Staking by Tafelberg-kabelkar

Die Tafelberg-sweefspoor.

Die Tafelberg-sweefspoor.

Besoekers aan die gewilde Tafelberg-sweefspoor kan van Woensdag af ontwrigting verwag weens ʼn staking.

Wahida Parker, besturende direkteur van die Tafelberg-sweefspoor, het gesê die vakbond Saccawu het kennis gegee dat sy lede van Woensdag af sal staak nadat ʼn dooiepunt in die onderhandelings bereik is.

“Saccawu dring aan op ʼn 15%-verhoging terwyl ons 9% aanbied. Ons sal voortgaan om maniere te ondersoek om die geskil te probeer oplos,” het Parker gesê. “Hoewel ons ondersteunend is rakende ons personeel se regte, moet ons ook in gedagte hou hoe die staking ons besoekers kan beïnvloed.”

Parker het gesê bedrywighede sal normaalweg voortgaan maar met minder personeel en beperkte dienste. “Die bedryfsure sal verminder word en die kabelkar van 8:30 tot 16:30 oop wees. Die winkel, besoekersentrum en WiFi-sitkamer bo-op die berg sal egter gesluit wees.”

Parker het besoekers versoek om aanlyn by www.tablemountain.net kaartjies te koop en die webwerf dop te hou vir die jongste verwikkelinge. Besoekers kan ook 021 424 0015 skakel vir meer inligting of Facebook en Twitter dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

R Eaton ·

9% is al klaar n baie goeie verhoging. In n land waar 40% werkloos is moet jy maar te dankbaar wees vir werk.

Johann ·

En so lê gierigheid in lyn met ZUMAAITJIESTISME n Wereld beroemde; BRIN VAN INKOMSTE lam…vir die wereld om te sien! As jy nie kry wat jy wil hê nie; maak nie saak hoe absurd nie…staak en breek en brand jy!

KP ·

Ek is wit, sonder werk en sal verniet daar gaan uithelp. Bly in die Kaap.

KarooKlong ·

Wahida Parker, daar is heelwat mense in Kaapstad wat sonder werk sit en wat bereid sal wees om vir dieselfde of minder te werk.
Kan iemand in Kaapstad nie probeer om die boodskap tuis te bring nie asseblief?

Anne ·

Is die staking nou omdat die wind nie in die regte rigting waai nie

Martin ·

Hulle is in elk geval so gevrêk daar, hulle kan maar staak. Dit maak geen verskil nie.

Fransie ·

Ek sou wat wou gee vir n 9% verhoging !!! Ek werk baie hard en het n uitstekende performance appraisal gehad, maar het net 4% verhoging gekry – MAAR weet julle wat??? Ek is innig dankbaar ek het n werk en werk elke dag die beste wat ek kan. Fire hulle almal en stel mense aan wat wil werk.

snoefie ·

hebsug jou lelike blikslaer. dank die hele ou sous af. daar is ander wat maar te dankbaar sal wees vir n werksgeleentheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.