Staking in polisie ‘is roekeloos’

Polisieminister Bheki Cele (Foto: Tracey Adams/African News Agency(ANA)

Die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het Dinsdag gesê hy is bekommerd oor die “onverantwoordelike ondersteuning” van ʼn “onwettige staking deur polisiebeamptes” en meen dit is roekeloos vir enige vakbond om só ʼn staking wat teenstrydig is met die Wet op Arbeidsverhoudinge te ondersteun.

Bespiegeling oor ʼn moontlike polisiestaking doen al sedert verlede week die rondte en Maandag het honderde polisiebeamptes nie vir werk opgedaag nie. Die grootste rede vir die staking is die uitsluiting van senior beamptes uit bevorderings.

Ivan Fredericks, algemene bestuurder van die PSA, sê dit is roekeloos dat ʼn vakbond hierdie staking sal ondersteun aangesien dit duisende polisiebeamptes se loopbane in gedrang kan bring. “Dit is roekeloos om so ʼn onwettige staking te ondersteun in protes teen diensvoorwaardes in ooreenkomste wat dieselfde vakbond onderhandel het by die Veiligheidsektorbedingingsraad (SSSBC) wat die relevante onderhandelingstruktuur is,” het Fredericks gesê.

“Die PSA is nie tans ʼn party by die SSSBC nie, hoewel dit ʼn aansienlike getal uniform-personeel verteenwoordig.”

Fredericks meen vakbonde wat wel toegelaat is tot die SSSBC het meer as genoeg geleentheid gehad om te onderhandel en te verseker dat die beweerde voorkeurbevorderings en wanpraktyke aandag kry.

“Eerder as om nou te huil oor die ooreenkoms waarop hulle self ooreengekom het, sal die korrekte prosedure wees om ʼn dispuut te verklaar oor die nie-implementering van die ondertekende ooreenkomste of die howe te nader.

“Die PSA doen daarom ʼn beroep op deelnemers in die onderhandelingstruktuur om hulle daarvan te weerhou om die land op die spel te plaas en op te tree ooreenkomstig die toepaslike wetgewing en beleid eerder as om onwettige stakings aan te moedig.”

Fredericks het gesê die PSA doen ook ʼn beroep op die polisie-owerhede om in te gryp om die beweerde wanpraktyke te beëindig om sodoende te verseker dat die polisiediens nie in gedrang gebring word nie. “Dit is belangrik om die moraal hoog te hou om te verseker dat bekwame, toegewyde personeel in die sektor hul misdaadbestrydingswerk verbeter.”

Die polisiediens word volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge as ʼn noodsaaklike diens gedefinieer.

Bheki Cele, minister van polisie, het verlede week ʼn beroep op polisielede gedoen om hul ampseed te handhaaf en die behoeftes van die SAPD, die gemeenskap, die regering en alle verwante rolspelers in gedagte te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Asjas ·

Hoe staak jy iets wat jy nooit in die eerste plek gedoen het nie?

Peter Holmes ·

Die ou regering sou nooit die gedrag geduld het nie. Hulle sou van muitery aangekla word en oneervol ontslaan word

Theoman ·

Staak? hulle hoef nie te staak nie, hulle is in elk geval nooit beskikbaar nie

alida ·

Hierdie is beplan. Nou gaan daar eers anargie losbrand want hulle weet die SAPD staak en kan niks oorkom nie. Siek siek spul.

Zorro ·

Daar is veronderstel om 25 Generaals in die SAP te wees. Daar is nou al ‘n hele paar honderd. Die ding is nou top-heavy en die Kaptein dryf nou al die Van. Nee wat, nie nog bevorderings nie. Aan die feit dat die verkeerde mense bevorder is en dat ander wat bevordering verdien het dit nie gekry het nie, kan ons niks doen nie.

Judge Dredd ·

Kan dalk goed wees:

In SA – as die polisie staak, dan neem misdaad af.

PR ·

Goeie oordeel Judge. Jy is seker nie heeltemaal ernstig, maar steeds beste humor in lang tyd.

Commander n Chief ·

Wat gaan al grootkoppe met hul BEE-range nou doen? Baie het mos sommer n paar range gespring en die “war veterans “is mos nou in beheer. Die weermag is in sy kanon, nou begin die pollisie ook staak. Wil werk he, maar wil nie werk nie! Wat beteken n generaal wat geen gesag meer het nie? Cokedoppierange!

Karolis ·

My voorstel is om die “ampseed” te skraap.
Ek hoef seker nie te verduidelik hoekom nie.

GEEN OORDEEL ·

Dis nie ‘n goeie idee maar wat verwag SAPS se top bestuur as hul ‘n klomp juniors en kriminele bevorder terwyl ander in hul range sit vir langer as 10 tot 20 jaar, net omdat hul wit is? En as ek die storie so kyk dan is dit nie eens die blankes wat staak nie. Maar ons werk ‘n jaar sonder ondervinding en wil in ‘n top rang sit net om die geld te kry. Sterkte SA, dis nag! Letterlik!

Jef ·

Die polisie in SA verdien amper 2 maal meer dan die polisie in Europa omdat veiligheid van burgers in Europa prioriteit nommer een is en hulle kla nie maar doen hulle werk

Max Berg ·

Die onwettige optog by die parlement vanoggend is deur die polisie gewettig.??‍♀️?

willem Botha ·

Dieselfde as die sa joernaliste verdraai altyd die waarheid om polities korrek te wees,staak staak nie niks gaan verander nie alles is in elk geval rommelstatus

Chris ·

Ek dink die Polisie is al lankal op Slow Strike

“The private security industry in South Africa is among the largest in the world, with over 9,000 registered companies, 450,000 registered active private security guards and a further 1.5 million qualified (but inactive) guards; many times the available personnel than the combined South African police and army.”

Helene Heyns ·

Vra vrywilligers om uit help en kyk hoe word skelms en moordenaars gejag. Hulle gaan nie gedurig sit en slaap of eet nie. Mens kan nie dit mis wat jy nie geken het nie.

Helene Heyns ·

Vra vrywilligers om uit help en kyk hoe word skelms en moordenaars gejag. Hulle gaan nie gedurig sit en slaap of eet nie. Ons gaan hulle nie mis nie want ons weet nie hoed dit is om polisie te hê nie.

Jerry ·

Ek sien die hand van die EFF in die staking. Soos hulle se, die een hand was die ander hand. Die EFF se JM word reeds deur die SAPD beskerm en met die SAPD lede in die revolusionere sakkie kan die EFF en gepeupel met SAPD beskerming, synde permanente SAPD versuim en wetsongehoorsaam vir die wetsgehoorsame opponente en die se lede, onverhinderd teiken! Kommentators het redelik gereeld aangedui dat wetstoepassers en wetstoepassing se versuim om op te tree teen radikales seer sekerlik die een enkele grootste bedreiging inhou met n legio van nadelige gevolge vir diegene wie geregtigheid nastrewe vs diegene wat wraak nastrewe. Wel, dit wil vir my voorkom asof hierdie oenskynlike eers onwettige en toe wettige SAPD staking, glad nie so n onskuldige gegriefde lede affere is as waarna dit mag lyk nie. Te veel gebeure tot nou toe impliseer dat hierdie staking EFF georkestreerd is en dat daar nou nader beweeg word na n punt toe om die idee dat lede van die SAPD deur die EFF gekaap is, te vestig!

John ·

In watter ander land in die wèreld kan unies net maak wag hulle wil en uiteindelik hul sin kry. Nog meer speletjies gaan voor die verkiesing uitgedink word.

Ray ·

Hulle eie problem wat hulle geskep het. Weermag, Polisie, gevangenes, onderwysers, dokters, verpleegsters word almal toegelaat om te staak. Dit moes mooit eers ‘n opsie gewees het nie. Minister, julle het hierdie problem vir julleself geskep

Ingo ·

Wat die artikel nalaat om te sê is die volgende:
Die Polisie wil nou alle lede wat aan spesialiseenhede verbind is bevorder van konstabel tot adjudant offisiere.
Dit is n klap in die gesig van lede wat selfs al 20 jaar diens het en steeds nie bevordering kry nie.Sommige van hierdie lede wat nou gaan bevorder word het nie eers ń jaar diens nie.
Gee daai spesialis lede dan eerder n toelaag as dit moet…maar om hulle twee range verniet te gee sal enige mens moerig maak nie saak in watter werk jy doen nie.Onthou die rang gaan gepaard met salarisverhoging.So n lid wat gister aangesluit het moet nou meer geld kry as n lid met 20 se ondervinding.
Ek sal ook staak….die regering het nie geld om lede oortyd te betaal nie,maar het geld om 1000de lede salarisverhoging te gee!

Jeremia ·

Hierrond ry van die SAPD hulle vriendinne rond met ‘n ampsvoertuig.
Indien hulle staak sal hulle hulle taxi mis.

Roelie van den Berg ·

Volgende is dit die weermag wat ook gaan begin staak.

Johanna Botha ·

Ag dis net n JOB ! ! …die 25ste kan nie gou genoeg kom nie en dink hy nou regtig mense gee om ????

emily ·

Staak maar, want helfte van julle is in elk geval Nutteloos. Ons gaan julle beslis nie mis nie.
Julle is geen voorbeeld vir enige een nie,
Een probeer meer korupt as die ander wees, Mense werk deesdae vir geld, nie vir n diens wat gelewer moet word nie. Daar is eenvoudig geen trots in wat julle doen nie.
Ek kry skaam vir my eie land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.