Polisiebeamptes moes Dinsdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingryp toe stakende werkers van ʼn skoenfabriek eiers na persone in die fabriek begin gooi het.
Die werknemers is lede van die National Union of Leather and Allied Workers Union (Nulawu), ʼn filiaal van die vakbondfederasie Fedusa. Hulle is deel van ʼn landswye staking en eis ʼn salarisverhoging van 9.5% en langer gesinsverantwoordelikheidverlof. Die werkgewer bied 6.25% aan.
Kapt. Khosi Khonjelwayo, woordvoerder van die polisie, het gesê die werkers het eiers gegooi na persone in die Eddels-skoenfabriek. Volgens hom was daar nie enige vandalisme nie. “Die polisie monitor die situasie.”
Ashley Benjamin, sekretaris-generaal van Fedusa, het gesê die werkers sukkel finansieel omdat lewenskoste bly styg. Hy het gesê die werkers sal bly betoog totdat daar aan hul eise voldoen word. Volgens hom is die 6.25%-aanbod nie goed genoeg nie, omdat die werkers hul salarisse grootliks slegs aanwend vir vervoer en kos. “As mens net die verhogings in BTW, brandstof en kos in ag neem, kan mens sien dat die werkers sukkel. Al hulle geld gaan basies net daarvoor om werk toe te kan gaan,” het hy gesê.
Alhoewel hulle met die staking voortgaan, is hulle egter oop vir onderhandelings.
Die stakers het almal geld bymekaargemaak en die eiers by ʼn nabygeleë supermark gaan koop.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Nee wat dit gaan baie goed met hulle.As jy met kos mors het jy dit nie nodig.
Een hand is in ń vuis en die ander is bak.Dreig en bedel gelyk.So gaan die ekonomie ongelukkig nie groei nie
30 eiers kos R50. Nee wat, as hulle R50 kan mors, dan sukkel hulle nie. Ons sukkel ook, ons word ook geraak deur die stygende petrol prys, btw verhoging, ensv en ons salaris styg nie, maar mense, kry julle prioriteite bymekaar. Julle families kon vanaand daai eiers geeët het.
Gee die stakers die boot.
Hierdie mense betaal heel moontlik nie vir elektrisiteit en water of eiendomsbelasting nie. Ek betwyfel of hulle skoolfonds betaal. Maar ons bly bakhand staan… Wens die eienaar v daardie fabriek kon ons werklose, blanke jongmense oplei!