Ongeveer 5 000 werkers in die suikerbedryf begin Dinsdag staak ná loononderhandelings vasgeval het.
Werknemers van Tongaat Hulett en Illovo Sugar eis ʼn loonverhoging van 10.5%, terwyl die werkgewers se finale aanbod steeds op 8.5% staan.
Michelle Jean-Louis, woordvoerder vir Tongaat Hulett, het Maandag gesê die werkers is geregtig daarop om te staak. “ʼn Stakingskennisgewing is kragtens die onderhandelingsproses op 23 Mei uitgereik,” het Jean-Louis gesê. “Volgens hierdie kennisgewing mag die werknemers van Dinsdag, 27 Mei, ʼn beskermde staking onderneem.”
Sy sê vakbondverteenwoordigers en bestuur in die suikerbedryf het Maandag steeds vergader om ʼn bevredigende oplossing te vind. -SAPA
Wil die heele land nie maar net strike nie??