Staking dreig by Rand Water

Argieffoto

Argieffoto

Werknemers by Rand Water kan dalk staak en dit kan ʼn invloed op watervoorsiening hê, het ʼn vakbondverteenwoordiger Vrydag gesê.

“Die maatskappy is besig om te herstruktureer en die bestuur en personeel bots oor die noodsaaklike-dienste-ooreenkoms en wie daardeur gedek word,” het Andre Venter, woordvoerder vir die vakbond United Association of South Africa (UASA), gesê.

Die saak is Dinsdag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys.

“In plaas daarvan om aan ʼn konstruktiewe debat en onderhandelings deel te neem, het die uitvoerende hoof besluit om eerder werknemers te dreig met afdankings indien hulle aan ʼn staking sou deelneem,” het Venter bygevoeg. “Hierdie houding is verlede jaar ook tydens die loononderhandelinge opgemerk.”

Venter het gesê gegewe die ekonomiese klimaat is ʼn staking nie die beste opsie nie, maar sonder konstruktiewe besprekings wil dit voorkom of ʼn volskaalse staking onafwendbaar is.

Rand Water-bestuur het versoek dat die partye Maandag, 17 Augustus, weer vergader.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J.Z ·

Stem betaal almal wat staak af,want hulle gee die belating betaalers groot on gerief en kos hulle baie ,stel eerder mense aan wat wil werk en hul werk eerste stel.

Lynette ·

Ek se ook betaal die stakers af. Daar is mense wat wil werk. Moeg vir stakende oproeriges.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.