Standbeeld-vandale gevonnis

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die twee vroue wat in Junie die oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein met verf besmeer het, is Woensdag gevonnis.

Ao. Gerda Swart het gesê Vuyokazi Voxeka (29) en Nombulelo Mkwena (28) is in hegtenis geneem vir die skending van die standbeeld twee dae nadat die voorval plaasgevind het. Hulle het wit verf oor die standbeeld gegooi en die verf gebruik om woorde op en voor die beeld te verf.

Landdros John Montgomery het hulle op aanklag van opsetlike saakbeskadiging tot 30 maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Voxeka en Mkwena moet elk ook 250 uur gemeenskapsdiens verrig.

Brig. Leonie Bentley, Uitenhage se polisiebevelvoerder, het die vonnisse verwelkom en gesê sy hoop dit stuur ʼn duidelike boodskap aan ander wat oorweeg om dieselfde oortreding te begaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannelie ·

Ek sou ten minste nog ‘n stewige boete wou oplê! Maar ten minste het hulle nou ‘n rekord!

Dave ·

Die gemeenskapsdiens behoort ingesluit het die skoonmaak van die gevandaliseerde standbeeld.

J.Z ·

Daarmee stem ek saam,laat hulle die verf self skoon maak en die wat onlasting strooiers dit self skoon maak.

Albert ·

Watse gemeenskapdiens – koekies verkoop of wat? wat net nog ‘n verdere mors van publieke tyd, geld en mannekrag beteken terwyl ons en ons belastinggeld in elk geval nog gebruik gan word soos “suckers” om die gemors skoon te maak. Met sommige uitsprak wonder ek soms of landdroste hoegenaamd verder as die basiese kan dink.

Winston ·

Vonnis moes gelui het dat hulle eers skoonmaak waar hulle gemors het en dan die laaste 2 ure elders diens doen. Vinnig om te mors. Stadig om op te ruim en skoon te maak. Bly hulle is ten minste gestraf!!

Albert ·

Watse gemeenskapdiens – koekies verkoop of wat? wat net nog ‘n verdere mors van publieke tyd, geld en mannekrag beteken terwyl ons en ons belastinggeld in elk geval nog gebruik gaan word om soos “suckers” die gemors skoon te maak. Met sommige uitsprake wonder ek soms of landdroste hoegenaamd verder as die basiese kan dink.

André ·

Die vonnis is te lig. Werklike tyd in die trunk sou definitief as ‘n afskrikmiddel dien, nie net vir hulle nie, maar ook vir ander wat dit oorweeg om so iets te doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.