Staking in petroleumbedryf verskerp

Argieffoto

Argieffoto

Lede van die vakbond Ceppwawu sal vandag buite brandstofdepots en sommige farmaseutiese maatskappye in vier provinsies betoog as deel van die vakbond se landwye staking.

Simon Mofokeng, die sekretaris-generaal van Ceppwawu, het Woensdag gesê daar sal betogings en optogte in Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap gehou word.

“Dit is in ooreenstemming met die vakbond se besluit om die betoging teen die werkgewers te verskerp,” het Mofokeng gesê. “Die vakbond eis ʼn 9% [salarisverhoging] en die werkgewers weier om te voldoen aan die werkers se eise. Die KVBA [die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie] sal ʼn artikel 150-ingryping tussen die vakbond en die werkgewers bewerkstellig.”

Vakbondlede het op 28 Julie begin staak in ʼn poging om werkgewers te dwing om aan hul looneise toe te gee. Afgesien van die 9%-salarisverhoging, eis die vakbond ook dat tydelike werknemers ná drie weke permanent aangestel word.

Mofokeng het gesê die grootste betoging sal in Secunda in Mpumalanga plaasvind. Provinsiale en plaaslike leiers van Cosatu sal na verwagting by die betoging buite Sasol aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cryosphear ·

Sover ek weet volgens wet is dit 3 maande voordat werkgewers werkers moet permanent aanstel

Annemarie ·

Na 3 weke het ñ nuwe werknemer skaars nog sy/haar voete gevind! Dan moet die werknemer nog kan bewys dat hy die werk kan doen of dat verdere opleiding nodig is. Selfs in 3 maande se tyd is dit nie altyd voldoende tyd om ñ werknemer op te lei of te sien of hy/sy die pos na behore kan vul nie! Soms kom hul ware vaardighede (of gebrek daaraan) eers binne ñ jaar na vore! Belaglike eise! Geen wonder die werkloosheid syfer is so hoog! Maatskappye meganiseer eerder!!!

snoefie ·

dis nou al jare aan die order van die dag dat (wit) werknemers dikwels jare by n firma werk sonder om permanent aangestel te word. hierdie praktyt is n euwel. al werk die mens vir die firma word sy werkgewer betaal wie dan tussen 50% en 75% van daardie geld in eie sak steek. maar die witmens is mos maar te dankbaar om werk te he. LETS FACE IT, NIEMAND GEE OM VIR DIE WITMENS SE REG NUE.

Kosie ·

Ek stem saam! Dis baie waar wat jy daar sê en so word ons witmense lelik ingedoen en sleg benadeel.

Izak ·

Wat die 9% aan betref, dink ek is billik. In die laaste jaar het kruideniersware met baie meer gestyg, die 3 weke affere is belaglik.

lynette ·

Hoog tyd dat ons n Helen Thatcher kry wat vakbonde verbied. Hulle us die grootste euwel in enige land!!!! Ek glo hulle is kommunisties geinspireerd en wil lande op hul kniee dwing.

John ·

Petrolmaatskappye kan maar gerus hul werkers meer betaal. Hulle maak groot geld. Ek praat nie van ander ongelykhede en ongegronde eise nie. Petroltenkwa-drywers doen ‘n verantwoordelike en baie gevaarlike werk. Goeie verantwoordelike werkers behoort ooreenkomstig vergoed te word. Dis nonsens dat beginners wat nog nie hulself bewys het nie, grootmeneer wil speel. Werkers se kontrakte behoort beter opgestel te word en in die howe getoets te word, want dit lyk of niemand hul daaraan steur nie.

Hermann ·

Ek stem saam met jou John, die mense wat brandstof aflewer sien ek meestal in die aande en soms laat en dit is ‘n aardige prosedure net om die brandstof in die opgaartenks te kry weens veiligheid. Maar aan die ander-kant hoe word die brandstof prys regtig bepaal, dit word nie eerlik met die verbruiker/publiek bespreek nie van hoe die prys vasgestel word nie. Hoekom word battery-aangedrewe motors nie tot sy reg inwerking gestel nie. Lood in batterye word herwin, brandstof via uitlaatgasse nie. Dit is tog bewys dat battery-aangedrewe motors al met groot suksses gebruik kan word veral in die stedelike gebiede. Dit is asof al die alternatiewe bronne nie tot sy reg kom nie. Wie keer dit, ons lewe in ‘n vrye-markstelsel. Is die publiek nie moeg om onder die juk van die ‘Elite’-groepe die ossewa te trek nie? Kyk byvoorbeeld waar trek ons foonkommunikasie van die nommer-asb sentrales maar gaan nog aan met fosiel-brandstof…
Dankie

Spook ·

Hierdie mense gee nie om oor enige een se toekoms nie nie eers oor sy eie nie. Vir hulle gaan dit net om so veel moontlik te kan kry ongeag wat ook al die nagevolge. Dan gee jy in dan soek hulle nog, hulle sal nooit genoeg he nie! al gee jy hulle 20% dan soek hulle nog! Dis in die gene en kultuur om alles wat jy het vandag te gebruik want more is jy dood dan kan jy dit nie gebruik nie. Selfsugtigheid en die onvermoe om te beplan vir die toekoms! ONS LEWE MOS NET VIR VANDAG

NEL ·

Wonder net wat doen die 15 000 wat nou staak as hulle by die werk is, want dit is nie of die hele land tot stilstand geruk is met die klomp wat staak nie. My vraag nou is hulle regtig nodig in die pretroluem sektor want die job loop lekker sonder hulle. As hulle dan tydelike mense van buite ingebring het om die werk te doen ,hou hulle sommer daar, wil voorkom of hulle die werk goed doen.

natasha ·

Daar sê jy dit! Bewys net hulle is van green nut…sonder hulle het one steeds brandstof… I say.. Fire the lot

Amelda ·

Daar is genoeg mense wat werk soek. Betaal hulle af en kry ander in hul plek. By kleiner maatskappye word daar net vir jou gesê daar is nie geld vir ‘n verhoging nie. As jy nie te vrede is nie gaan kry vir jou ander werk.

Jan ·

Jy is so reg Amelda, dan gebeur dit dat n mens 5 of 6 jaar gelede laas n verhoging gekry het..

Berhalet Beukes ·

Mmm, “we demand”… Wat bied julle wat so betoog die werksmark en julle werkgewers? Miljoene rande se verliese maar hê wil julle hê! Julle is allermins nie ‘n bate vir julle werkgewer nie, eerder ‘n las! Behalwe dit, is julle ‘n las op die land se ekonomie! Nee wat, kry bietjie breins of gaan huistoe!

Maddox ·

Die wat so skreeu dat hulle , hulle verhoging verdien, moet net een ding onthou- op die einde van die dag gaan jy as verbruiker daardie verhoging betaal. Dit word net so deurgegee na die verbruiker toe. Daar is miljoene mense wat sit sonder werk, wat maar net te dankbaar sal wees vir werk- gee hulle eerder ‘n kans , en raak ontslae van die “demanders”

CHRISTA ·

Dis mos 2 woorde wat die ANC hulle al vir meer as 25 jaar leer “WE WANT”! Ek dink hulle woordeboek bestaan net uit daardie 2 woorde!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.