Staking dreig oor Eskom-besluit

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die vakbond Numsa het Sondag gedreig om te staak oor Eskom se besluit om van sy kragstasies te sluit.

Irvin Jim, Numsa se hoofsekretaris, het gesê hulle is geskok deur Eskom se aankondiging vandeesweek dat hy van plan is om vyf steenkoolkragstasies te sluit. Volgens Jim het Eskom vroeër die week gesê hy beplan om die Hendrina-, Kriel-, Komati-, Grootvlei- en Camden-kragstasies te sluit.

Volgens Numsa kan tot 6 000 mense hul werk verloor indien Eskom die besluit deurvoer. Jim het gesê geen samesprekings het tussen Eskom en vakbonde plaasgevind hieroor nie. Hy het gesê Eskom se gebrek aan beraadslaging is ʼn poging om die “ware redes vir die drastiese optrede” weg te steek.

Jim het gesê Eskom is bewus daarvan dat hy die regte prosedures moet volg indien hy werkers wil afdank of aflê. “Dit het nog nie gebeur nie.” Volgens Jim het hulle intussen met hul lede oorleg gepleeg om te besluit wat hul volgende stap sal wees. “Ons sal staak, indien nodig, en indien dit tot gevolg het dat die land in donkerte gehul word, dan is dit die strategie wat ons moet aanneem.”

Jim het gesê Numsa sal alles in sy mag doen om te verseker dat duisende mense nie hul werk verloor nie. Hulle sal ook met die vakbond NUM vergader oor die kwessies.

Numsa is met regsverteenwoordigers in aanraking om te bepaal of daar enige regstappe gedoen kan word in dié verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Juan viviers ·

Hell maar ek verstaan nie hoe eskom so geld kan mors nie ek werk op een van die krag stasies en eskom is tans besig met miljoene rande se opgradering en nou wil hulle die stasies toe maak wow

Pendoring ·

Mis ek iets of was ek aan die slaap vir ‘n paar maande? Twee jaar gelede het die land nie genoeg opwek vermoeë gehad nie. Nou is daar soveel vermoeë dat hulle 5 kragstasies kan sluit. Wat het verander?

Hendrik ·

Die ekonomie is op ‘n laagtepunt en die aanvraag na elektrisiteit het baie gedaal. Dit is eintlik nie goed dat ons te veel krag het nie.

John ·

Wie besit die nuwe ‘groen’kragstasies wat nou skielik oppop? Ons het ‘n goeie idee. Baie gesteelde plase gaan nou lekker in die son bak of windvangers word, terwyl die base op die sonstoepe sit en tee drink terwyl die bokkies onder die pype wei van regte egte stoep-krag-jagters. Die projekte moes lank reeds op die kaarte gewees het om sommer so die een klomp te kan sluit en oor te skakel na die glo super-skoon-goedkoop-krag. Wie gaan hierdie uitgestrekte eenhede beskerm teen sabotasie? Die steenkoolstasies is voorheen beterweterig gesluit en moes ten duurste weer afgestof word. Ons gaan dit weer doen.
Maak maar die gasbottels vol voor die koue kom.

vierkleur ·

Maar dit is mos deel van die “plan”Juan. Dit is so voorspel dat die mense koue pap sal eet,
m.a.w ons gaan sonder krag sit.

janneman ·

Hierdie kragstasies was almal al toegemaak gewees agv baie ou infrastruktuur, en was net weer in werking gestel toe die groot tekort aan elektrisiteit bestaan het. Wetlik behoort hulle eintlik al skroot metaal te gewees het. Almal wat daar herindiens geneem is, het geweet dis tydelik. Nou word dit weer n politieke speelbal. Maroela, wil julle nie maar bietjie navorsing doen en al die feite in n berig deurgee nie, sodat mense kan sien wat hierdie “kapers” se eintlike doel is? Zuma en sy chronies wil die land se ekonomie lam le, sodat hulle alles kan opeis in n sosialistiese staatsbestel, waar die regering alles besit, en besluit wie waar werk, waar bly, en hoeveel geld jy vir kos en vervoer mag kry. Kom ons doen iets daaromtrent, en verhoed hulle om chaos met die staking te saai. Daar is genoeg blanke mense met die nodige kennis wat die kragstasies aan die gang kan hou, ons kort iemand wat nou al n koordinerende rol kan speel en pro aktief n “redding span” kan saamstel vir daardie dag.

Annalien ·

Stem saam, daar sal so gou moontlik possitiewe aandag aan hierdie tameletjie gegee moet word.

JohanR ·

Janneman, jy is korrek oor die tydelike inwerking stelling van die ou kragstasies. Daar is basies twee redes hoekom hierdie ‘tydelike’ kragstasies weer uitdiens gestel gaan word: 1) Laer vraag na elektrisiteit agv van swakker ekonomie en 2) die inwerking stelling van nuwe eenhede by Medupi en Kusile steenkool kragstasies as ook 4 eenhede by Ingula pomp skema.

Dennis ·

Medupi en Kusile lewer nog slegs die minimum krag en Ingula se turbines word sleg in peak tye gebruik, nie heeltyds nie. Die hoeveelheid krag wat deur die stasies wat hulle wil toemaak gelewer word is sekerlik ewe aan Medupi en Kusile so dan eindig ons weer by Begin, sonder om 200 rand in te vorder. Dit maak sin!

Pieter ·

Nog n plan sodat hulle skielik kan beweer dat n kernkrag kragstasie nou dringend benodig word.

Dennis ·

Snaaks dat min mense iets te se het oor die feit dat die meerderheid van die stasie wat Eskom nou wil toemaak juis in die laaste paar jaar teen dermiljoene belastingbetalers rande weer aanlyn gebring en totaal vernuwe is met van die beste tegnologie in die wereld. Gaan al daardie tegnologie nou maar net weer staan en tot niet gaan! Piesangrepubliek se moses!

gatiep ·

Meskien moet hulle maar al die krgstasies afsit sodat ons weer mense kan raak.
Ons eie tegnologie is besig om van ons ontslae te raak op n wrede uitgerekte manier.

Jaco ·

Ons regering is lief daarvoor om nuwe kragstasies, hospitale, skole ensovoorts op te rig. Sodra projekte voltooi is word dit wit olifante, kaders en hul maatjies en familie kry die tenders asook groot bedrae geld onder die tafel deur vir die sogenaamde ontwikkelings en bou daarvan, presies ook hoekom soeveel nuwe kragstasies gebou word, of die goed werk of nie na die tyd is nie hul probleem nie. Vra my, ons fabriek moes n produk lewer aan n BEE middelman vir n hositaal wat gebou word wat die prys opgeblaas het teen amper 1000% winsmarge…..Die hospital (in die Vrystaat) is voltooi twee jaar terug en staan nou en stof opgaar…almal het klaar hul cut gekry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.