Standard Bank skenk reusebedrag vir Wes-Kaap

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Standard Bank het ʼn dringende skenking van R10 miljoen gemaak ten bate van noodverligting ná vandeesweek se storms en brande in die Wes-Kaap.

Jene Godfrey, woordvoerder vir Standard Bank, het gesê hulle is diep bekommerd oor die verwoesting wat vandeesweek in die Tuinroete en groter Kaap-omgewing gesaai is en skenk met “hoop vir ʼn beter môre” dié reusebedrag.

“Ons betoon ons diepste medelye met dié wat geliefdes verloor het in die verskriklike brande. Ons dink ook aan diegene, veral die kwesbares, wat ontwortel en blootgestel gelaat is ná die brande,” het Ben Kruger, hoof uitvoerende beampte van Standard Bank, gesê.

“Mag die geld ʼn bietjie verligting bring aan diegene wat geraak is deur die brande. In sommige gebiede gaan hele gemeenskappe hervestig moet word, my enigste hoop is dat die geld ʼn verskil sal maak,” het Kruger gesê.

Standard Bank het ook in samewerking met hul takke in Knysna, Plettenbergbaai, Mosselbaai en die groter Kaap-omgewing gehelp om komberse, koeldranke vir die brandbestryders, klere en kos in te samel. Standard Bank het ook spesiaal aangewese versekeringskonsultante by elke bank gevestig wat net met eise sal werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Liesl D ·

Wow DANKIE Standard Bank wens julle was my bank. Kom FNB wys dat jul ook n hart het!

Kaspaas ·

Goeie gebaar net jammer die berig lig ook uit dat beide FNB en ABSA ook R10 miljoen rand elk skenk nie.

Derick ·

Dit is al Donderdag op verskeie nuus bulletins berig dat ABSA R10 miljoen geslenk het …… voor enige ander banke

Niel ·

Wel vir jou inligting het Absa al vroeër in die week R100 miljoen tot die Rampfonds bygedra! Nie net vir Knysna nie, maar al die ander brande ook!

Kaspaas ·

Dankie Derrick en Niel ek sien nou my plasing kon die verkeerde boodskap gestuur het wat ek wou se, my fout. Die punt wat ek wou maak was die berig praat net van Standard Bank maar beide FNB en ABSA het reeds verlede week R10 miljoen skenkinkings elk gemaak.

pbotha ·

well done ouens! dis in tye soos hierdie wat julle n verskil moet maak…en julle doen.

Richie Rich ·

Kom Nedbank Private Bank..wys jou staal..Welldone Standard Bank.

René Prinsloo ·

Uitstekende nuus. Hoop die ander banke doen dieselfde en ALMAL word gehelp. Dankie!!!!

Jan Publiek ·

Ek is dankbaar oor al die skenkings. Maak asb seker dat dit by die regte mense uitkom en dat die volle bedrae daar uitkom ? Ook die kos en klere. Dit moet net na brand slagoffers gaan en nie na enige jan rap en sy maat nie.Dankie aan almal en al die instansies.

willie ·

jy haal die woorde uit my mond Jan, presies wat ek wou versoek!

Ingedoen ·

Kou maar swaar aan hierdie skenking van Standard Bank. My hart gaan uit na almal in Knysna en elders wat reuse skade opgedoen het. Die vraag aan Standard Bank is : Daardie werklike versekeringseise waar derduisende rande skade gelei is, en afkeur word omrede ‘n beampte ‘n punt in fynskrif opgespoor het. Is dìt die geld wat ruimskoots uitgedeel kan word.

Knippie sout ·

Kou maar swaar aan hierdie skenking van Standard Bank. My hart gaan uit na almal in Knysna en elders wat reuse skade opgedoen het. Die vraag aan Standard Bank is : Daardie werklike versekeringseise waar derduisende rande skade gelei is, en afkeur word omrede ‘n beampte ‘n punt in fynskrif opgespoor het. Is dìt die geld wat ruimskoots uitgedeel kan word.

Annette Stander ·

My opregte dank aan elke instansie en persoon wat skenkings gemaak het en nog gaan maak vir die brand slagoffers. Elkeen wat hulp aangebied het. Vrywilligers wat hul lewe afgele het. Julle sal almal beloon word daarvoor.

Hans ·

Om seker te maak dat skenkings optimaal en korrek aangewend word moet banke en ander groot skenkers betrokke bly by die besteding van fondse.

IlzeM ·

Wow! Trots op my bank vanaand. Dankie vir die uitreik en omgee

josephine ·

Kan die banke die geld bestuur?
Dit sal verseker dat die geld nie by die verkeerde mense uitkom nie. Hulle sal mos op rekords kan kyk wat die betrokke gesinne gehad het voor die brand?
Ek is so bekommerd skelms gaan hulle hande daarop kry.
Dankie aan my bank wat so mildelik geskenk het. Ek is trots op my bank. Sal hulle bedank wanneer ek weer die bestuurder van my tak sien. Asb maak seker dat die skenkings by die regte mense uitkom?
Baie dankie.

Marius ·

Dankie Standard Bank bly om te sien ons geld word goed gespandeer.

Piet die Mamba ·

Nedbank……………….. “Make Things Happen” for these people in need! Nice to make huge profit, but will be nicer to now make a huge donation to a worthy cause!!!!

santie ·

FNB het ook 10 miljoen geskenk. Solank ‘n deel nie weer soos gewoonlik, gesteel word deur iemand wat skelm is, en homself ten koste van die slagoffers wil verryk nie. Ek weet by sommige plekke word streng toesig gehou en vir elke item moet geteken word sodat daar van alles verslag gedoen kan word. Ek is so trots op SA mense wat hulle beursies en harte oopgemaak het.

Dries ·

Hi kan Zuma en sy Gupta vriende nie al die fondse wat tot dusver geskenk is verdubbel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.