Staking oor lone raak gewelddadig

Foto: Facebook via Henry Marais

ʼn Staking deur werkers by die Makro-winkel in Woodmead, Johannesburg, het Vrydag gewelddadig geraak toe stakers na bewering voertuie met klippe bestook het.

Die werkers by die winkel staak al die afgelope week weens ontevredenheid oor lone.

Marune Rossouw, ʼn werknemer van Thomson Reuters, het aan Reuters gesê sy is saam met ongeveer 50 ander mense in die winkel vasgekeer aangesien betogende werkers buite die winkel klippe na verbygaande voertuie slinger.

“Ons is binne vasgekeer, in die drankafdeling, en die mense toyi-toyi buite,” het sy telefonies gesê. “Hulle het vir ons gesê om na die agterkant van die winkel te beweeg.”

ʼn Woordvoerder van Massmart, die Suid-Afrikaanse afdeling van Wal-Mart wat die winkel bedryf, kon nie onmiddellik die voorval aan Reuters bevestig nie. Kapt. Allie Kodisang, woordvoerder vir die polisie in die gebied, kon ook nie die voorval bevestig nie en Maroela Media wag op meer inligting.

Intussen het gebruikers op sosiale media ander gewaarsku om die gebied te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Brannas ·

Jy se julle vasgekeer in “drank Afdeling”?…………..Ek sal ok wees!……Moenie worry nie!!……..julle kan my volgende week kom red!!……

Eish ·

Sit nou net en dink of hul kla of spog.
Indien die staking landswyd gaan uitbrei, is dit nag vir die groep. Daar is n klomp besighede wat onder die Massmart maatskappy ressorteer en derduisende mense in hul diens.

Al ·

Wag tot die vierde werksrevolusie aanbreek, wat mense met robots vervang. Dan gaan hierdie ondankbare werkers lang trane huil op sypaadjie oor ñ maandelikse loon.

Tweety ·

As n mens so na die foto kyk van hoe dit buite Makro lyk met die staking is dit darem baie hardseer om te dink nadat alles verby is gaan daardie selfde mense wat so plunder weer terug na hulle verskillende afdelings in Makro om te werk :( Ek dink ons almal kan verstaan waarvoor of waaroor julle staak

Christine ·

Ja nee kyk Brannas hoe lekker lag ek nou vir jou. Laat hy val waar hy wil!! Almal is al keelvol

Carol ·

Ek sit nou juis en niks doen nie. Dalk moet ek saam gaan toi-toi….. :(

anton ·

In Pta staak die klomp ook.
Wie sal dan werk as hulle kan staak!!!

Hanna ·

Hartseer! Weet v soveel mense wat sonder werk sit… Hardwerkende, betroubare Suid Afrikaners wat smag daarna om vir hul gesinne te kan sorg. Maar hierdie mense is wit. Need I say more?!

Lea ·

Jaag almal weg as hulle nie wil werk nie daar is so baie mense wat sal straat vee vir werk!!!Ek weet wat mense wat 12 ure werk per dag vir n rare fooi!!Nie eers genoeg om n ordenklike bly plekte bekostig nie maar werk werk hulle!!!

Burt ·

Dank hul almal af en stel mense aan wat wil werk en dit waardeer

A. Mac ·

Dan is daar mense wat wonder hoekom party besighede net blankes wil aanstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.