Staking dreig by Dis-Chem

Argieffoto

Die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw) het Vrydag gesê hy is besig om gereed te maak vir ʼn landswye staking by Dis-Chem-apteke oor die erkenning van sy organisatoriese regte.

Nupsaw, ʼn filiaal van die vakbondfederasie Saftu, het gesê deel van die aksie sal by die Dis-Chem-pakhuis in Midrand, Johannesburg plaasvind. Die staking sal na verwagting Woensdagoggend om 05:00 begin.

Die vakbond het gesê Dis-Chem weier om organisatoriese regte kragtens artikel 21 van die Wet op Arbeidsverhoudinge aan hom toe te ken.

Artikel 21 bied aanbevelings wat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in berekening moet bring wanneer ʼn dispuut oor organisatoriese regte opgelos word – of ʼn vakbond inderdaad verteenwoordigend is of nie.

ʼn Dispuut tussen Nupsaw en Dis-Chem is in Desember 2017 na die KVBA verwys vir bemiddeling, maar die saak is nie opgelos nie. Die KVBA-kommissaris het daarna ʼn sertifikaat uitgereik om te bevestig dat die geskil ʼn dooiepunt bereik het.

“Dit gee aan ons lede die reg om te staak ná sewe dae se kennisgewing kragtens artikel 21 van die Wet op Arbeidsverhoudinge,” het Nupsaw in die verklaring gesê. “Die werkgewer se hardkoppige gedrag oor die vakbond se organisatoriese regte het nou gelei tot konflik en ons het geen ander opsie nie as om hierdie ongelukkige en pynlike besluit te neem, terwyl ons in gedagte hou dat dit ook diegene raak wat siek en kwesbaar is en by Dis-Chem-apteke inkopies doen.”

Nupsaw het gesê Dis-Chem het ook “pyn en lyding besorg” aan werknemers wat lede is van die vakbond, oor sake wat betref hul bonusse in Desember 2017. “Ons missie by Nupsaw is om die lede se beste belange te dien, om teen diskriminasie op alle vlakke te baklei en om seker te maak dat ekonomiese hulpbronne op ʼn regverdige, gelyke en menslike manier versprei word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Atomatiese scanners ·

Automatiese scanners, beter as wat ons al op TV gesien het, is oppad. Ek kan nie wag om die uitdrukking op sulke ondankbare werkers se gesigte te sien nie.

piper ·

as hulle nie gelukkig is nie is daar niks wat hulle keer om te bedank nie. daar is duisende wat sal toustaan vir daardie werk. waarom so n bohaai maak van die saak .

Catherine ·

Ek stem saam. So baie desperaat vir werk…..kies meer versigtig wie in diens geneem word

Elsa ·

ai ai ai, vakbonde probeer alles en Ivan Saltzman moet maar nadink wat die oorsaak is van die voornemende stakings, , ” vakbondmag” , is ‘n onding…ontwrigting sal ons ander apteke laat besoek….ons veiligheid kom eerste

ken benoni ·

Piper, ek stem saam!
Die ondergang van die ekonomie is hierdie vakbonde en unies. Die beste ding wat ek van Amerika hou is “you fired”.

Roelie ·

Word daar nie meer ‘n “Code of Conduct” deur werknemers geteken nie. Dit is belaglik.

Gerda ·

Roelie niemand steur hul meer daaraan nie vir hul gaan dit net oor selfsugtigheid

FM ·

Dank die stakers af. Daar is baie wat in hul plek sal werk. Miskien moet Discem hul diensvoorwaardes hersien . Bring n klousule in wat werknemers fire as hulle staak. Vakbonde is SA se ondergang. Saftu se Zwelenzima Vavi stel net belang om te vernietig.

CHRISTA ·

Die leiers van al hierdie unies voel nie ‘n blou duit nie!! Hulle kry elke maand ‘n groter salaris uit die ledegelde en daardeur verryk hulle hulleself. Dis hoe Ramaposa sy rykdom begin het!! Kyk na die leier van AMCU (ek kan nooit sy naam onthou nie) – hy het ten minste 3 massiewe huise en 3 luukse motors!!

nadia ·

Hierdie vakbonde is n onding. Ek werk vir Dischem en ek is nog nooit so mooi na omgesien nie. Dischem kyk baie mooi na sy werkgewers. As dit my vorige werkgewer is kan ek verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.