Staking by Unisa ontwrig registrasie

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Lede van die National Health and Allied Workers Union (Nehawu) het Woensdag met ʼn staking by Unisa begin wat die registrasieproses by die universiteit ontwrig het.

Die vakbond het Dinsdag aangekondig dat die staking ʼn aanvang gaan neem nadat loononderhandelinge tussen Nehawu en die universiteitsbestuur ʼn dooiepunt bereik het.

Die werkers wat aan die vakbond behoort, eis ʼn verhoging van 12% terwyl die universiteitsbestuur ʼn verhoging van 6,5% aanbied. Die vakbond is van mening dat Unisa die 12%-salarisverhoging kan bekostig.

Die vakbond eis voorts dat alle Unisa-raadslede onmiddellik ophou om sake met die universiteit te doen. Alle kontrakwerkers moet ook voltyds in diens geneem en geen arbeidsmakelaars ingespan word om werkers uit te kontrakteer nie.

Betogers sê hulle sal nie toelaat dat registrasies of enige ander bedrywighede voortgaan totdat daar aan hul eise voldoen is nie.

Vroeër vandeesweek was registrasie by Unisa se Sunnyside-kampus ook ontwrig nadat chaos Maandagoggend uitgebreek het toe voornemende studente oor die universiteit se hekke geklim het om vir die akademiese jaar 2018 te registreer.

Bedrywighede het Dinsdag weer na normaal teruggekeer en die universiteit kon 08:00 heropen nadat verteenwoordigers van die universiteit met studente van die EFF en Sasco vergader het. Die EFF en Sasco eis onder meer die afskryf van skuld en gratis registrasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Callie ·

So derde werelds. Stop alles. Cut my nose to spite my face

Sid ·

Nou ja is Pres Trump se uitlating so ver van die waarheid af ?

**anoniem** ·

Die mense se eise begin nou ‘n joke raak!! Hulle soek almal free education, maar dan word daar terselfder tyd gestaak vir hoër lone!! Komaan mense raak bietjie realisties. Dis of die een of die ander, julle kan nie altwee kry nie!!! Hulle benadeel die mense wat regtig wil swot en iets agter hulle naam wil kry!

christa ·

is dit ‘n beskaafde land wat ons in bly? Ons mooi land is besig om ten gronde te gaan….. wie moet ons bedank?????????

ferdi ·

Ja hul staak geen telefoniese antw di emails werk ni alles gemors derde wereldse land no wi neem verantwoordelikheid seke Jan V Riebeeck

christa ·

ek wonder wat het al die JA stemmers verwag. Skole afbrand is nie iets nuuts nie, dit was reeds voor die stemmery gedoen en treine gebrand. Nou gaan hulle net aan waar hulle daai tyd mee besig was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.