Standbeeld vir prinses Diana opgerig

Prinses Diana (Foto: Kensington-paleis)

Prinses Diana (Foto: Kensington-paleis)

ʼn Standbeeld vir Diana, prinses van Wallis, sal op die gronde van die Kensington-paleis opgerig word, op versoek van haar seuns, die hertog van Cambridge en prins Harry.

“Die prinse het ʼn komitee op die been gebring wat privaat geld sal insamel vir die standbeeld,” het die paleis in ʼn verklaring gesê. Die komitee sal ook ʼn beeldhouer voorstel en saam met Historic Royal Palaces werk wat betref die standbeeld se installasie in die openbare tuin by die paleis.

“Dit is nou 20 jaar ná ons ma se dood en die tyd is nou ryp om haar positiewe impak in Engeland en oor die wêreld heen te erken met ʼn permanente standbeeld,” het die hertog van Cambridge en prins Harry gesê. “Ons ma het so baie lewens aangeraak. Ons hoop die standbeeld sal diegene, wat Kensington-paleis besoek, die kans bied om terug te dink oor haar lewe en haar nalatenskap.”

Alhoewel werk op die standbeeld na verwagting binnekort sal begin, is dit nog nie duidelik wanneer dit gereed sal wees nie. “Ons is vol vertroue dat dit voor die einde van 2017 sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elsie ·

Pragtige gedagte wat al 20 jaar terug gedoen moes wees! Net jammer privaat geld moet gebruik word daarvoor, mens sal sweer die koninklikes is te arm daarvoor. Waarom moet die plek waar sy begrawe is ook van almal weerhou word? Sy was ń mens mens en het beslis meer vir Jan Publiek beteken as vir HKH. Dankie aan die 2 seuns wat nou mans geword het en aan ma ere wil bring!

Francis Linstrom ·

Dit lyk nie vir my soos Prinses Diana op die foto nie. Eerder haar dubbelganger of my geheue laat my in die steek.

simon ·

Ai, sy was n pragtige vrou, soos ook al vier die fotos uit wys.

Pop ·

Dis long overdue. Hoop hulle kry n beeldhouer wat haar skoonheid sal weergee.

christa ·

Baie Mooi Gebaar Sy was net vir my altyd Pragtig en nooit gewag om haar hulp aan ander te gee Sy sou so trots gewees het op haar twee seuns en klein kinders en ek dink Prins William het n vrou geneem so na aan sy Moeder se Hart.

Hoekom nie? ·

Hoekom nie? Tog moet dit net in GROOTTE dié van mandela oortref voor die Uniegebou in Pta.

Basjan ·

WAT sê ou Liesbet our hierdie verwikkeling? Ek dink nie sy is baie beïndruk nie.

Susan ·

Dit is baie goeie nuus. Sy was ñ wonderlike voorbeeld van liefde en omgee vir elkeen wat oor haar pad kom.

gatiep ·

Ouma is maar suinig om nie by te dra vir die beeld,het sy dan nie gehou van haar skoondogter nie?Ek het gedog daar sou al n beeld wees van haar.Sy was een van die min royal mense wat soos n normale mens was.Wereld het n goeie mens verloor daar sy sou nou al groot dinge gedoen het.

jana ·

Hulle moet nog n beeld voor by Elizabeth 2 opsit sodat sy elke dag daarin kan vaskyk en onthou hoe lelik sy en prince C en die se perdgesig vrou met Diana was.

Louisa ·

Wonderlik sy verdien dit….sy was n pragtige vrou net n goue hart…

zelda ·

Sy is n mooi mens, los die dooies om te slaap en sy is net n mens moet nie n ophef van haar maak nie sy is nie GOD nie.

Groete:

geraldine ·

Hoop Camila en Charles kry n skuldige gevoel elke keer as hulle nadie beeld kyk.Zelda natuurlik is synie n God nie. Daar is beelde van baie mense gemaak omdat hulle ietsbeteken het vir n land of n gemeenskap of wat ook al. Churchill Mandela is maar twee voorbeelde daarvan Prinses Diana het baie gedoen vir minderbevoorregte mense en sy verdien dit. Gun haar dit en ook vir haar seuns. Kom ons wees bly daaroor en nie afgunstig nie.

Elsie ·

Zelda, klink amper of jy jaloers kan wees. Niemand sê sy is God nie maar as ek en jy en vele ander haar geaardheid gehad het was die wêreld beslis ń beter plek. Gee elke mens wat hom toekom! Sy was wonderlik. Nie net vir 1 of 2 mense nie maar vir elkeen wat haar pad gekruis het. VERAL siekes en kranklikes wat altyd deur mense vermy word het sy spesiaal laat voel. Sy was nie bang vir persoonlike kontak met hulle nie. Ek en jy ignoreer hulle liewer. Leer liewer iets uit haar lewe uit en moenie met klippe gooi nie. Sy verdien ń standbeeld. Sy kon hom gekry het toe sy nog gelewe het. Niemand gooi klippe na moeder Theresia nie?! Lady Di was in dieselfde klas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.