
Argieffoto
Standard Bank het ʼn dringende skenking van R10 miljoen gemaak ten bate van noodverligting ná vandeesweek se storms en brande in die Wes-Kaap.
Jene Godfrey, woordvoerder vir Standard Bank, het gesê hulle is diep bekommerd oor die verwoesting wat vandeesweek in die Tuinroete en groter Kaap-omgewing gesaai is en skenk met “hoop vir ʼn beter môre” dié reusebedrag.
“Ons betoon ons diepste medelye met dié wat geliefdes verloor het in die verskriklike brande. Ons dink ook aan diegene, veral die kwesbares, wat ontwortel en blootgestel gelaat is ná die brande,” het Ben Kruger, hoof uitvoerende beampte van Standard Bank, gesê.
“Mag die geld ʼn bietjie verligting bring aan diegene wat geraak is deur die brande. In sommige gebiede gaan hele gemeenskappe hervestig moet word, my enigste hoop is dat die geld ʼn verskil sal maak,” het Kruger gesê.
Standard Bank het ook in samewerking met hul takke in Knysna, Plettenbergbaai, Mosselbaai en die groter Kaap-omgewing gehelp om komberse, koeldranke vir die brandbestryders, klere en kos in te samel. Standard Bank het ook spesiaal aangewese versekeringskonsultante by elke bank gevestig wat net met eise sal werk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Wow DANKIE Standard Bank wens julle was my bank. Kom FNB wys dat jul ook n hart het!
Dis my bank daai! Dankie Standard bank!
Goeie gebaar net jammer die berig lig ook uit dat beide FNB en ABSA ook R10 miljoen rand elk skenk nie.
well done ouens! dis in tye soos hierdie wat julle n verskil moet maak…en julle doen.
Mooi so Standard Bank! Op die Standard kan jy staatmaak.