Standerton-rowers bly in aanhouding

Foto: Alida Lake  @inkMedia

Foto: Alida Lake @inkMedia

Vier verdagtes wat danksy ʼn dapper huisvrou van Standerton in Mpumalanga op heterdaad betrap is, bly in aanhouding, het @inkMedia, ʼn plaaslike mediahuis, berig.

Die verdagtes het in die Standerton-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel. Hul aansoek om borgtog is afgekeur. Volgens @inkMedia het kapt. Mark Nortjé, ondersoekbeampte, gesê hulle samel nog bewyse in.

Die vier mans is Woensdag in hegtenis geneem kort nadat hulle by Hester van Niekerk se huis ingebreek het. Sy was besig om huistakies te verrig toe die mans toegang tot die erf gekry het deur die elektroniese hek se motor te ontkoppel. Sy het dadelik Kasselman Guarding Services geskakel en die selfoon in haar broeksak gedruk.

Die veiligheidsdiens het dadelik reageer en een van die veiligheidswagte het die mans op heterdaad in die huis betrap. Die Standerton-polisie het ook kort daarna by die toneel opgedaag en die mans in hegtenis geneem.

Bron: @inkMedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ek is bly hulle aansoek om borgtog is afgekeur – iemand in ons regstelsel het ‘n bietjie breins!!

Dave ·

In die huis betrap en hulle is vermetel om om borgtog te vra? Hoe sou hulle verduidelik wat het hulle daar gedoen! Soos Christa sê, iemand in ons regstelsesl het ‘n bietjie breins. (Van die ander het hopelik meer!)

Mariana v T ·

Bravo vrou en 5 sterre aan die sekuriteits maatskappy vir oudae se goeie pure SA diens. Borgtog huh? Rerig mens sou sweer hul was genooi vir koek en tee. Kort meer sulke regsmense wens ding soos borgtog word geskraap. Moet soos volg werk gevang-skuldig-vonnis sonder regte uit en gedaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.