Standard Bank jammer oor “tegniese haakplekke”

Argieffoto

Argieffoto

Standard Bank het om verskoning gevra nadat “tegniese haakplekke” Maandag tot gevolg gehad het dat die bank se kliënte glo vir ure nie kontant kon onttrek of hulle debietkaarte by betaalpunte kon gebruik nie.

“Die bank betreur enige ongerief wat veroorsaak is,” het Funeka Montjane, Standard Bank se uitvoerende hoof van persoonlike- en besigheidsbankdienste, in ‘n verklaring gesê.

“Ons ondersoek die oorsaak. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorval deur ‘n probleem met ons hardeware veroorsaak is.” Montjane sê die stelsel is binne twee uur herstel.

Talle gebruikers op sosiale media beweer egter dat die probleem veel langer geduur het. Kliënte sê hulle kon nie kontant onttrek of hul debietkaarte by betaalpunte gebruik nie. Die bank se selfoon- en internetbankdienste was ook nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

JAMMER…Raak ook soms oorbodig, jammer werk nie meer nie, dit gebeur nou net te veel ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.