Staking in petroleumbedryf

Argieffoto

Argieffoto

Die Automobiel Assosiasie (AA) het motoriste aangeraai om seker te maak hulle het genoeg brandstof in hul motors, nadat die vakbond Ceppwawu aangekondig het sy lede in die petroleumsektor begin Donderdag staak.

Reggie Sibiya, hoof van die Brandstofkleinhandelaarsvereniging, het aan eNCA gesê die staking sal raffinaderye, depots en ingekontrakteerde vragmotorbestuurders raak. Volgens hom sal nagenoeg 15 000 werkers aan die staking deelneem, maar petroljoggies sal op hul pos wees.

Die AA het gesê die staking kan motoriste egter begin raak indien die brandstof by vulstasies begin opraak. Die organisasie het motoriste aangeraai om hul brandstoftenks so veel as moontlik vol te maak en onnodige reise vermy.

Ceppwawu eis ʼn salarisverhoging van 9%, terwyl werkgewers glo net 7% aanbied. Die vakbond het ook geëis dat tydelike werknemers na drie weke permanent aangestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Man dis lekker om werk te he in SA. Jy skop die ekonomie en ander wat WIL werk tussen die bene deur te DEMAND wat JY dink bekostigbaar is! En kyk mooi: lekker breek en brand hulle die wat wel WIL werk in besittings en persoon af! En kom daarmee weg EN kry publisiteit…want die SAUK moet mos nou sulke goes wys EN dis net voor die verkiesing… W JY!

Hennie de Beer ·

Hierdie hoogs winsgewende werkers unies is besig om ons land se ekonomie geheel en al te vernietig met stakings elke dan en wan. Hulle is afhanklik van die werkers se maandelikse bydraes en sal alles drasties radikaals moontlik doen om hul aansien te behou. Ons is sonder twyfel by verre die Afrika land met die meeste stakings, rykste werkers unies en mees apatiese regering in die geskiedenis.

Pastoor ·

Wat ek nie verstaan nie. As daar nie meer brandstof is dan staan alles. Want iemand wat geen clue van ekonomie het wil bewys hoeveel mag hy het. God se Woord sê Hy het al die mag. Daarom stop die staking in Jesus Naam

jeug pastoor ·

Amen as almal net besef daar is n God bo almal en Hom begin aanroep en mense begin staan in geloof sal suid afrika begin beter word want al wat sa gaan red is geloof Amerika se God bless America dt hoogtyd ons suid afrikaaners begin se God seen Suid Afrika want sonder God se genade sien ek net teespoet vir SA en ek betraf dt in Jesus Naam

snoefie ·

deel bedankingsvorms uit. as hulle so ontevrede is met hulle posts, salarisse en voordele kan hulle bedank en die werk met salarisse en voordele gaan soek wat hulle pas. vir elke een staker is daar tien wat maar te dankbaar sal wees om die staker se werk te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.