Staking dreig in vervoerbedryf

Argieffoto

Vakbonde in die vervoerbedryf het Dinsdag gewaarsku dat ʼn staking moontlik op hande is nadat loononderhandelings met werkgewers ʼn dooiepunt bereik het.

Die vervoervakbond Satawu het gesê vakbonde het ʼn dispuut verklaar nadat maraton-loononderhandelinge nie op ʼn ooreenkoms uitgeloop het nie.

“Die South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu), Motor Transport Workers’ Union (MTWU), Transport and Allied Workers’ Union of South Africa (Tawusa) en die Professional Transport and Allied Workers’ Union (PTAWU) het die dispuut verklaar,” het Satawu gesê.

“Loononderhandelings tussen vakbonde en die werkgewerverenigings, die Padvragvereniging (RFA) en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) het op 4 Junie begin, maar tot op hede kon partye nie ʼn ooreenkoms bereik nie ten spyte daarvan dat sittings tot in die vroeë oggendure geduur het.”

Die vier vakbonde verteenwoordig meer as 30% van die 105 000 werkers in die bedryf en eis ʼn akkumulatiewe 32%-loonverhoging oor die volgende drie jaar, terwyl werkgewers net 18% aanbied.

Satawu het gesê vakbonde eis dat die minimumloon vir transitoveiligheidswagte verhoog word tot R20 000 per maand om te vergoed vir die gevaar wat hulle daagliks ervaar.

Nadat vragmotorbestuurders die afgelope paar maande aan verskeie betogings deelgeneem het waartydens hoofweë versper is, het vakbonde geëis dat die lone vir kode 14-vragmotorbestuurders tot R15 000 per maand verhoog word om te verhoed dat werkgewers “buitelandse werknemers uitbuit” deur hulle minder te betaal as hul Suid-Afrikaanse eweknieë.

Vakbonde eis ook ʼn minimumloon van R7 000 per maand vir algemene werkers. Werkgewers het deurgaans geweier om die minimumlone te verhoog.

Die vakbonde wil ook hê die indiensneming van buitelanders in die vervoersektor moet tot 25% van die werkersmag in elke maatskappy beperk word. Werkgewers hou egter vol hierdie kwessie is tans voor die parlement wat daaroor sal besluit.

“Wanneer die toename in transitorooftogte in die eerste helfte van die jaar in ag geneem word, eis vakbonde dat elkeen van hierdie voertuie deur minstens drie mense beman word om die veiligheid van die kontant en die veiligheidsbeamptes te verseker.

“Vakbonde het ook ʼn beroep op maatskappye gedoen om beamptes van geskikte wapens te voorsien sodat hulle hulself teen swaargewapende rowers kan beskerm. Werkers wil ook hê die regering moet die vervaardiging van transitovoertuie reguleer, sodat die veiligheidsmaatreëls op dié voertuie dwarsdeur die bedryf gestandaardiseer is,” het Satawu gesê.

“Die partye wag nou op die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) om ons in kennis te stel van die datum wanneer die loononderhandelings onder sy vaandel sal voortgaan. Indien hierdie onderhandelings nie op ʼn ooreenkoms uitloop nie, sal die KVBA ʼn sertifikaat uitreik om vakbonde toestemming te gee om te staak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alida ·

Daar gaan ons alweer. Augustus is mos “staakmaand”. Plaas die mense net dankbaar is om ‘n werk te kan hê en die werk doen.

Paul ·

Nou nie dat daar nie ander maande is nie. Een ding is verseker en dit is as die regering nie iets aan die vakbonde, die gedurige stakery, betogings en ontwringting in die land doen nie, sal daar dadels van ekonomiese groei wees. Stakings, betogings en ontwrigting het in effek die nasionale sport geraak. Die hele ekonomie word hierdeur gevange gehou.

Mielie ·

Sal dit beteken dat die SA ners in die bedryf hul produksie met 25% verhoog? Transito wagte behoort n Dangerpay van die ANC te kry…..hulle regeer die land en ekonomie en agv hulle onvermoe om misdaad te bekamp moet hulle opdok. Nie die maatskappy wat dit dan weer van die verbruikers sal verhaal.

Santjie ·

Ek sou voorstel dat die werkgewers eerder polisse vir hul werknemers uitneem – sodoende is daar darem in ‘n mate iets vir hul families sou die ergste gebeur.

jaco ·

Wat??? R20 000 n maand! Ek moes 6 jaar swot, n paar jaar werk vir peanuts, nou werk ek myself dood en in haaglike en gevaarlike omstandighede en kry ek dit dalk as ek die maksimum oortyd werk….

Wonder ·

32 % oor drie jaar loop uit op meer as 10% salarisverhoging per jaar. In die huidige ekonomiese toestande, is dit belaglik om dit te wil hê. ‘n Minimum van R20 000 vir transito veiligheidswagte? Dis ook belaglik. Ek is bewus daarvan dat hulle ‘n onveilige werk doen, maar dit het hulle mos geweet toe hulle die werk aanvaar het? Toe kon hulle mos vir hul vergoeding onderhandel het. Niemand het hulle gedwing om die werk te aanvaar nie. Ek dink nie die regering moet toelaat dat buitelanders die werk doen nie. Dit neem werk weg van ons eie mense.

Karien ·

Poskantoor net klaar dan die klomp, dan die myne, dan die stadrade en so gaan ons aan. Staak en jy kry. Tyd dat hulle afbetaal word as hulle staak en n ander een daardie werk kry wat te dankbaar is om te kan werk en n werk te hê.

Eish ·

Lees artikel elders op die platform wat beweer ons word dommer. Dan maak die kankerbestuur en verrotting van die helhool sin.

Penellope Jones ·

Is daar trappe van vergelyking van bankrot . . . . aangesien almal nou staak ………

JM ·

Vir die lot gaan dit nie oor werk nie maar om te kyk hoeveel hulle kan kry sonder om te werk.

Robert ·

Geen salaris aanpassings vir niemand nie met die verstandhouding dat alles in SA verminder word met 20%

Ben ·

Wonder hoeveel onskuldige mense se eiendom gaan nou weer aan die brand gesteek word? Hoekom moet ontskuldige mense benadeel word as hulle staak? Die stakers is kamstig “gedisadvantage” maar nou beskadig en ontwrig hulle mense wat niks met hulle saak te doen het nie en niks daaraan kan doen nie? Stakings in die RSA het so’n profiel van n krimineel? Dit sal nie in China geduld word nie.

Anoniem ·

Magtig, as ongekwalifiseerde algemene werkers nou al R7 000 ‘n maand hê wonder ek hoe hulle reken enige een hulle sal wil aanstel.

bgj van der westhuizen ·

as die werk gewers net in slag ook wil kyk na hulle staff dan sal daar nie gestaak word nie R15000 per maand vir lang af stand bestuurder klink baie maar kyk na die volgende hy is ongeveer 3 weke uit 4 van af die huis bestuur ongeveer 14 uur in dag en slaap in sy trok se vir my sal jy dit doen vir daar die geld en dit is tyd dat die regering kyk wat verdien cash in transit security maar dalk moet hulle n min paye vir elke werk was stel daar is baie werkgewers wat mense onder die belt betaal en hulle lewe lekker elke dag lewens koste is hoog vir almal en R7000 in maand vir algemene werker mense weet julle dat n flat in kaapstad R7000.00 n maand kos alles is te duur daar om sal lone al hoe groter raak

Kerrie ·

EN STEEDS KIES JY DAAI WERK. Toe jy aansoek gedoen het het die werk R7000 betaal en jy was tevrede daarmee, hoekom wil jy nou R20 000 he? Jy kan nie op leefbare inkomste gaan en huur van eiendom nie, dan kry NIEMAND van ons ordentlike salarisse nie .ons club maar saam en betaal ‘n huis …Ons het vir jare in communes gebly of saam met vriende om ons huur so laag as moontlik te hou om met ons salarisse uit te kom .. DIT BLY ‘n KEUSE om vir daardie salaris te werk. NATUURLIK gee ek om vir die arme manne wat kort kort aangeval word maar ons kan nie omdat ‘n ‘flat’ R7000 per maand kos almal se salarisse met R7000 opsit net om in ‘n FLAT te kan bly nie .. en dan vergeet jy van die kleinste karpaaiement en die basiese kos .so niemand in SA, al kan hy nie leer of skryf nie sal uitkom met minder as R20 000 nie, so kom ons lig onmiddellik die padveers en asdromuitgeooiers se salarisse na R20 000 want dit is LEEFBAAR?? Wow . wat moet die mense met grade betaal word of moet almal dieselfde kry wat in ‘n ‘flat’ van R7000 bly?

Jacques ·

Hoop al die wat kritiek lewer besef hoe alles wat hulle elke dag van hul lewe gebruik op winkel rakke kom, by vul stasies, supermarkte ens. Meeste van ons is profesioonel, gooi nie klip of steek goed brand nie. Respekteer ons ek berdien bo R20.000 per maand.

Diefie ·

Besef die mense as die so ‘n verhoging toegestaan word, gaan alles nog duurder raak. Dit is ‘n bose
Waarom betoog hulle nie eerder vir die verlaging van voedsel- en brandstof pryse nie.

Karin ·

Werkers wat betoog en ontevrede is oor alles en staak en afbreek, moet dankbaar wees hulle het werk. Werk is skaars wanneer jy wit en ouer as 50 is. Ek is bereid om enige werk te vat. Jy kom by ‘n plek waar iemand jou 10 minute gelede gesê het hulle soek iemand. Dan sê hulle, wanneer jy gaan vra, eenvoudig nee, ons het geen poste nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.