Stappe aangekondig ná ‘boelie’-video’s

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het stappe aangekondig nadat afgevaardigdes met die bestuur van die Stellenbosse Hoërskool Luckhoff vergader het oor twee boelie-video’s wat aan die lig gekom het.

Jessica Shelver, woordvoerder van die departement, het gesê die eerste voorval het glo op 24 November plaasgevind en die tweede op 28 November. “Dissiplinêre verhore rakende albei voorvalle sal dié week plaasvind.”

Die slagoffer in die tweede voorval ontvang intussen ook berading.

Afgevaardigdes van die departement het Dinsdag weer met die bestuur van die skool vergader nadat die tweede video onder hul aandag gebring is. In albei video’s wat wyd op sosiale media versprei is, word twee meisies erg geboelie deur ander meisies.

Volgens Shelver het die skool se bestuur erken hulle het uitdagings en dat die strafproses wat tans van toepassing is nie werk nie. Die departement het na afloop van die vergadering verskeie stappe aangekondig. Een daarvan is dat “Kinderwelsyn in Stellenbosch in samewerking met die gemeenskap van Idasvallei geweld in huise, skole en die gemeenskap moet ondersoek.”

Van die ander stappe sluit in dat lewensoriëntering-onderwysers leerders met die nodige kennis en vaardighede moet toerus om konflik op ʼn gesonde en veilige manier te hanteer en ʼn werksessie vir onderwysers te reël oor hulle verantwoordelikheid om die veiligheid van leerders te verseker. “Die onderwysers van die skool sal ook volgende jaar ʼn leierskap- en karakterbou-program bywoon en daar sal teenboelie-werksessies by die skool aangebied word.”

Die 15-jarige meisie wat in die eerste video glo ʼn ander meisie aangerand het, verskyn intussen Woensdag in die Stellenbosch-landdroshof.

Shelver het ʼn beroep gedoen op alle ouers en leerders om onmiddellik enige vorm van boeliery by skole aan te meld by 0800 45 46 47.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Janice ·

Dit is darem stappe in die regte rigting. Wat daar by julle skool aangaan, het die hele wereld met afgryse vervul en alle Suid Afrikaners laat skaam kry. Ons hoop om in die toekoms net positiewe dinge van die skool te lees.

Hein ·

Sit die boelies teen mekaar in die bokskryt. Laat ons sien hoe tough is die uitvaagsels.

Simon ·

Maroela Media,
Is Hein se kommentaar regtig die vlak van kommentaar wat aanvaarbaar is.
Skande op skande.
Dit klink soos n lee blik wat lawaai maak

Olga ·

Hein ek stem saam jou.
As die boelies teen ander boelies baklei gaan die boelies voel hoe dit voel om geboelie te word en verneder te word en glo dit sal dan staak!

Hanneli ·

Dink hulle moet ook aandag gee daaraan om die omstanders te bemagtig om op te tree eerder as om net videos te maak. Dit ontstel my dat niemand die kinders te hulp snel nie

Karin ·

Hopelik sal dit oral boelies laat skrik.. ek het baie jare terug n boelie op sy plek gesit wat my kind geboelie en rondgeruk het ..ek het hom sien loop gestop en gese … hy moet asb sy adres verskaf want ek wil sy ouers gaan sien oor hy my kind boelie … sy woorde was nee tannie asb my pa slaan my ma en die kinders baie erg en hy gaan my dood maak in ons geval was dit wat in die huis gebeur maar ek glo nie dis altyd die geval nie … Ons was van daardie dag af opgelos .. En die seun het toe ook hulp gekry … Hoop alle boelie word so stop gesit

Carol ·

Mense ja. Dalk n stap in die regte rigting, maar dit help nie om die onderwysers in die programme op te neem nie….dis die Kids wat fight. As die OUERS by die huis nie die opvoedingstaak kan regruk nie sal geen onnie dit reg kry nie. Toe ons as kids to gefight het, het pa vir elkeen n plak gegee en sê nou slaan julle mekaar en ek slaan die een wat nie slaan nie……baie teenstrydig nè….maar so kin hy agter die kap van die byl kom. Hy kon sien wie us die agresiewe een in die fight….en dan …..behoede daai een se siel….

Irene ·

Ek dink nie mense besef dat in baie gevalle, die kinders wat boelie eintlik met ontwikkelingsprobleme sit nie – byvoorbeeld weens ma’s se dwelmgebruik tydens swangerskap en dan ook dinge wat by die huis aangaan. Hulle moet dus eintlik glad nie in gewone skole wees nie, maar dis waar die stelsel die boelie en die kinders wat geboelie word, in die steek laat. Onderwysers is glad nie toegerus om dit te hanteer nie.

Elsabe ·

Hierdie is nie net boelie nie, dis aanranding. Genade die kinders wat die videos maak en nie die slagoffers help nie is net so skuldig. Skande! Maar wat anders kan ons verwag met al die geweld in die land. Soos die gesegde gaan “monkey see, monkey do”

Theresa ·

Geen boelie is welkom op enige vlak in die samelewing nie. Die boelie kleuter, boelie laerskoler, die boelie tiener, boelie op die sportveld, boelie by die werk, ens. ens. ens.
Elke opvoedkundige/afrigter moet deeglike kennis hieroor hê en dit toepas, sodra dit opgemerk word. Boelies en hul ouers moet saam gespreek word met die professionele persoon by direk na ‘n eerste geval. Waar is die leerlingraad in hierdie boelie gevalle?? Dis tog leiers wat moet optree – meer as een kan tog hier intree, terwyl daar op die onderwyser op terreindiens gewag word?? Of is dit ook afgeskaf?!

Rieks ·

Ek het net een vraag – waar was die onderwyser? Hierdie het in ‘n klas gebeur… nie eens na skool of op ‘n skool veld nie! Sal graag daardie verduideliking wil hoor…

Valie ·

Boelies kom in alle skole en in alle provinsies voor. Dis blykbaar net die Wes kaap wat optree?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.