Staking lei tot ‘skielike agteruitgang’ van SAL

SAA-toonbank by Kaapstad- Internasionale Lughawe (14 November 2019) (Foto: Henk Kruger/African News Agency/ANA)

Die departement van openbare ondernemings sê die onlangse staking by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en daaropvolgende kansellasie van vlugte het ʼn “skielike agteruitgang” in die lugredery se finansiële posisie tot gevolg gehad.

SAL is vroeër vandeesmaand genoodsaak om byna al sy plaaslike en internasionale vlugte tydelik op te skort nadat Numsa en Sacca aangekondig het dat hul lede by die lugdiens gaan staak weens ʼn geskil oor salarisse. Dié staking het sowat ’n week geduur voordat die lugredery en vakbonde tot ’n vergelyk kon kom.

Dié optrede het die staatslugdiens nagenoeg R50 miljoen per dag gekos.

Die departement van openbare ondernemings het Woensdagaand gesê hy sal nou saam met SAL werk om dringend aksies te formuleer en die nodige steun te bied wat die lugredery in staat sal stel om sy sake voort te sit. “SAL kan egter nie ‘soos dit nou gaan’ voortgaan nie,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring sal daar onder leiding van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, eers gefokus word op die onmiddellike stabilisering van SAL wat steun van alle belanghebbendes sal insluit. Die departement beplan om dan sy aandag op ander bestuurskwessies en leierskapskwessies rig, insluitend die aanstelling van ʼn effektiewe bestuurspan.

Die departement se plan is om te verseker dat die staatslugdiens oor die medium tot lang termyn op ʼn “sterker finansiële voet” terugkeer.

“Niks hiervan kan bereik word sonder die nodige bydraes van al die sleutelrolspelers in die lugredery nie,” lui die verklaring.

Die departement sal volgende week meer besonderhede verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Andre Coetzee ·

Ai die SAL sage wat aan ploeter na niks.Hoe lank nog gaan hulle plan na plan in werking stel en misluk.Daar is geen oplossing nie.Verkoop of maak toe.Die tyd van plan maak en probeer red is lankal verby.

Werner ·

Nog net hulle glo hulle planne sal werk die hele SA is bankrot tyd dat die ligte afgesit word

Bert ·

Maar ons belasting geld gaan nog steeds soontoe geskuif word.
Wie op dees aarde sal nog ‘n saa vlug bespreek en wonder of hy/sy daadwerklik sal kan vlieg?
Hierdie staking behoord nou regtig die laatste druppel in die emmer te wees tot die finale bankrotskap.
Om verdere belasting geld te bespaar moet ons saamstaan en eenvoudig nie meer saa vlieg nie, selfs die anc sal dit dan nie al die geparkeerde vliegtuie aan die gang wil hou nie.

Dries ·

Een ding is seker jy weet nie of jy daar anderkant gaan aankom as jy SAL vlieg.

Wielspore ·

Hopelik het SAL stakende werkers ‘n les geleer en ek hoop dat ander voornemende stakers kennis neem van wat die gevolge is van ‘n staking.

wilma ·

Hoe lank wil hulle nog probeer om dinge reg te ruk? Almal lek al seker hul lippe af vir lekker Krismis-bonusse want dit is mos maklik om geld uit die leeggesuigde belastingbetalers te kry waarvan meeste nie eers meer weet wat ‘n bonus of ‘n verhoging is nie!

JV ·

Die SAL wil personeel minder maak, so begin by die stakers, raak ontslae van almal wat gestaak het en hou die wat nie gestaak het nie.

Totaal Oorbluf ·

Die stakers verstaan nie hoe die ekonomie werk nie, selfs sommige ministers verstaan nie dat as n besigheid nie wins maak nie, dit nie kan oorleef nie. Belastingbetalers kan mos opdok!

Gemaskerde Sopbeen ·

Yeah right………nou blameer ons die werkers en die stakers? Maar wat van die top-bestuur wat die plek oor die afgelope 25 jaar geplunder het tot waar dit nou is? NIKS word daaroor gesê nie? Niemand word verantwoordelik gehou nie. Niemand gee ‘n verduideliking nie. Dis nou net die oor en weer “blame game” wat binnekort uitgespeel gaan word. En die “verantwoordelikes” rondgeskuif word na nuwe poste toe, waar hulle kan voortgaan met hulle onvermoë? Hoekom word dit toegelaat?

John ·

Gordhan is nie meer in die posisie om enige aksies te neem nie. Hy word van alle kante bedreig en beheer en Cyril is besig met vrouesake… so agter die voorskoot soort van… om nie enige verantwoordelikheid te neem nie. Inderwaarheid loop dinge erger en erger met die regering se tjorretjie al op die rims op die sinkplaatpad. Groot gryp vir nog uitredding begin nou neig na wind en stoppels… maar ons hou die blinkkant bo vir beleg-gers.

Jan ·

Skielik agteruit gegaan skielik R50 miljoen n dag skielik R 1.5 miljard n maand……wonder wie glo die nonsens

JV ·

Die R50 miljoen per dag waarvan hulle praat is ook nie heeltemal waar nie. Dit was maar net die omset (reiskaartjies). Onthou, as die mense staak word hulle nie betaal nie, die vliegtuie gebruik nie brandstof nie, daar is nie kos op vliegtuie wat betaal word nie, daar is nie Landingsfooie wat betaal word nie, en… en… So, nee, dit het die SAA nie R50 miljoen per dag gekos nie.

Bert ·

Ons moet staak om met saa te vlieg.
Niemand sal kan regverdig om ‘n klomp geparkeerde vligtuie en personeel met belasting geld aan die gang te hou.

Anti SAA ·

Laat Branson SAA koop want glo my die lot gaan nie wegkom met strikes en niks doen soos wat hulle nou doen nie. Dis tyd daar ‘n wake up call kom vir swak diens in SA. Ons vlieg nooit SAL nie want die diens is regtig pateties en almal hang net rond by die check in counters en is te lui om te werk maar hulle soek als!!

Bert ·

Selfs Branson sal maar net na die vakbonde moet luister anders brand hulle eenvoudig alles af, soveel mag het hulle nou al.
Dieselfde geld vir de Ruyter wat eskom ‘gaan regruk’

Schalla ·

Ek dink Branson sal wye sirkels om SAL hardloop. Hy het nou die dag eerstehands kennis gemaak met Suid-Afrika se black twitter en het sekerlik daaruit geleer dat geen goeie daad ongestraf bly nie. Hy het ‘n foto durf tweet waarin daar nie ‘n enkele swart gesig was nie en sy kop is daaroor afgebyt tot hy naderhand stert tussen die bene om verskoning gevra het. Sy beleggings en filantropie bevoordeel grootliks swartes maar dis die dank wat hy kry! Verbeel jou hoe sy kop afgebyt sal word as hy die onaangename (maar regte) taak begin om vet uit te sny en werkers en bestuurders te verminder. Hopelik het dit hom die werklikheid van SA samelewing laat sien. As ek hy was het ek wye sirkels om dit geloop en dit baie katvoet benader….

Judge Dredd ·

Moes al ‘n paar jaar terug toe gemaak of verkoop word – hoevveel meer miljarde het die belastingbetaler nie nou al verloor nie?

Peet ·

“Skielike agteruitgang” nie gedink ons gesaghebbers en septerswaaiers kan nog sulke fyn humor uitdink. Eisj.

Feite ·

Hoekom nou n effektiewe bestuurspan aanstel, hoekom nie reeds die oomblik toe Dudu Mnyeni vervang was juis omrede daar toe reeds aanduidings van staatskaping wanbestuur was? Die rede is omdat die ANC heimlik as n kollektief almal deel was van staatskaping om die rand te laat val en die staatskaping status quo wou behou wanneer die ANC die rand weer optel vir die ANC. Die plan is egter besig om te ontspoor omrede die ANC beheer verloor het om die skade te beperk tot by n punt waar die rand weer opgetel kan word!

Anti Da ·

Daar is nie n hasie in die hoed meer nie. Hasie het in 94 die pad gevat.

EKKE ·

Ek stem saam met JV. Raak ontslae van die stakers. Daar is baie mense wat maar te dankbaar sal weer om ‘n werk te kan kry. Met hulle gestakery, het hulle, hulle self in die “voet geskiet”.

Leon ·

Gaan hulle gekwalifiseerde wit lugvaart kenners aanstel Ba, wil dit nog sien. Hulle sal net nog kaders aanstel wat hom verder in die grond in gaan plunder.

Andre ·

Nou kry die staking die skuld vir hulle gemors. Dit is maar net deel daarvan.

Coco ·

Laat die vakbonde die stakers se salarisse betaal want hulle het gese om te staak en regeer mos die land

Izak ·

Moes mense afdank, dan staak ons en dring aan op verhoging, hoe op aarde kan dit so werk, maak geen sin nie, vakbonde te magtig

Jack Sadie ·

Kan enigiemand vir my sê wat al die kripvreters se lewenslamge gratis vlugte se jaarlikse koste is?
Sal jy iets wat jou so mildelik voed toemaak as jy een van die kripvreters is?

Stuiwer ·

Skielike agteruitgang in finansiële posisie? Nee, dit kom al jare aan. As my werkgewer mense wil minder maak, omdat die finansies swak is, waarom staak vir salarisverhogings? Waar moet die werkgewer die geld kry? Hulle wil dan juis mense verminder omdat hulle nie genoeg geld het nie. Kan hierdie mense nie dink nie? Nee, hulle luister na die vakbonde, hang aan hulle lippe, want hulle word die maan en die sterre belowe. Die vakbonde maak hierdie land dood. Daar gaan niks oorbly nie en dan gaan almal wil weet hoekom. Skrik wakker!!

Stof ·

Hoe raak hierdie verwikkelinge die funksionering van Jan Smuts ten opsigte van ander vlug-operateurs se dienste wat ook daar land?

Te Realisties ·

Hoe betaal n bankrot instelling nog 13de tjeks?
Malligheid kwadraat.

E.K. die eerste ·

Johannes Kerkorrel het gesing: “Sit dit af, sit dit af!” Ek wil sing: “Maak dit toe, maak dit toe!”

Adam ·

Hierdie “skielike agteruitgang” is ‘n eerste vir my. Hoe op aarde kan jy skielik agteruitgaan indien jy lankal tegnies insolvent is. Dooies kan immers nie meer dood word nie. Maak die SAL dadelik toe. Daar is geen rede hoekom SA ‘n staatsbeheerde lugdiens aan die gang moet hou nie.

JohanR ·

Hello belastingbetaler dit is die SAA hier. Ons soek nog geld! Dankie dat julle al soe baie gegee het maar die tenk is alweer leeg. Dit gebeur soe elke drie jaar, soe 1997, 2000, 2003, 2006, 2009, 2012, 2015, 2018/19/20(hier was nou ‘n krisis), 2023, 2026, 2029, 2032, 2035, en dan totdat 1000 jaar verby in 2994, is en die ANC is nie meer…..geklap geklap geklap, gejuig gejuig gejuig!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.