Staking vertraag nadoodse ondersoeke in Gauteng

Argieffoto

Die voortslepende staking deur forensiesepatologiewerkers in Gauteng vertraag die vrystelling van nadoodseondersoekverslae en begrafnisse, het die DA Dinsdag gesê.

Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid, het gesê die lykshuis wat die ergste hierdeur geraak word, is in Germiston, Ekurhuleni, met 65 liggame wat ophoop as gevolg van die onwettige staking. “Dis baie ontstellend vir families om te wag om hul geliefdes te begrawe weens dié onwettige staking,” het Bloom gesê. “In een geval probeer mnr. Naledzani Netshikulwe om die liggaam van sy broerskind, wat verlede week Donderdag gesterf het, te bekom. Hy het gesê hulle kan nie die liggaam kry of ʼn doodsertifikaat bekom nie, want hulle kan dit nie sonder die nadoodse verslag doen nie.”

Honderde werkers in die provinsie het verlede week begin staak.

Dr. Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid in Gauteng, het in Januarie ingegryp en gehelp om vyf liggame aan hul families te besorg wat by die Diepkloof-patologiedienssentrum in Soweto gehou is.

Die stakende werkers het ʼn finale waarskuwing ontvang om hul normale pligte te hervat, of hulle sal dissiplinêre stappe in die gesig staar, aangesien hulle ʼn tussentydse uitspraak in die arbeidshof in 2016 verontagsaam.

Bloom het gesê die werkers se griewe hou verband met beloftes wat nie nagekom is nie ná hul staking in Junie verlede jaar. Hy het gesê hy hoop die departement sal die staking kan oplos en seker maak dat die ooreenkoms, wat verlede jaar aangegaan is, ten volle geïmplementeer word.

Dr. Medupe Modisane, uitvoerende hoof van forensiesepatologiedienste in Gauteng, het bevestig dat die staking verhoed dat liggame vrygestel kan word. “Daar is ʼn klagte oor formele opleiding. Nadoodse ondersoeke word hierdeur geraak en die oorledenes kan nie begrawe word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

christa ·

Die staakers moet almal weg gejaag word sodat mense wat wil werk daar kan werk. Het die mense geen mentaliteit of enige respek vir siekte of dood nie? Ons land is besig om agteruit te gaan met ‘n regering wat sulke dade toelaat

MAGDA ·

Christa: Hulle het geen mentaliteit of respek vir ‘n lewende mens nie so hoe sal hulle dit nou vir ‘n oorledene he? Stem saam dat as jy nie wil werk nie moet jy gly en iemand anders die geleentheid gegun word wat regtig wil werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.