Standbeeld van miljoene gaar stof op in stoor

Die ANC-stigterslid Oliver Tambo (Foto: ortambodm.gov.za)

ʼn Standbeeld wat teen ʼn allemintige R11 miljoen in opdrag van die Ekurhuleni-metroraad gemaak is, gaar reeds twee jaar lank stof op in ʼn pakhuis.

Die standbeeld van die anti-apartheidsaktivis en ANC-stigterslid Oliver Tambo moes reeds in 2017 by die OR Tambo-lughawe onthul word as deel van die eeufeesviering vir Tambo. Weens ʼn twis tussen die nasionale ANC-regering en die plaaslike ANC in Ekurhuleni is die bekendstelling daarvan sedertdien oënskynlik onbepaald uitgestel.

Die burgemeesterskomiteelid vir sport, ontspanning, kuns en kultuur, Nomandlozi Nkosi, het in antwoord op ʼn vraag van die DA in die provinsiale wetgewer gesê die standbeeld gaan nou aanstaande maand onthul word.

“Die DA is egter nie oortuig nie, want verskeie soortgelyke antwoorde is al voorheen gegee,” het Malcolm Maifala, die DA se woordvoerder oor openbare deelname in Ekurhuleni, gesê.

Die DA sê toe die oprigting van die standbeeld aanvanklik geopper is, was die DA skerp gekant daarteen omdat R11 miljoen ʼn “buitensporige bedrag is om aan ʼn standbeeld te bestee, gegewe die enorme diensleweringsprobleme” in die gebied.

“Die DA is geensins gekant teen die verering van OR Tambo se nalatenskap nie, maar dit is ongeregverdig dat dit twee jaar later steeds in ʼn stoor staan,” het Maifala gesê.

Die DA sê hy gaan voortgaan om te verseker die miljoene rande van belastingbetalersgeld wat aan die standbeeld bestee is, staan nie vergete in ʼn pakhuis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

André-Chris ·

Eendag sal daar ook van Mbeki ‘n standbeeld wees, van Zuma en Cyril is besig om aan sy nalateskap te werk ….

Ek wonder hoe gaan ‘n standbeeld van die ANC lyk, kry mens so’iets?

Skerp Spioen ·

In meeste badkamers is daar reeds ‘n standbeeld vir die ANC

Hagar ·

Maak eintlik nie meer saak nie. Wat snaaks was is nie meer snaaks nie. Of miskien besef die anc uiteindelik daar sal iewers weer in die toekoms n ander party aan bewind kom en dan gaan hulle weer van vooraf standbeelde sloop en ander oprig.

Swanna ·

Eerstens wie het die standbeeld gemaak dan sal jy weet hoekom dit so baie geld is.

Cherokee ·

Die DA dring aan op ANC standbeelde. Hulle het nooit beswaar gemaak teen die verwydering van diè van Oom Paul.

Judge Dredd ·

Hulle is so desperaat vir stemme dat hulle sommer nou die ANC se werk wil doen.

DA hou op om die ANC van homself te probeer red !

Denise ·

Haai… en HIER hoor die VF+ nou ook die eerste keer hiervan en is skoon stomgeslaan en sprakeloos van verbasing… siestog!!!

ALLAN ·

@Denise. VF+,? wat het hulle met die artikel te doen???????????

Twaalfboor ·

@toy
Dit behoort jou te pla. R11m van jou belasting geld wat beter aangewend kon word.

Jerry B ·

Standbeeld wat meer werd is as die stadsraad se totale besittings. Die ANC gaan net voort om land in die grond te dryf.

Hennie ·

Selfs die ANC kan nie met die ANC saamwerk nie… Pateties!

Hennie ·

Los ou Oliver net daar dat hy stof bymekaar maak, dan doen hy ten minste iets. As hy die stof nie kan baasraak nie, stuur ander ook wat in die land rondstaan.

Kaal Keiser ·

… en die mense lewe in haglike omstandigehede… want ‘n beeld van R 11 000 000 gaan hul toekoms verhelder !

Magda ·

R11 miljoen – goeie hemel wat kon nie alles met daai geld gedoen word om die ARM mense van SA te help – Skole te bou of self Medies wat in so n haglike toestand is – dat jy eerder dood gaan voor jy ingaan – want as jy ingaan kom jy in elk geval dood uit. MORS VAN ONS SWAAR BELASTING GELD OP WAT????????????????????????????????

Suzette Geringer ·

Die anc mors darem lekker met die belastingbetalers se swaar verdiende geld. Ek wens daar was ‘n manier om belasting te weerhou sodat die stelery kan ophou.

JohanR ·

Dit is nou een ding waar die ANC ver voor in die wedloop is…..geld mors!!

Feite ·

Vermorsing gebeur wanneer n bevrydingsorganisasie vol populiste, sakke vol belastingbetalersgeld kry!

Hennie ·

Maar daar is mos ‘n standbeeld van hom by internasionale aankomste! Hy stasn nou al n paar jaar en thokol doen daar…nes sy slegte tjommies!

Derek ·

Kry tog die ding uit die pakhuis en maak hom buite staan sodat die duiwe namens ons almal kan praat!

Schalla ·

Nee wat los die ding in die pakhuis. Daar is alreeds 11 Miljoen gemors op dit, moenie nog ‘n verdere sent op dit mors nie

ANE ·

LOS hom, dat hy vrot en sommer biki gaan loop spook bydi voorvadergeeste…

Foxi ·

Los maar die afgode in die stof. Dit kan in elk geval nie praat nie.

Db ·

Kom ek met ‘n skok agter die baie spelfoute wat hier voorkom word outomaties deur die rekenaar gemaak. Jy tik ‘n woord dan word dit vanself verander. Het nie altyd die tyd om weer en weer oor te lees voordat dit gestuur word nie. Byvoorbeeld my woord hierbo moet wees swaarverdiende geld maar word dit verander na swaarverdienste geld. Kan iemand bietjie raad gee hoe om dit uit te skakel en hoekom dit gebeur?

Chris ·

Nog ‘n voorbeeld van verkwisting van die belasting betaler se geld.
Verkoop dit as skroot!

Frans C ·

Die ANC onderskryf dit dit lekker is om:” Van ‘n anderman se vel breë rieme te sny:’

Enigiets vir ‘n lekker ‘paartie’ wat met die onthulling sal gepaard gaan.Wat het ons verkeerd gedoen om dit te belewe.’

charmaine ·

Verkoop die ding en gee di geldjies as reddingsboei vir SAL, ESKOM,SABS, SAUK, en sommer vir my ook ek het soos baie ander belastingbetaler ook n reddingsboei nodig.

EB ·

Dit is hoekom ons land so verval het – die regering bou standbeelde en maak afgode van hulle sogenaamde vryheidsvegters terwyl hulle mense vandag dood van die honger en ellende. Korrupsie en selfverryking is aan die orde van die dag. Die ironie is daardie “vryheidsvegters” het verniet baklei want daar is geen vryheid meer nie. Al Suid-Afrika se landsburgers moet agter tralies en slot wegkruip vir die moordenaars en rowers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.