Standbeelde: ‘Emosie en potensiële konflik moet nie onderskat word’

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Die emosie en potensiële konflik wat die beskadiging van standbeelde, soos dié van Paul Kruger, aan alle kante van die Suid-Afrikaanse samelewing wakker maak, moenie onderskat word nie, het Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gesê.

Mulder het gesê die beskadiging van ʼn standbeeld is ʼn misdaad en dat die polisie onmiddellik die saak moet ondersoek en teen die skuldiges optree.

Volgens Mulder het die VF Plus met die burgemeester van die Tshwane-metro, Kgosientso Ramokgopa, in verbinding getree oor die beskadiging van monumente. “Hy het polisiebeskerming belowe. Die VF Plus het ook ʼn boodskap oor die aangeleentheid aan Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur gestuur. Vroegtydige en verantwoordelike optrede kan verdere onnodige insidente en konflik rondom standbeelde voorkom. “

Mulder het gesê die EFF en ANC-jeugliga verstaan duidelik niks van die konflik en stryd van die verlede nie. “So het president Paul Kruger sy lewe grootliks gewy aan ʼn stryd teen Britse imperialisme en kolonialisme. Hierdie tipe politiek om standbeelde te beskadig is ʼn misdaad en los geen probleme op nie, maar skep net nuwe konflik en probleme in ʼn ingewikkelde diverse land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bruno Stef ·

Ek wil net die skuldige partye daaraan herriner dat in Pretoria middestad jare gelede n persoon se kop uitgehaak het en die gevolge n bloedbad was.ASB weerhou julle van die skending van die standbeelde dit sweep gevoelens net verder op.

david ras ·

Die VF+ en Afriforum het hulle sterk uitgespreek oor die skade aan, en verwydering van standbeelde en die gevolge daarvan.
Vreemd, maar die DA handhaaf ‘n “oorverdowende stilte” hieroor . Wonder waarom ?

Swanna ·

Die DA ondersteun natuurlik hierdie soort optrede. Dit val so in hulle kraal. Nou hoef hulle self nie dit te doen nie. Dalk is dit hulle self en almal kruisig die regering van die dag en kry die skuld. Ek voel altwee is ewe skuldig want nie een lewer kommentaar nie.

Davie ·

Wonder wat sal gebeur as Mandela se standbeeld geskaad word

Andre de Villiers ·

Dis die paradoks van Suid-Afrika. Die mense wat die minste gedoen het om die land te bou, is die mense wat die lekkerste kan vandaliseer, afbreek en vernietig.

Swanna ·

Dit is makliker om af te breek as om op te bou veral as dit nie” jou” hande werk is nie.

Sonja ·

Eenvoudig gestel – Hierdie klomp is nou besig om te krap waar dit nie jeuk nie.

Jo ·

Ai tog. Ek stem volmondig saam met julle almal. Die probleem is net dat daar niks gaan gebeur as hulle die monumente afbreek nie want ons gaan dit maar net weer soos met alles in die verlede toelaat. Eers bietjie “onderhandel”, petisies rondstuur, gaan kerm in Europa, moan om die braaivleisvuur, en dan weer vewese maar aanvaar. Voor ons nie saamstaan en die land daadwerklik regruk en die volk tot sy sinne bring nie het ons geen gronde om te moan nie. Dis jammer, maar dis ongelukkig waar dat dit eers baie erger sal moet gaan voordat ons sal voet neersit in plaas van niks konstruktief doen nie.

Janine du Plessis ·

Ek wil ook skel en skree, maar dit los niks op nie. Ek stel voor die opsteker, Malema en sy eff-bestuur word uitgenooi na ‘n openbare gesprek. Daar ontmoet hulle dan ‘n paar goeie geskiedkundiges. Daarna word die vrae gestel soos: Hoekom vandaliseer hulle die Blankes se standbeelde en nie Shaka, Tshwne of Mandela s’n nie? Wat weet hulle van Jan van Riebeeck?, ens. Eers dan kan ‘n mens hulle verkeerd bewys en dat hul optrede spruit uit onnoselheid of rassehaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.