Standbeelde in Krugersdorp geskend

Die Paul Kruger-standbeeld in Krugersdorp. Foto: Verskaf

Die Paul Kruger-standbeeld in Krugersdorp. Foto: Verskaf

Twee standbeelde in Krugersdorp aan die Wes-Rand is Woensdag in die vroeë oggendure met rooi verf besmeer.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die standbeelde van Paul Kruger en J.G. Strijdom het onder vandale deurgeloop. Dlamini het gesê ʼn saak van kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak, maar dat geen verdagtes tot dusver in hegtenis geneem is nie.

Die vandale het ook kru woorde op die standbeelde geverf. Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen gesê die Erfenisstigting sal met die skoonmaak van die standbeelde help.

Talle standbeelde is in die afgelope paar weke geskend, wat die standbeelde van Paul Kruger op Kerkplein in Pretoria, Koningin Victoria en die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, Andrew Murray in Wellington in die Wes-Kaap, Louis Botha voor die parlement in Kaapstad en Mahatma Ghandi in Johannesburg insluit.

Die standbeeld van J.G. Strijdom in Krugersdorp. Foto: Verskaf

Die standbeeld van J.G. Strijdom in Krugersdorp. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hulle het seker niks beter om te doen nie. Nou kan mens verstaan hoekom die ander Afrikane hulle werk hier oorneem. Hulle hou hulle besig met beelde verf ipv werk. Hulle moet dus nie kla nie!!

amelia ·

Wat sal gebeur as mandela se beeld so vol verg gegooi word of sisulu se beeld of een van die “vryheidsvegters” Eers begin met straat name plek name nou is dit die standbeelde wats volgende? Wens net party wittes wil ook wakker skrik en op hou soebat Tyd dat daar saam gestaan word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.