Staking laat Bfn-kitsbanke dalk leegloop

Argieffoto

Argieffoto

Die transito-maatskappy, SBV Services, se Bloemfontein-werknemers het Vrydag op ʼn onbeskermde staking gegaan.

Flavia de Cillia, woordvoerder van SBV Services, het die staking aan Maroela Media bevestig. “Dit is nie duidelik hoekom die werknemers staak nie, aangesien hulle weier om met die sentrumbestuur te vergader,” het sy gesê.

Volgens De Cillia probeer SBV se departement van bedryfsverhoudinge en lede van die vakbond Sasbo om met die stakende werkers te vergader om hul ontevredenheid te bespreek. “SBV poog om die kwessie so gou moontlik op te los,” het De Cillia gesê.

Volgens ʼn ingeligte bron is daar ʼn sterk moontlikheid dat die kitsbanke in Bloemfontein binne ʼn paar dae nie meer kontant beskikbaar sal hê nie indien die staking voortgaan. De Cillia wou egter nie hierop kommentaar lewer nie.

“Beperkte bedrywighede sal vandag tydens die staking plaasvind en die bestuur sal al die nodige stappe doen om te verseker dat bedrywighede Saterdag soos normaalweg hervat kan word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitstander ·

Een staking wat mens niks aan kan doen as werkers weier om te praat. Wat se nut kan dit hulle dien?
Uiteinde sal wees om almal af te dank en nuwe werkers te bekom. Daar is baie werkloses wat al te graag sal wil werk.

christene ·

Dit is ‘n wonderlike idee. Sodoende sal hul dink voor hul doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.