asb. hierdie fabrieke is entrepaneurs wat risiko dra en hulle moet ook vergoed word vir hul risiko. Die direkteure lê in die nag wakker om die fabriek in bedyf te hou terwyl die werkers slaap. Ja die salaris is min maar so is die werkers se kundigheid ook. Die oplossing vir swak salarisse is opleiding en daarmee het ons land ‘n groot probleem.

Berhalet Beukes ·

Berhalet Beukes wat ‘n geskoolde werker is verstaan baie goed wat dit is om onder die broodlyn te lewe. Ongeag van haar ondervinding en ekstra kursusse redeneer maatskappye en ook die algemene publiek nou maar eenmaal so, wees tevrede. Dit is die nasaat van apartheid en dis bitter jammer. Ons weet hoeveel van ‘n rol BEE op hierdie stadium speel en ek is seker vele mense ondervind dieselfde, maatskappye buit dit uit. Al wat ek sê en ek staan daarby is, hoe kan mense met so ‘n salaris oorleef? Is dit menslik?

CHRISTA ·

Anoniem, dan kan jy jousself baie gelukkig ag as jy gratis behuising het, gratis skool vir jou kinders, gratis kos, selfs gratis tv. Jy het self vir Berhalet gesê dis nie so maklik om so ‘n salaris te betaal nie – WAT NOU?

Moegviraldiebeloftes ·

as ons sommetjies maak lyk dinge so: R2900.00 in lone, huis R3000.00 (dis wat ‘n 2 slaapkamer huis pm kos om te huur), water en ligte R1500.00 (baie laag geskat op ‘n 3 persoon huishouding), vars groente en vrugte R500, mieliemeel R500 (geskat as hulle elke oggend dit sou eet), vleis R800 (geskat op ‘n 3 persoon huishouding), skoolfooie R1100.00 (dis wat ‘n dagmoeder vra per kind) : man en vrou werk lone is dan R5800.00 als te same kos dit die boer dan R13200 per gesin wat vir hom werk. (wow dis meer as wat ek kry pm!!! en dan betaal hulle nie eers belasting op die geld nie?? net op die kontant bedrag??

Magda ·

Hierdie werkers betaal nie vir verblyf, water en ligte hulle word gratis aangery dorp toe vir besigheid gratis aangery waar hulle wil wees., so tel al daai ekstras wat hulle gratis kry bietjie by mekaar.
By broer is nie baie ver vandaar nie met die vorige groot staking wat daar was het hulle gese, hulle sal die loon verhoor, maar hulle gaan pre paid meters in die hul huise kry wat hulle self krag moet betaal en hulle gaan huur betaal en hulle word nie meer gratis aan gery dorp toe nie hulle kan met ‘n taxi ry en dan daarvoor getaal. My broer word enige tyd op ‘n naweek gepla om hulle in dorp toe te vat. Hulle moet eerder hulle seeninge tel en dankie se dat hulle nie in ‘n sink hut bly of onder ‘n boom sonder geld nfie.

Sonneblom ·

Ek wil nou nie julle bom bars nie… Maar op die platteland is die mense gelukkig as hulle R8500.00 per maand verdien, dan praat ek van mense wat kwalifikasies het.. R8500.00 vir algemene werkers is beslis buitensporig ! Wat moet ons verdien in bestuurs posisies, wat tans maar klein bietjie hoër as die R8500.00 is ? Jongmense en algemene werkers wil vir belaglike hoë salarisse werk, terwyl hulle geen verantwoordelikheid het, lojaliteit, ens nie..

Marika ·

My dogter het haar matriek en 2 jaar op Kollege. Die meeste wat sy nog by enige plek kon verdien is R5000. Sover het sy by ‘n apteek, dvd winkel, eiendomsagentskap en video speletjie plek gewerk. Haar gemiddelde salaris was R2500. Sy werk nou by ‘n veearts. Haar dag begin 7uur en eindig 8uur die aand. Sy versorg die diere, staan by met operasies en doen basies al die sloerwerk. Vir R5000 per maand. Ek veronderstel dis reg so – want sy’s wit en het ‘n werk. Ek is op pensioen en kry R7800 p.m. na 33 jaar se werk op een plek. Ek versorg ook my gestremde seun van 26. Mens kan met bietjie oorleef. Ek moet die huur, water en krag en medies betaal. Dit los weinig oor om van te oorleef. Dinge wat hulle verniet kry.

brenda ·

Marika; ek voel jou; ek het 3jr laas n verhoging gekry; ek leef onder die broodlyn; ekt mediese kostes; geen medies; ek is alleen niemand help my nie. So ek weet watter hel dit is; werk al `15jr vir my maatskappy, ek moes alle versekering kanselleer agv geen verhogings; ekt NIKS; net genoeg om my huur te betaal wat teen 10% n jaar eskalleer. Ek het kwalifikasies; en briljante ondervinding maar nou ja; ons kla seker met n witbrood onder die arm sou party reken!!

Elize ·

Berhaletek weet van baie blankes wat ook vir R2500 tot R5000 per maand werk en dan ook fiesiese hande arbeid verig, maar sien hulle nie staak vir hoër lone nie. Dit is ‘n geval van wil alles basies verniet hê.

Maddox ·

Dankie Elize, ek stem 100% met jou saam, baie blankes werk vir minder as R6000.00 p/m en is net dankbaar vir ‘n werk. Die wat so skree dat die arbeiders so baie betaal moet word op die wyn plaas, wonder of hulle tevrede sal wees as hy R500.00 sal moet betaal vir ‘n simpel bottle wyn. Hoe lank sal daardie plaas hou voordat hy sy deure sal moet sluit, maar baie mense sien dit nie raak nie!

Berhalet Beukes ·

Jy is reg… Dit maak dit nie reg nie Elize. Ek glo jy weet ook dar blankes veels te versigtig is om te staak omdat BEE teen ons tel, dink jy dit sou dieselfde in ‘n normale demokrasie gewees het? Ons wil nie enigsins enige ander punt behalwe ons eie insien nie, wil ons? Ons durf nie toegee dat dit ‘n onmenslike salaris vir enige persoon wit of swart is nie. Ons paai mekaar en stem heelhartig saam, basta met klagtes dank hulle af. Nietemin, bly dit ‘n slawe loon.

Verstaan nie ·

Ek sukkel soms om te verstaan… ons “domestic worker” werk nie elke weeksdag by ons nie. Al betaal ons haar meer as die minimumloon (want sy is dit vir ons werd – sy werk regtig goed en hard), is dit nie sakke vol geld nie. Sy stel egter nie belang om die ander dae van die week te werk nie. Het selfs die werk bedank wat sy gehad het vir die ander dae. Sy verkies dus om met slegs ons salaris te oorleef. Hoe werk dit? Dis dan binne haar vermoë om die ander weeksdae ook te werk, sodat sy meer kan verdien, sodat haar gesin beter kan lewe? (Bygesê, sy is die alleen broodwinner.)

plaasjapie ·

Die land word leeg gesuig deur al hierdie buitensporige salaris verhogings, korupsie ens.
Dink baie van die wat hier hande klap vir R8500 per maand salaris weet nie waarvan hulle praat. Wil julle nou n goeie boerdery in die grond in trap. Wat dink julle kos dit vandag om te boer en n aanvaarbare wins te maak ?

Racheltjie ·

Berhalet Beukes, jy weet nie waarvan jy praat nie. My seun het vir wynmaker studeer, R180 000.00 later aan studieskuld betaal hy nog steeds daaraan af. Hy werk as junior wynmaker en ontvang die genoemde salaris na aftrekkings.

Berhalet Beukes ·

Ek verstaan almal se punt… Glo my… Maar kom ek vra jou so… Jou kind het studeer en gaan beslis nie vir die volgende 40 jaar ‘n beginner salaris verdien nie? Kan hierdie plaaswerkers bekostig om hulle kinders te help om universiteit toe te gaan? Ja, jou kind het studieskuld en wat was julle bydrae tot basiese goedjies? Ons almal help maar ons kinders soveel ons kan. Kan hierdie mense? Ek sal vir jou kind ook opstaan, dis ‘n skande dat jou kind die minimum salaris verdien na intense studies in die veld. So, waar trek ‘n mens die skeidslyn tussen menslik en onmenslik?

Boerkind ·

My pa was ‘n suksesvolle tabak en katoenboer in Limpopo. Sy werkers het ordentlike huise gehad(wat vir hulle gebou is) badkamers, onthaalsaal met TV en speletjies vir die kinders, ‘n dagsorgeenheid vir die baba’s. Elke gesin het ‘n sak meel per maand gekry, met bykosse in alle vorms, my ma het hulle gehelp met ‘n groenteland, en elke week is daar ‘n rooibok of twee geskiet vir vleis. Die bure het almal gese hy is gek om sy werkers so te bederf……. needless to say, 8 jaar terug het het hulle kwaad geraak omdat sy een oes verdroog het en daar nie winsdeling was vir hulle nie( maandelikse salaris steeds ontvang) Hulle het die tabakstoor afgebrand met die droe tabak in bale, die katoenland is ook aan die brand gesteek. My pa het die plaas verkoop en 111 mense was sonder werk, want die volgende boer het nie aangeplant nie. hy het met beeste geboer. Vandag boer my pa met ‘n paar skaars wildsoorte, plant lusern, en het 4 werkers op sy plaas…… doodgelukkig. Hoe meer jy gee hoe meer vat hulle.

CHRISTA ·

Dis in ons mensdom se “DNA”!! Adam en Eva was in die paradys met ALS wat hulle nodig gehad het om hulle en nie eers DIT was genoeg nie!!! As ons Liewe HERE nie eers ons mensdom gelukkig kan hou nie, hoe gaan ons dit regkry? ‘n Mens is die mees ondankbare wese wat ooit hierdie aarde bewoon het!!!

Theresa ·

Mens kan in verskeie kommentare agterkom dat almal nie bewus is van wat aangaan met salarisse nie. Daar is menige mense met kwalifikasies en ondervinding wat onder die sogenaamde broodlyn verdien. Baie. Elke persoon se broodlyn verskil dan seker. Want met min, moet baie mense huur betaal, krag betaal, water betaal, petrol betaal om te ry om weer die min aan die einde van die maand te kry, om weer als te betaal. Nee wat, dit is baie meer ingewikkeld as om sommer te skreeu hul word te min vergoed. Ek weet van ‘n werker wat sy motortjie kontant kon koop, omdat hy meeste van sy “min”inkomste kon spaar, want byna als was vir hom verniet gegee. Ek kon dit nog nooit doen op my salaris nie???

Lee-anne ·

Berhalet Beukes en die ander wat dink ongeskoolde arbeiders moet buitensporig baie per maand kry: 1. dit is onmoontlik vir enige werkgewer om skielik sulke verhogings te realiseer. Helfde van die mense gaan hul werk verloor agv dit. 2. ek moet met bittermin geldjies klaarkom, ek kry niks verniet nie, ek moet sny en sorg dat ek uitkom aan die einde vd maand. Jammer dat hulle moet ‘suffer’ – ek ‘suffer’ ook en ek blameer nie my werkgewer nie. Ek blameer die regering wat aanmekaar die ekonomie verder vernietig en maak dat ek nie verhogings kan kry nie, omdat my werkgewer eenvoudig nie kan nie. Hou op kla, doen ekstra werk vir ekstra geld, soos ek moet doen.

Berhalet Beukes ·

Dis geensins wat ek gesê het nie… Maar ons moet regtig besin oor wat menslik is en nie…

Louise ·

Ja dis omdat daar mense redeneer soos Berhalet dat ons land is waar hy is.
Met aller respek en EMPATIE kan mens nie daardie tiepe geld aan die basiese werkers betaal nie.
Gaan kyk by LONMIN met die stakings wat dit veroorsaak het, soveel MYNE het daarna toegemaak omrede die vereistes van die werkers te HOOG was nou sit daar n hengse klomp mense sonder werk,
Ek het toe ek begin werk R2000.00 n maand verdien meet geen kwalifikasies nie. Ek kon nie lewe nie. so DUS het ek gaan leer om bietjie meer te verdien. want dis hoe die lewe werk. Kruip en dan loop, nie dadelik opspring en hardloop nie.
Kom ek se julle so, gee hulle daardie salaris en oor n paar maande van nou af staak alle boerderye en ongelukkig kan almal dit nie bekostig nie. ongeag die kategorie van die Maatskappy. Maar ja is so dat daar veel meer gedoen word vir hierdie werkers as wat mense besef.
En net so vir die os op die jas. Maak n punt en gaan vra jou werker wat hulle betaal vir skool, verblyf, krag ens. Hoe dink julle moes ek lewe met R2000.00 n maand. Gelukkig maak n boer n plan en van harde werk kom LEKKER vrugte pluk. lekker man lekker. gaan kyk wat word n kandidaats prokureur betaal en almal met KWALIFIKASIES dan moet hulle meer betaal word as mense wat gaan verder leer.

Johann Marx ·

In die ou SA het jy ‘n werk gekry, hard gewerk, oortyd sonder betaling, na-uurs gestudeer, jouself bewys, en aansoek gedoen vir bevordering as ‘n pos beskikbaar geraak het. So het jy jou werksomstandighede verbeter totdat dit vir jou die lewensstandaard gegee het wat jy wou hê. In die Nuwe SA kry jy werk, en die oomblik wat jy aangestel is, hou jy OP met werk…..en dreig vir meer geld!! En die wet beskerm jou….Verstaan julle hoekom Afrika nie ‘n sukses kan wees nie? Hopeloos teveel mense verdien hopeloos teveel geld vir hopeloos te min produktiwiteit!!

m ·

Daar is nie n manier wat ek op R3000 n maand salaris sal kan oorleef nie. My uitgawes is meer as dit per maand (polisse/munisipaliteit/versekering/petrol ens ) dan is dit nog nie eers die kruideniers nie.. So ja leef en laat leef.

CHRISTA ·

Ja M, maar jy kry nie GRATIS verblyf, GRATIS elektrisiteit, GRATIS onderwys vir jou kinders, GRATIS vervoer dorp toe, ens nie!!! DIS WAT DIE VERSKIL MAAK!!!

ig ·

Ek wil net aansluit by my vorige kommentaar.Al my werkers ,wit of swart,kry myns insiens n billike leefbare salaris en sodoende kry ek meer uit hulle uit so ek het meer produktiwiteit.Ek het nou wel nie n graad of wat ookal in ekonomie nie maar gebruik net my gesonde verstand en menslikheid en glo my dit werk al vir baie jare vir my en ek leef baie goed deur al die storms deur.Jy kan nie verwag werkers moet harder werk vir min geld en jy ry n 1.5 Miljoen rand kar,gereeld op oorsese vakansies,drink die duurste whiskey ens ens .Charity begins at home/farm/business.Wag,net gou my harnas aantrek vir al die klippe wat oppad is.En Ja ek lewe goed sowel as my werknemers.

jennefer ·

Ig , hul kan my ook maar stenig. Ek betaal minimum loon en omdat die een lief is om in die bottel te kyk, voorsien ek soms klere , voedsel en rentevrye lenings. Hy het n RDP huis, 3 kinders wat n grant inbring vir die moeder. Dit maak my moedeloos as ek sien hoe hy duur geld( my man werk in buiteland) uitsuip. Dan gee ek eerder iets wat hy met sy gesin kan deel. En ek leef ook nie n luukse lewensstyl !

tw ·

ig….. volgens “jou insiens” , miskien as jy met jou werkers praat, het hulle dalk n ander verhaal om te vertel. Jammer, maar jy het gese jy gaan jou harnas aantrek. Die vraag is wanneer is genoeg, genoeg? Party mense kan oorleef met min, en dan kry jy weer die klomp wat duisende verdien en dit is nog steeds nie genoeg nie. Ons almal droom maar van n ekstra paar duisend aan die einde van die maand, dan as ons dit kry, is dit weer nie genoeg nie, dan soek ons alweer net n ekstra duisend of twee en so gaan dit aan. Ek weet van jongmense wat vir vier jaar gaan studeer het in n beroeps rigting, alreeds vyf jaar ondervinding het, en word R6000 per maand aangebied in die Oos-Kaap, sonder byvoordele. Die meeste van die plaas werkers word van behuising, voedsel ens voorsien, DIT MAAK N VERSKIL.

SkarrelKind ·

Aan ig: Wel gedaan, ek hoop dit sal altyd voor die wind met jou gaan. Ek verstaan dat R3000 baie min per maand is, maar mens moet gaan sit en somme maak en kyk wat die waarde van die goed is wat hulle gratis ontvang. Baie werkerhuise op plase het in die laaste tyd “mooier” geword. Mens sien solar geysers op die huisies en almal is dieselfde geverf en met steen gebou (ek praat van baie plekke in die Wes-Kaap waar ons verby ry). As dit skoon en netjies is, sou hulle huur vir so huis iewers anders betaal het, en krag en water. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word, en uit in logistieke oogpunt kan lone nie eenvoudig van R3000 na R8000 spring nie. Die finansiële gevolge is massief en nie volhoubaar nie. Dink dan in terme van ‘n 10% en volgende jaar ‘n 12% of iets dergliks?

Patsy ·

In die privaat sektor met na-skoolse opleiding met mens tevrede wees met R3000 – R3500 pm. Gaan kyk bietjie na advertensies in die koerante wat die salarisse is. Uitgawes van medies/pensioen/huur en vervoer moet nog betaal word. So dit is nie net hierdie plaasmense wat swaarkry nie daar is baie mense daar buite wat in dieselfde posisie is. As hulle kla word daar reguit gesê kry vir jou ander werk. Almal van ons weet werk kry is nie maklik nie so die werkgewers buit die situaie uit

Sonja ·

Patsy,ek kan getuig van skaars werk en minimum salaris vir geskoolde werkers. Ekhet n graad en 2 diplomas,en met meer as 50 werksaansoeke vanaf April tot nou toe, het ek nog geen werk. Net EEN firma het laat weet ek was nie suksesvol nie. Al is R3500 min n maand om van te leef,sal dit my weer my trots en selfrespek terug gee om te kan werk. Ek het nie keuse as om my pensioen(ek is 50) te gebruik nie. Maar die geld is klaar Januarie. Daarom kan ek sê, die mense is so verkeerd om so n groot salaris verhoging te eis terwyl hulle wel n werk het. Daarvoor is daar elke jaar salarisbesprekings tussen werkgewers en unies. Maar die dag as hulle nie meer n werk en voordele het nie,dan is dit te laat. Dit is maklik om na groener gras te verlang as jy nie eers besef jyself staan in ryp lande nie.

Gerda ·

Wat van die oumensies wat se pensioen onder R1800 is hoe moet hulle oorleef?

James ·

Sommige slim mense het my oë oop gemaak ek het probeer goed doen om hulle van die straat weg te vat en klein take te gee wat my eie personeel doen.Ek betaal hulle R700 ń week om aan die lewe te bly want hulle weet ek het hulle nie nodig nie,maar aangesien dit ń skande is om hulle so min te betaal moet hulle maar weer terug straat toe.

ig ·

James,betaal nou die R700 rand aan jou werkers wat in elk geval die werk doen en pluk dan jou vrugte.

James ·

Ig pluk al lankal die vrugte deur bonusse en bo gemiddelde salarisse te betaal.

Besorgde Boer ·

‘n Besigheid sonder wins beteken niks. ‘n Besigheid is ook nie ‘n liefdadigheid organisasie nie. Die arbeid in RSA is besig om hulself uit die mark te prys, want ‘n bepaalde vlak van opleiding regverdig ‘n sekere salaris. Wanneer gaan mense se oe oop gaan en sien dat die regering se onvermoe om te regeer te beplan en te investeer nie die boere se problem is nie. RSA se boere ontvang geen finansiele steun van die regering nie. Ek dink dit het tyd geword dat RSA se boere ‘n prys maker word en nie ‘n prys nemer nie

Sê maar net ·

As die mense dan nou so hoog opgelei is om die tipe salarisse te wil eis, hoekom bedank hulle nie en soek ‘n ander werk nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.