Staking verskerp by SAL

SAA-toonbank by Kaapstad- Internasionale Lughawe (14 November 2019) (Foto: Henk Kruger/African News Agency/ANA)

Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het oor die naweek met die bestuur van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vergader onder leiding van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die doel van die vergadering was om die dispuut tussen die partye op te los.

Numsa en Sacca het gesamentlik die besluit geneem om by SAL en SAL Tegnies te staak.

“Ná ʼn lang vergadering het ons Saterdagaand verdaag, sonder dat die probleme opgelos is. Die gesprek het vasgeval. Dit is duidelik dat die bestuur van die SAL nie bereid is om te doen wat nodig is om die lugdiens te red en korrupsie te beëindig nie,” het Zazi Nsibanyoni-Mugambi, president van Sacca, en Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa, in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

“Een van ons belangrikste eise hou verband met inkontraktering, omdat ons weet dat dit nodig is om die lugdiens se kontantvloeiprobleme op te los. Die bestuur van SAL weier om aan dié eis te voldoen en dit bevestig vir ons dat hulle oneerlik is as hulle sê hulle wil die lugdiens red. Dit is ook bevestig deur die besluit om bykomende vlugte Sondag te kanselleer. Die werkgewer wil nie die dispuut oplos nie.”

Numsa en Sacca het onderneem om die staking te verskerp. “Die raad en sommige uitvoerende bestuurders sal eerder wil sien hoe die SAL ineenstort, as om korrupsie, plundery en wanadministrasie uit te roei. SAL moet drasties sy kostes besnoei. Dienste wat intern gedoen kan word, is ʼn voor-die-hand-liggende oplossing. Die feit dat hulle weier om dit te doen, is ʼn teken dat hulle wil hê die lugdiens moet ineenstort.”

Numsa is besig om met werkers in gesprek te tree vir ʼn sekondêre staking in die lugvaartbedryf. “Ons het reeds met die proses begin om in gesprek te tree met die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO), Mango Airlines, Safair, SA Express, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), Reshebile Security, Morena Cleaning, Vizini (instandhoudingsmaatskappy), Azda, Swissport, Bidair Services en Comair vergader. Ons tree ook in gesprek met spysenieringsmaatskappye soos Airchefs, Food Direction, LSG SkyChefs en Dnata.”

Die vakbonde het gesê hulle doen ʼn beroep op al hul lede in dié maatskappye om saam te staan, omdat veranderinge by die SAL hulle ook sal raak. “Die lugdiens kan en moet gered word om poste te beskerm. SAA Group bied verskeie dienste aan verskeie lugrederye. Van hierdie dienste sluit tegniese en instandhoudingsondersteuning, lugredery-spyseniering, vrag en ander dienste in. As die lugdiens geprivatiseer word, dan sal alle werkers, in al hierdie maatskappye, op een of ander manier hierdeur geraak word. Ons sal nie toelaat dat hierdie korrupte raad en senior uitvoerende bestuur die lugdiens deur korrupte kontrakte vernietig nie.

“Die sekondêre staking sal die hele lugvaartbedryf tot stilstand bring, want dit is duidelik dat die regering, as ʼn aandeelhouer, eerder werknemers sal opoffer, as om die korrupsie by staatsentiteite – spesifiek die SAL – te hanteer.”

Die vakbonde het gesê dit is ʼn “gewelddadige aanval op die werkersklas deur die neo-liberale kapitalistiese ANC-regering” en vereis “dat die werkersklas reageer”.

“Al hierdie staatsbeheerde ondernemings kan gered word, omdat hulle strategiese entiteite is wat duisende mense in diens neem. Dit is slegs weens doelbewuste wanbestuur dat hulle op die randjie van ineenstorting gebring is.”

Nsibanyoni-Mugambi en Hlubi-Majola het gesê hulle verwelkom die ondersteuning van politieke partye soos die Socialist Revolutionary Workers Party (SRWP), Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en Land Party wat saam met hul lede aan die betogings tydens die staking deelgeneem het.

Hulle nooi ook lede van Saftu, Cosatu, Satawu en NTM om by die staking aan te sluit.

“Wat uiteindelik by die SAL gebeur, gebeur met ons almal. Daar is geen doel daarmee om ʼn loonooreenkoms te onderteken as ons nie finansiering daarvoor kan bekom nie. Dit is noodsaaklik dat ons die senior uitvoerende bestuur aanspreeklik moet hou vir al die korrupsie en plundery.”

Die vakbonde doen ʼn beroep op die ministers van openbare ondernemings en finansies om in te gryp.

“Hierdie sekondêre staking sal ʼn negatiewe impak hê op die ekonomie en ons doen ʼn beroep op die ministers om in belang van ons almal op te tree en nie net die belange van wit monopoliekapitaal te dien nie. Acsa en die BLO sal daaronder ly as die staking voortduur, en dit sal ʼn impak hê op toerisme. Ons het geen ander keuse nie. As lede van die werkersklas is ons gedwing om hierdie drastiese stappe te doen om verandering by die SAL te verseker.”

Die SAL was van plan om alle internasionale en plaaslike vlugte Maandag te hervat. Die vakbonde waarsku egter passasiers om nie met SAL te vlieg nie, omdat “hul veiligheid nie gewaarborg kan word nie”. “Leerlingvlieëniers sonder enige vlugervaring en tydelike tegnici word ontplooi om SAL-vliegtuie te vlieg en as veiligheidsbeamptes op te tree. Die tydelike tegnici het nie enige werkservaring nie en word gebruik om aan die vliegtuie te werk sonder dat hulle die nodige ervaring het in instandhouding en herstelwerk. Ons waarsku die publiek: as hulle tydens die staking met SAL vlieg, is hulle lewens in gevaar. Ons weet nie hoe die BLO dit kan toelaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Sarel ·

Wat ek nie mooi verstaan nie. Die Vakbonde is bewys dat SAL finansierl in die verknorsing sit maar eis steeds salaris aanpassing?

Hendrik ·

Verkoop!! Haal die hele ding uit die belastingbetalers se sak uit

Neels ·

Mooi gaan aan nog n melk koei in doe drein af. Wie moet ons bedank die (we wants) vakbonde en die korruptenaare . Daar is nie meer veel oor in die land om te plunder nie.

Voetganger ·

Boikot SAL , vlieg met enige ander lugdiens en en die stakers kan dan permanent hul staking geniet.

Leon ·

Maak SAL toe. Ons het nie ‘n staats lugdiens nodig nie.
Ja, daar gaan werksverliese wees. Ja, die unies gaan baie inkomste verloor. Nee, die unie gaan nie bankrot speel nie (so deksels jammer). Die personeel van SAL wat die moeite werd is sal gou werk kry by ander lugdienste. Dit gaan nie oor die SAL sse personeel nie, dit gaan oor die unie se grootkoppe se duur lewenstyl wat hulle wil handhaaf.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie is nou die mees gulde geleentheid om van SAL ontslae te raak. Trek af en plak toe. As die plek eers gevou het, hoef die belastingbetaler dit nie meer te finansier nie. Dit het in 25 jaar GEEN wins gemaak nie….NET die kaders se sakke vol gestop. Dit moet end kry.

Hennie ·

Die geld wat so “gedpasr” gaan word, sal net elders in n diep donker swary gat verdwyn…

JZ ·

Gaan nie help nie as dit gebeur staak hulle weer om die besigheid terug te kry sodat hulle weer kan staak.

Gehasie ·

8% onder die huidige ekonomiese ANC klimaat is dik vir ‘n daalder. Die Vakunie opper vliegveiligheid en leerlingvlieëniers as redes hoekom ons nie met SAL op die oomblik moet vlieg nie wat absolute snert is. Sukkel om die verskil tussen die stakende Vakunies en regering te sien.

KrokodilBotha ·

Julle sal meer belasting moet betaal, ons kan nie toelaat dat onse trotse lugdiens ten gronde gaan nie. En die unies vra meer pay. Dink aan daai reenboog en skud julle sakke.

Kerneels ·

Dink aan die wêreldbeker en betaal ekstra belasting. So word nasiebou mos gedoen.

Marius ·

Daar is te veel reg in die stakers en vakbonde se hande wie is in beheer van die land a&c of vakbonde of is vakbonde in beheer van die a&c ?? Jy kan mos nie bloed uit n klip tap nie almal weet SAL is besig om sy “sterre” the sien ma dis mos die nuwe in ding melk hom tot hy leeg is Dan kom daar net ondersoek na ondersoek na ondersoek wat ons ook miljarde kos wat ook niks van kom nie so wat se dit vir ons ?

Wielspore ·

Die vraag is, wie bedien die SAL in SA?
Seker 0.009% van die Suid Afrikaanse burgers vlieg seker met SAL en dan word hy teen ‘n verlies bedryf.
Ek sou eerder SAL toemaak en die kapitaal gebruik om ‘n beter vervoer stelsel te ontwikkel waarby meer Suid Afrikaners kaan baatvind en die ekonomie stimuleer. Soos byvoorbeeld die opheffing van alle tolhekke en tolgelde.

chrisjan ·

Tyd dat die regering ingryp en die staking hardhandig beeindig.Dis nonsens dat vakbonde stakings uitroep terwyl hulle weet die redery is bankrot.O’f die werkers aanvaar die SAL se aanbod o’f hulle bedank en loop.Daar is BAIE ander werkloses wat werk soek.

remondo ·

Ja Staak SAL in die afgrond in , verkoop die Belasting las . Unies dink net aan hulle inkomste gee nie n duit om virwerkers nie. eenvoudig in huidige ekonomie IS daar nie werk nie wees bly jy het nog n werk , gee n bietjie toe vir nou en verseker dat jou kinders kos, n dak en klere het.

Johan ·

Dis reg dat hulle voluit staak want dan tuimel die SAA gouer ineen. Daar sal aanvanklik groot verliese wees maar op die lange duur sal Suid-Afrika miljarde spaar. Staak manne! Staak!

Grassie ·

Eish, I did not think this SAL will close down, now I overplayed my hand and will soon backtrack or blame someone else for all these job losses! Just close them already, take all the other state companies and close them as well!! They are only costing the minority taxpayer a lot of money and does not provide any proper service!

Bert ·

Kry hierdie stakers ook soos oorsee ‘n staakvergoeding uit van die vakbond om in ‘n mate op te maak vir die verlies aan inkomste?
Ek dink nie so nie, dis hoekom ‘n staking hier so lank kan aanhou want die vakbondleiers voel vere in teenstelling tot oorsee waar ‘n uitgerekte staking die vakbond bankrot sou maak.
Is die stakers bewus hiervan?

Bert ·

Ek lees iewers dat saa laasjaar R9 miljard verlies gemaak het.
Teen 4300 werknemers teen se maar R1 miljoen elk per jaar is dit 4.3 miljard.
Dus maak toe, betaal almal nog steeds R1 miljoen elk per jaar en bespaar dus nog steeds R4.7 miljard per jaar!!!!!
Hier is iewers baie groot fout.

JZ ·

Die probleem is die fakbonde wil SAL se probleem op los deur te staak,net so goed as om n melkkoei se voer weg te neem en dink jy kan hom nog altyd melk. Begin al klaar hulle self te verontskuldig en die skuld op ander te pak.,vergeet dat hulle staak en die oorsaak van als is.

Justice ·

Die werkers unies vernietig die land. Stop eerstens die bloeding met ‘n onaangename besigheidsbesluit – maak die bodemlose put SAL onmiddelik toe en skryf die skuld af. Virgin se Brandon kan dan die uitstaande huur op die vliegtuie oorneem en die mpy herstruktueer na goedunke. Hierdie is die slegte medisyne wat die belasting betaler nou sal moet neem. Ons kan die aangaande verliese nie verder befonds nie.

Saint ·

Die vakunies wil aanhou staak vir beter voordele

Hou maar aan met staak dan kry julle NIKS..

Bert ·

Kom ons wees eerlik mense.
Hierdie wensdenkery van toemaak gaan NIE gebeur nie.
Die saa direksie wat met die vakhonde vergader sal self hul uiters goed betaalde joppie verloor as hulle sou toemaak.
En waar gaan hy/sy weer ‘n betrekking kry met saa direksielid op hul CV, dit sou mos bewys hulle is useless.

Swerwer ·

Qantas het 129 mense/per vliegtuig indiens..SAL het 957 mense/vliegtuig. Dis werkskepping. SAL gaan nie toemaak nie. Die reddingsboei word geteken!!

Pieter ·

Jou argument is goed, net die som ietwat verkeerd. SAA het 10071 werkers in diens, en 50 vliegtuie. Dus het hulle 201 werkers per vliegtuig. Dit vertoon baie swak teen die gemiddelde internasionale syfer van omtrent 125 werkers per vliegtuig.

John ·

Ons vier dalk Kersfees onder ‘n noodtoestand. Met Eskom wat ook moet herstruktureer is die unies besig om moeilikheid op te kook. Daar sit meer agter al hierdie rebelsgeit. Die EFF en ander roer dalk die pot vol gif en gooi nog ou ‘batterye’ en dooie paddas by. ‘n Z of twee kan dalk ook hoop alles val uitmekaar vir ‘n nuwe dawn uit die Ooste. Indien lekkergoed en koekies vir die stouterds beplan word en ‘n mooi groot persent vir al die lyding sit ons in 2020 in 20-carch22.

Thys ·

Ongelukkig nie so maklik nie. Sommige roetes word net deur SAL bedryf, en dit is baie duurder om met ander rederye te vlieg

Watookal ·

Hoe gaan ek nou weet wanneer die ‘vliegtuig’ oor is?

Pieter ·

Verkoop die kader ontplooide gemors aan die vakbond vir R0.00 . Dan kan hulle mos self die nodige stappe neem om die voordele van onteiening sonder vergoeding te smaak.

Piesang ·

Ons het in 2004 die eerste keer oorsee gevlieg. Met SAA. Daarna het ons besluit nooit ooit weer met SAA nie. Intussen was ons a vier maal oorsee en vlieg die 30ste weer Londen toe. Elke keer het ons met ‘n ander redery gevlieg en die swakste van hulle was 100% beter as SAA. Selfs Air Kenia! Niemand van ons familie of vriende vlieg SAA nie. Dis beter dat hulle nou toemaak voordat die vliegtuie begin neerstort, want dis net ‘n kwessie van tyd…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.