Staking dreig by binnelandse sake

Argieffoto

Vakbonde dreig dat personeel by die departement van binnelandse sake binnekort kan staak indien daar nie aan hul eise voldoen word nie.

Volgens die regering se nuusagentskap is die kennisgewing vir ʼn staking op 19 Junie bedien deur vakbonde wat werknemers in die departement verteenwoordig.

Die departement en die vakbonde beplan om Dinsdag by die algemene staatsdiensbedingingsraad te vergader in ooreenstemming met die grondwethof se aanwysings.

Die departement is sedert Maart 2015 in ʼn voortslepende geskil met verskeie vakbonde oor die inwerkingstelling van die nuwe kantoorure by dienskantore, wat Saterdae insluit.

Die vakbonde maak beswaar teen amptenare wat op Saterdae moet werk. Volgens die vakbonde word daar van amptenare verwag om daadwerklik ses dae per week te werk in teenstelling met vyf dae per week.

Die vakbonde is van mening die ekstra dag onder meer ekstra vervoeronkoste vir beamptes inhou, asook onkoste om sorg vir hul minderjarige kinders te reël. Dit het ook ʼn uitwerking op hoe hul verlof toegeken word.

Die vakbonde dring daarop aan dat die departement beamptes behoorlik vergoed om op Saterdae te werk of om terug te keer na ʼn stelsel waar werkers vyf dae per week werk, van Maandae tot Vrydae. Die departement het reeds aangedui hy is nie in ʼn finansiële posisie om aan dié eise te voldoen nie.

Die departement het ʼn alternatief voorgestel waarvolgens beamptes op Woensdae afgegee word, om só seker te maak hulle werk net vyf dae per week en dit dan nie ekstra vervoeronkostes en dagsorg tot volg het nie. Die vakbonde het die aanbod van die hand gewys.

“In die lig van die verwikkelinge wil die departement beamptes inlig dat die normale reëlings steeds van toepassing is en dat daar van beamptes verwag word om by die huidige ure van dienskantore te hou,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Alet ·

Regtig!!!!! Ek was gister by Krugersdorp tak en kan sê dat daar sekere mense is wat werk en ander wat kyk hoe min hulle kan doen. Toe dit 3 uur slaan, is daar skielik n vrag mense wat werk sodat hulle die publiek uit kan kry om te verhoed dat kantore laat oop moet bly. Ons moet n dag se verlof vat om vir ure in die ry te wees vir n aansoek wat letterlik 5 minute vat so n diens op n Saterdag is noodsaaklik. Ek weet as ek nou my paspoort moet gaan afhaal dat ek weer vir ure in n ry moet sit. Hulle kan beurte maak om op Saterdae te werk met n “rusdag” iewers anders in die week.

Christine Botha ·

Mense van Binnelandse Sake het ook families new julle by wie hulle wil wees.

Sterretjie ·

Wie was onlangs by hul kantore? Want eintlik staak hul al lankal. Die een doen minder as die ander een wat klaar niks doen nie! Dis geen nuwe nuus nie. So gaan al wat ‘n diens is verder agter uit in die land. Daar is in elk geval nie meer diens, respek en lojaliteit in die land nie. En nou nog die resessie ook.

Justice ·

Vakbond unies met al hul stakings is saam met Zuma en die ANC besig om hierdie ekonomie se rug finaal te breek.

Johann Marx ·

Ek gee nie om HOEVEEL dae hulle wil werk nie…..Maak dit ‘n 4 dag werk-week as julle so voel. MAAR……werk daardie 4 dae van 2nm af tot 10nm…..dan hoef ek nie ‘n dag se verlof te mors om te gaan uitvind hoe pateties julle produktiwiteit regtig is nie!!

Scalla ·

Wat staan in hul dienskontrak tov werkspligte en beskrywing met aanstelling, alles behoort daar uitge spel te wees volgens wetgewing en indien dit so is moet hul daaraan voldoen.
Indien hul nou ontevrede is en staak moet hul besef daar is menigte gekwalifiseerde werkloses wat sal smag vir n werk en ook op Saterdae. Hulle moet besef niemand is onmisbaar in die wereld nie.

Elsa ·

as nie sin kry word daar gestaak..toi toi of brande gestig….war is die regering? tyd almal word vefvang met werklose mense wat wel wil werk en desperaat is

Magda ·

Eise, Eise en nogmals EISE – KOM ons as die PUBLIEK EIS OOK vir die klomp wat so BAIE EISE STEL – OM TE WERK – DALK KAN ONS DAN SAAM STEM DAT HULLE BETER BETALING ONTVAN – SWAK DIENS IS ORALS IN DIE STAATS DEPARTEMETNE TE SIEN – MAAR AL WAT HULLE GOED KAN DOEN IS EIS – As jy nie wil werk nie – LOOP of wordAFBETAAL – Daar is BAIE mense wat werk soek en sal werk vir die Salaris en al die voordele wat julle kry – REGTIG?????????????

Thersia ·

As jy nie gelukkig is met jou werksure of salaris nie, gee 30 dae kennis. Is dit noe hoe dit werk nie????

nella ·

Regtig!!!!!!hulle werk glad nie hier nie…sit en gesels of op die telefoon…en as hulle jou help is dit slakpas..
jy wou daar werk doen jou werk of gaan..
hoeveel mense werk op saterdae en doen die kostes om hulle kinders by dagsorg te los en hoeveel mense werk maar want dis die pot aan die kook te hou…maar nee nou wil julle net 5dae werk en in daai 5dae kan ek se werk jy minstens n halfuur dalk..res slak pas jy …werk het nog niemand dood gemaak nie …..

Whakka Whakka ·

Ek het ook gedink hulle staak al 10 jaar. Gaan dan liewer na die BANK toe om jou ID of paspoort te kry, lyk my die stakers dink hulle beheer die land. Wie wil in elk geval vir 3 ure in ‘n ry staan net om ‘n ID of paspoort te kry?

Carel ·

Hulle sê eintlik hulle wil nie werk nie. Met ons werkloosheid syfer hoër as 27% sal daar beslis genoeg ander wees wat te bly sal wees om hulle plek te neem.

nhk ·

Werk wil hulle nie. Word hulle gefire ..steek hulle als aan die brand. Daar is duisende wat hul werk graag sal wil he. Wanneer kan ek begin werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.