Staking dreig by Harmony-myn

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) in die Vrystaat het Donderdag gesê hy het  ʼn 48 uur-stakingskennisgewing aan Harmony Pakisa-myne uitgereik.

Duisende NUM-werkers is gereed om te staak.

Tanki Malefane, streeksvoorsitter van NUM, het gesê hulle is keelvol en woedend oor Harmony  se voortslepende gedrag, en dat die maatskappy wegdoen met al die ooreenkomste wat tussen die partye aangegaan is en dit met maatskappybeleide vervang.

“Al ons pogings om vreedsaam met Harmony te vergader het gefaal en daarom het ons geen ander keuse as om te staak nie,” het Malefane gesê.

Volgens Malefane is die kwessie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys en het hulle uiteindelik ʼn sertifikaat van nie-resolusie gekry wat hulle toelaat om te begin staak. Die staking sal Sondag 2 September om 18:00 gedurende die nagskof begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danie ·

Lyk my hulle wil regtig almal sonder werk sit. Maar as jy dan nou nie wil hoor nie moet jy seker maar voel….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.