Stakings beplan teen nuwe Pensioenwet

Numsa-lede tydens 'n vorige betoging. Foto: numsa.org.za

Numsa-lede tydens ‘n vorige betoging. Foto: numsa.org.za

Die metaalwerkersvakbond Numsa het Vrydag gesê sy werkers beplan ʼn twee dag lange staking teen die nuwe pensioenwet wat werknemers verhoed om hul pensioene te onttrek as hulle bedank.

Die vakbond het in ʼn verklaring gesê as daar nie ʼn aanvaarbare ooreenkoms met werknemers aangegaan word nie, sal die werkers voortgaan met die staking soos dit wetlik hul reg is. “Numsa doen ʼn beroep vir soortgelyke veldtogte vanaf die publiek en ander vorme van betogingsaksie. Die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) sal in kennis gestel word van die presiese aard van die betogingsaksie en die datums wanneer dit sal plaasvind,” lui die verklaring.

Cosatu het ook Donderdag aangekondig dat sy lede ʼn reuse-staking beplan teen die Wysigingswet op belastingadministrasie wat pres. Jacob Zuma onlangs onderteken het. Die vakbond eis dat die nuwe wet herroep word voordat dit op 1 Maart in werking tree.

Cosatu meen die wet, wat werknemers verhoed om hul pensioene in kontant te laat uitbetaal wanneer hulle bedank, weerhou werkers van hul swaarverdiende geld.

Volgens Numsa voorsien ʼn aftreefonds werkers nie van ʼn genoegsame pensioen wanneer hulle aftree nie. “Dit is hoekom werkers al vir jare gesê het hulle verkies ʼn voorsorgfonds wat hulle die keuse gee om hul spaargeld te laat uitbetaal of dit as ʼn pensioen aan te wend. Dit is ver verwyderd van die verpligte stelsel wat die regering nou wil instel.”

Lees meer oor die wysigings aan die Pensioenwet op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Paul ·

Die wet verhoed nie werkers om hul pensioene te onttrek as hulle bedank nie.

Henri ·

Nog nie Paul, hulle verader maklik enige wet, kyk wat hulle als probeer het met die e-Toll storie, en duidelik is dit nog nie eers naby klaar nie.

tamboti ·

Dit was reede wet in ou SA, net klein bedrae kon alles met een slag onttrek word – anders moes 2 derdes gebruik word om pensioen aan te koop of verder bele.

Paul ·

So hulle baklei teen iets wat nie ingestel is deur ‘n wet nie?

Die nuwe wet keer nie dat mense hul pensioengeld of voorsorgfondsgeld kan kry indien hulle bedank of ontslaan word by hul werk nie.

M ·

Hierdie nuwe wet is maar net om mense te help om nie hulle pensioengeld met eenslag uit te mors nie. Party mense kan mos nie met geld werk nie en sodra hulle geld het word dit uitgemors. SOrg maar net dat jy jou geld by betroubare instansie bele.

Johan Kuhn ·

Numsa is ontevrede met hulle regering se besluit en kom verkiesings tyd stem hulle maar weer vir die selfde regering. Numsa en die sulkes speel maar net wolf wolf.

Tweetie ·

Die regering wil alles beheer, en as jy afgetree het is jy mos mooi groot om te besluit wat jy wil doen met jou eie geld…. maar ja, daar is wel diegene wat al hul pensioengeld uitmors asof die lotto gewen is, en dan gaan staan hulle weer bakhand vir staatstoelae. Ons moet maar net hoop die pensioenfonds stort nie in duie nie

GERRIT ·

MOOI SO NUMSA,JY IS N VOORBEELD VIR REGVERDIGHEID.DIT RAAK ALMAL WAT N PENSIOEN HET.

Patsy ·

Die nuwe wetgewing verhoed net dat die mense bedank om hul pensioengeld in die hande te kry om skuld te delg en die dag as hul aftree moet die Staat (ek en jy) vir hulle sorg. Die nuwe wetgewing is eintlik heel logies. Dit is slegs jou bydraes na 1/3/2016 wat betrokke is. Voor dit is jou geld veilig en jy kan dit alles in kontant kry as jy bedank of aftree. Die afsny bedrag is R247 500.00. Maw as jou pensioenwaarde by die fonds (na 1/3/2016) minder is as hierdie bedrag sal jy jou pensioen in kontant kry as dit meer is sal daar ander opsies wees soos bepaal deur die betrokke fonds waaraan jy behoort.

RITA ·

Gelukkig is die wat oor 55 is. Hulle kan al hulle geldtjies kry. Ongelukkig is baie mense nie “money wise nie” Spandeer R500 as hulle net R200 het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.