Staking dreig by inkomstediens

Argieffoto

Die meerderheidsvakbond by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag gesê sy lede gaan volgende week begin staak indien nie aan hul eise om salarisverhogings voldoen word nie.

Die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het in ʼn verklaring gesê hy het ’n kennisgewing aan die SAID gestuur om die inkomstediens in kennis te stel dat sy lede Donderdag sal begin staak nadat ʼn ooreenkoms nie gedurende loononderhandelinge bereik kon word nie.

Die PSA, wat byna die helfte van die werksmag by die inkomstediens verteenwoordig, eis ’n salarisverhoging van 11,4% vir sy lede asook ’n enkeltermynooreenkoms en salarisvordering.

Volgens Ivan Fredericks, algemene bestuurder van die PSA, kom dié staking te midde van langdurige loononderhandelinge tussen die partye wat ongelukkig nie opgelos kon word nie, ondanks die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se betrokkenheid. “Die onderhandelings het in November verlede jaar begin en die partye kon nie ’n ooreenkoms oor die afgelope vier maande bereik nie. Die PSA het ’n interne geskil verklaar om die saak op te los, maar sonder sukses. As gevolg hiervan het die PSA geen ander keuse gehad as om ’n dispuut aan die KVBA te verklaar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael ·

Reg so !!!! Staak sommer vir altyd dan hoef julle nie te werk nie want julle en werk was nog nooit vriende nie. Soek meer geld miljoene in die land wat vir baie minder sal werk en wat graag net n werkie wil he maar dan weerhou hierdie sleg mense hulle daar van om nie n werk te he nie. Wil net he alles verniet he dit is so siek.

Carl ·

Die beste nuus wat ek in ‘n baie lang tyd gehoor het. Bly sommer permanent by die huis.

Arnold ·

Waar ons inkomste vandaan kom is daar nie vakbonde wat baklei vir gereelde verhogings. Wat van die mense wat net leef van die rente wat hul ou geldjie vir hul verdien …waar kla die’s en by wie. Stakings, daai mense het ‘n werk, goeie inkomstes betaalde vakansies. Kla met witbrood onder die arm. Almal word oud soos ek.

George in Bloem ·

Die onbeholpe spul patete skuld my ‘n paar duisend rand al vir langer as ‘n jaar en ‘n half so ek sal regtig nie agterkom as hulle staak nie want hulle(spesifiek die onbevoegde moroon)wat my my goed “werk” dreig nou al vir lank om my te help en die probleem uit te sorteer. Maar dis eintlik klaar al dood/gevrek,moet nog net omval en vrot.

Boerboel ·

Staak asb. baie lank en vergeet om my belasting in te vorder, hoop rekords raak ook weg asb.

fred ·

as hulle oud word kry hulle nog n vaste pensioen wat elk jaar aangepas word,gratis medies solank hulle lewe,…ens…eers bedel hulle vir n job en het hulle n job dan staak hulle vir meer geld en minder werk…die vakbonde gaan hierdie land nog meer verniel……hulle vergeet dat elke staatsamptenaar deur die privaat sektor belastingbetaler onderhou word…

Nugter ·

anc, julle is die oorsaak van al hierdie gemors. Verminder jou top mense se salarisse en gee verhogings aan die pleppe onder wat eintlik al die werk doen.

Net ek ·

Onthou jy nie lank terug het n seker “dame” van die It so n gek van haarself op TV gemaak? En toe kry sy 43% salaries verhoging. Haar salaries styg met R1m. Nou vra die werkende personeel op die vloer verhoging. Daar is van hulle wat se salarisse gevries is omdat hul meer as 10 jaar in n rang is. Dit maak n verskil aan hul pensioen van R5000-00 per maand.
Hierdie mense kan nie brood koop met belofte nie.
Kyk na die regstellende aksie. 80%+ teen oor die res. Nou die groot vraag: was daar al ooit n staking (soos by baie ander department)?
Jy is reg vat bietjie by die top bestuur en gee ondertoe.

Johann cb ·

Dan gaan ek ook ophou (staak) om belasting te betaal, BTW ingesluit.

Jack Sadie ·

Dit het my amper agt jaar gevat om geld wat SARS deur slapgatheid van my teruggehou het, terug te kry. As hulle nou staak, wie gaan dit agterkom?

Andre ·

Gaan ons n verskil agterkom, daar gebeur nie veel. Enigste afdeling wat werk is die wat geld invorder. Die “back office” mense is genoeg om enige mens na drank te dryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.