Staking in chemiese bedryf beplan

Argieffoto

Argieffoto

Ceppwawu, die vakbond vir chemiese en verwante bedrywe, het ʼn 48 uur-kennisgewing aan werkgewers in die chemiese bedryf, nasionale petroleumwerkgewersvereniging en die nasionale onderhandelingsraad vir die chemiese bedryf, oorhandig.

Simon Mofokeng, algemene sekretaris van die Cosatu-geaffilieerde vakbond, het Maandag gesê Ceppwawu eis ʼn 9%-salarisverhoging teen die werkgewers se aanbod van 6,5%.

Die vakbond eis ook ʼn minimumloon van R8 000 plus ʼn skoftoelaag vir tydelike werkers.

Die kennisgewing vir die staking volg ná onderhandelings vasgeval het.

Die staking sal Donderdag begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

Staak staak staak SA is byna in n permanente staat van staking in een of ander manier …gaan dit ooit ophou …of selfs net minder raak …seker nie onder anc beheer nie …mense is maar ongelukkig met die anc

Chris Ws ·

Lance daar is hopeloos te min wat ongelukkig is met die anc op die stadium om ‘n wesenlike verskil te kan maak vorentoe.Al ding is gaar brandstof op as jy kan want eendag gaan jy dit nodig kry.Petrol is egter ‘n probleem want die munisipaliteite beperk mens met die hoeveelheid wat mag gestoor word maar diesel is bietjie beter daaraan toe.Ek dank die Vader my voertuig is ‘n diesel!

Hein ·

Ek dink dat as die DA ooit ooit in beheer gaan kom kan die stakings net soveel meer wees. Die ANC sal met ondermyndende taktiek voortgaan totdat hy weer in beheer is.

snoefie ·

as hulle so ongelukkig is met hulle werksomstandighede, saleris, gebrek aan voordele ens, moet hulle bedank. daar is seeker minstens 100 wat linker klinker sal gee vir die voorreg om daardie werk te he. ceppwawu het verseker better werksgeleenthede vir hulle lede. good riddance.

Mel ·

Woorde is daar ni meer ni……dis belaglik en wil nou ‘n alledaagse storie raak, waarom ni almal fire ni, daar is genoeg ander mense wat bereid is om onder te begin….di wat so wil staan kan ni verder dink as hul neuse ni want di tor het klaar afgeneek!!!!!!

PIET VAN ZYL ·

My beskeie mening, indien jy nie te vrede is met die salaris of verhoging nie, gaan soek vir jou ander werk. Wees tevrede met wt daar is. Die Engelse se FIFO moet geld. Seen

Hein ·

Ons wittes aanvaar al lankal die 3% salarisverhogings want ons het nie keuse nie. Daar is met al die diskriminerende arbeidswette (AA,kwotas, BEE) teen die minderheid wittes nie meer baie werk vir ons nie. Vasbyt moet ons maar en wat skokkend is dat die wittes nog steeds vir partye soos die DA stem en die DA ondersteun al hierdie wette. Hoe dom kan mens wees ne?

Leon ·

Hein,
Ek dink die wat vir die DA stem is uit wanhoop. Wat my totaal stom slaan, is dat jy blankes, of so noem hulle self, wat nie net vir die ANC stem nie, maar as kandidate vir die ANC staan in die verskoning…..ekskuus dit moet seker verkiesing wees, maar dit is die woord verkiesing nie werd nie!

Ben ·

Leon, vir wie stem slim, nie-wanhopige mense soos jy dan?

My mening is dat diegene wat ANC toe hardloop asook die wat nog regs is heeltemal desperaat is. :-)

babie ·

Weet neh asb get a f life! Staak staak staak in jou hel in dis mos S.A die great! As j dit nie like kry vir jou ander werk mt n spoed ou boet! En dan nog n ding ek stem niks want almal is currip man! Wit swart bruin wtf wees bly as jy even net R1 verhoogong kry dis wat j nie gehaat het nie! Fire di wat staak hul soek mos nou daarvoor! Net my se! S.A hmmm bly mos nou leke neh…. as ek my sin kry is ek uit S.A!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.