Staking dreig by dieretuin

Olifante by die Pretoriase dieretuin (Foto: NZG, Facebook)

Die Pretoriase dieretuin het Donderdag gewaarsku dat sy werkers binne die volgende 48 uur moontlik kan begin staak nadat daar nie aan werknemers se eise voldoen is nie.

Die 85 hektaar groot dieretuin, geleë in Pretoria, het gesê hy het vroeër vandag ʼn kennisgewing van ʼn staking van die National Trade Union Congress (NTUC) ontvang. Die kennisgewing is bedien kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge.

“Die kennisgewing dui aan dat lede van die vakbond beplan om te staak ná die 48 uur kennisgewingsperiode verstryk het,” het die dieretuin in ʼn verklaring gesê.

Volgens die dieretuin hou die dispuut verband met ʼn ooreenkoms wat in 2009 met verskeie vakbonde onderteken is oor die implementering van ʼn sewedag-werksweek.

“NTUC eis nou dat dié ooreenkoms gekanselleer word en dat werknemers oortyd betaal moet word wanneer hulle tydens naweke werk,” aldus die verklaring.

Dr. Clifford Nxomani, besturende direkteur, het gesê die dieretuin word sewe dae van die week bedryf. “Dit is onprakties en finansieel nie lewensvatbaar om aan die eise van die vakbond te voldoen nie. Ons het verskeie kere met die werknemers in gesprek getree in ʼn poging om die saak op te los.”

Volgens Nxomani wil die dieretuin die lede van die publiek verseker dat hy wel ʼn gebeurlikheidsplan het indien die staking sou voortgaan om seker te maak dat daar na die welsyn van die diere omgesien word en die veiligheid van die besoekers verseker word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

WONDER ·

Nou laat die “werkers ” strike, kry ander in hulle plek wat wil werk.

Will i am ·

Ek sê ook so. Daar is baie wat werk soek sonder vakbonde

Stiena ·

X seker daars BAIE natuur/diere liefhebbers wat met liefde en omgee na die diere sal omsien.

Wessie ·

Staak maar ons sal na die diere omsien. Slaap rustig dapper helde.

Tjert ·

O my gedoriewaar… nou pas gelees “Staking by lykshuise verby…” Nou net dat die afgestorwenis ophou staak nou wil glats die diere begin met staak… word die wêreld nou heelmal mal???

Swartkat ·

Daar is baie mense wat hulle werk weens regstellemde aksie verloor het wat maar te dankbasr sal wees om die werk te doen. Hoop nie die stakers steek weer die veld aan die brand as hulle nie hulle sin kry nie

Claudia ·

Ek kry nie werk as n promosie verteenwoordiger nie. Noodgedwonne terug in my ouerhuis. En julle staak?! As diereliefhebber sal ek graag jul werk wil he:-)

SARIE VAN HEERDEN ·

Ongelukig is dit so dat mens nie sommer kan instap by die Dieretuin en begin werk nie. Mense moet opgelei word maar ek is siek en sat vir diegene wat pleit vir ‘n werk en wanneer hul dit het begin die stel van eise. Ons weet wie is die meerderheid werknemers by ‘n dieretuin en dan se ek weer: ons is toe NIE almal dieselfde nie. Dank de vader daarvoor want ek wil wees wie en wat ek is.

Swartkat ·

Sien daar is ‘n tekort aan vars vleis vir die leeus by die dieretuin weens die droogte –
wie wil aansoek doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.