Staking dreig by Eskom

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die mynwerkersvakbond NUM het ʼn loondispuut verklaar met Eskom nadat onderhandelinge ʼn dooiepunt bereik het.

Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die NUM, het in ʼn verklaring gesê die vakbond “betreur Eskom se vuil taktiek en die arrogante houding wat tydens die loononderhandelinge vertoon is”.

Die NUM dring aan op ʼn verhoging van 12% vir die hoogsbetaalde werkers en ʼn verhoging van 13% vir die laagsbetaalde werkers. Eskom bied ʼn verhoging van 7% aan.

Mammburu het gesê die vakbond en Eskom kon teen Vrydagmiddag nie ʼn ooreenkoms bereik nie en die dispuut sal na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word.

“Die NUM is uiters teleurgesteld en kwaad omdat Eskom steeds weier om die apartheidsalarisgaping in die maatskappy te vernou. Dit is ʼn feit dat wit werknemers in Eskom steeds meer verdien as swart werknemers. Dit is ʼn ernstige diskriminerende praktyk wat Eskom so gou as moontlik moet staak,” het Mammburu gesê.

Die NUM eis ook ʼn loonooreenkoms van een jaar, die verkoop van verlof en ʼn behuisingstoelaag van R5 000. Die vakbond het Eskom verlede maand daarvan beskuldig dat hy R6 miljoen in bonusse aan sy topbestuur behaal het.

Eskom het vroeër aangekondig hy het ʼn wins van R4,6 miljard gemaak teenoor R200 miljoen in die vorige boekjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

As ek vir eskom gewerk het het ek ook gestaak hulle baas verdien miljoene wat hy nie verdien nie sy bonus is meer as wat van die werkers sy hele lewe sal verdien

siela ·

Al weer apartheid!!!!!!! Wat te hel het apartheid met alles in hierdie land uit te waai. FEIT is dat Eskom se mense in bestuursposte Wit en Swart n moerawiese salaris verdien… En die mense wat die werk doen Wit en Swart word karig betaal. My man is al meer as 30jaar n Eskom werknemer. Nie op bestuursvlak nie en ons salarisse is laag… By hierdie kragstasie en enige ander kragstasie is Swart bestuurders.. Slegs een wit persoon in n bestuurspos. Hulle verdien plus minus presies dieselfde behalwe in d geval waar iemand langer as n ander werk. Die swart bestuurders hier is al JARE lank in hul poste en v hulle kry tot n miljoen rand per jaar… Num kan gerus begin bykom! Holrugperd die apartheid ding!! Hou op kleur gebruik en apartheid en mense teen mekaar opsweep en kyk liewers na die verskille tussen bestuursposte en gewone werkersposte.

Driesie ·

Ek stem! Ja, alweer die holrug geryde ‘apartheid’! Dankie vir elke ‘werker’ dat ons nog elke dag krag het! Waar sou ons arme ou landjie gestaan het as dit nie vir julle was nie!

waarheid ·

HOOGMOED oor lone het nog altyd TOT ‘n VAL beteken /gekom VAN IETS daarna.

Driesie ·

Ja, seker maar oor die wit werknemers dat hulle ‘n wins van R4.6 miljard kon wys!

christine ·

Vakbond het gehoor van wins nou moet hulle dit eet. Hulle sal die lemoen leeg suig gee net effens in. Wens julle kan sien hoe hulle leef ek het net oorkant Koeberg gewoon mense die skoonmakers word by die R10 000 per maand betaal maar dis nooit genoeg nie

Piet Pompies ·

NUM kan nie op ‘n dubbel syfer verhoging aandring, die verbruiker gaan daarvoor betaal.

Otter ·

As belastingbetalers instellings soos Eskom se verliese befonds, waarom word wins nie aangewend om voordeel aan die verbruikers deur te gee nie. Ek reken ons kreupele ekonomie sal dit waardeer.

Blondie ·

Nou verstaan ek nie, as hulle wins dan so groot is, waar om het hulle dan nou weer geld geleen.?

lynette ·

Net n rukkie gelede is elektrisiteits tariewe vreeslik verhoog omdat hulle n tekort aan inkomste gehad het, nou gee hulle vreeslike verhogings aan topbestuur! Dit gebeur elke jaar klokslag. Wat n klug.

Veritas ·

Vakbonde moet nie praat van ander partye se arrogansie nie. Daar is niemand wie se arrogansie so erg is as juis dié van vakbond-onderhandelaars nie. Eskom bied verhogings van 7% aan en in die huidige ekonomiese klimaat, is dit nie te versmaai nie. NUM-onderhandelaars sal wys wees om te druk vir ‘n 8% verhoging met ‘n winsdelingsbonus daarby. Dit is makliker bereikbaar, gesien in die lig van die groot wins wat verklaar is.

M A ·

In die laaste 10 jaar het ek nog nooit n verhoging van meer as 6% gekry nie (“inflasie-verhoging”) en ook nie bevordering nie, al kry ek van die beste meriete-verslae in die organisasie. Ek verstaan nie hierdie vakbonde wat voor die voet reuse verhogings wil afdwing nie. Kan dit nie op n glyskaal geskied nie?

plaasjapie ·

Soos Siener gese het…hulle sal bly loonverhogings eis totdat die maatskappye nie meer salarisse kan bekostig en dan moet toemaak…en die topbestuur se hoe salarisse en bonusse vererger natuurlik ner die situasie. Laat die wiele afval !

GES ·

Al oplossing wat ek sien is dat opwekking meer en meer geprivatiseer moet word. Huisbewoners moet bv ook toegelaat word om mbv sonpanele elektrisieteit aan die netwerk te verskaf. Enige onderneming waar die regering sy hande in het is gedoem.

Lance ·

Is reg staak hom ook in die grond in soos die poskantoor en die myne …waneer gaan dit tog stop …staak brand verniel …company maak toe …almal sonder werk …wat n wenresep !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.