Die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het Dinsdag gesê sy lede by die Universiteit van Pretoria (UP) sal binnekort begin staak nadat salarisonderhandelinge verlede maand vasgeval het.
Die vakbond het in ʼn verklaring gesê ʼn dooiepunt in die onderhandelinge is op 19 April bereik, waarna Nehawu ʼn sertifikaat om te staak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ontvang het. Nehawu het gesê sy lede by die universiteit het twee vergaderings in die afgelope week gehou om ʼn mandaat te ontvang en te besluit op die pad vorentoe ná die dooiepunt bereik is.
Die vakbond se eise het aanvanklik ʼn salarisverhoging van 10% ingesluit, maar dit is intussen verminder tot 8%. Die universiteit bied 7% en ʼn eenmalige betaling van R3 000 aan. Nehawu eis ook 13de tjeks en meer mediesefonds-opsies, omdat werkers meen die huidige opsie is te duur.
“Indien hierdie kwessies nie binne die volgende paar dae opgelos word nie, sal werkers geen ander keuse hê as om op ʼn volskaalse staking te gaan nie,” lui die verklaring.
Tuks se ingenieurs, ontwikkel robotte wat hierdie mense se werk kan oorvat, dan kan hulle permanent staak.
Die werkers unies met hul gedurige stakings is besig om Suid Afrika se ekonomie te verwoes – gaan dit so erg in ander Afrika lande? Miskien moet hulle verbied word om meer as R10 per lid te vorder.
blink idee. maar ek dink amper R10 is klaar te veel.
?… studeer hulle en hul kinders gratis met gratis inwoning in koshuise vir studente en wat van taxi-geld en etes en uniforms?
Net betyds om die Jun eksamen te ontwrig! Toevallig?
Daars dit weer: HUGE verskil tussen previjesli disatvantijd en currintli takeng advantige. Om.nie te praat van voorreg en reg nie? Staak: klupgooi…breek…brand…verwoes…intimideer…o ja en nie werk nie!
Ek betaal baie vir my seun se opleiding aan Tuks. Ek hoop Tuks sien dié keer om na die Studente se belange ook!!!
Ek hou van Platsak se opmerking!