Stappe beplan ná o.16’s rugbytoernooi-finaal kwyt is oor ‘raskwotas’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: WP Rugby)

Die Menseregtekommissie (MRK) is Donderdag genader nadat ʼn o.16-rugbyspan van die laaste wedstryd van ʼn toernooi gediskwalifiseer is oor die span nie oor die nodige kwotaspelers beskik het nie.

Die Westelike Provinsie is sy plek in die hoofwedstryd van die o.16- Grant Khomo-rugbyweek in Paarl kwyt nadat ʼn noodgedwonge onttrekking van twee van sy spelers veroorsaak het dat hy te veel wit spelers op die veld gehad het.

Die Westelike Provinsie se o.16-span sou aanvanklik Donderdag teen die Vrystaat meegeding het in die hoop om as die wenner van dié toernooi gekroon te word. Die wedstryd sou by die Hoër Landbouskool Boland plaasgevind het.

ʼn Laat verandering aan die skedule, nadat die Blou Bulle glo oor die ongerymdhede in die spanuiteensetting gekla het, het daartoe gelei dat die Vrystaat in die laaste wedstryd van die toernooi eerder teen die Blou Bulle meegeding het, terwyl die Westelike Provinsie die Goue Leeus gepak het.

Die WP het die Leeus met 10–5 geklop terwyl die Blou Bulle as die kampioen aangewys is nadat hulle die Vrystaat met 20–12 geklop het.

Tsepo Mhlongo, die DA se woordvoerder van sport, kuns en kultuur, sê die Westelike Provinsie se o.16-span het aanvanklik aan SA Rugby se kwotaregulasies voldoen. Die span is egter gediskwalifiseer nadat twee van sy spelers gedwing is om hulle weens ernstige beserings aan die wedstryd te onttrek. Die spelers is met twee wit reserwes vervang.

“SA Rugby vereis dat minstens 11 van die 23 spelers in die span swart of bruin spelers moet wees. Die twee plaasvervangers het die vereiste balans versteur en die span is gediskwalifiseer,” sê hy.

Volgens Mhlongo gaan hy die MRK nader om ʼn ondersoek na die voorval te begin.

“Die DA glo vas dat raskwotas en diskriminasie op grond van velkleur geen plek in enige sportsoort het nie, veral nie in kinders se sport nie.

“Die fokus van ʼn kind se skoolsportervaring moet om genot, vaardigheidsontwikkeling en die bou van verhoudings met spanmaats draai, nie om diskriminasie en gedwonge raskwotas nie.

“Boonop ondermyn die afdwing van raskwotas regverdige en mededingende spel, wat moontlik lei tot gevalle van afknouery en die onregverdige opvatting dat sekere spelers nie op grond van meriete gekies word nie.”

Die DA voer aan dat raskwotas in sport geskrap moet word en daar eerder gefokus word op vaardigheidsontwikkeling en gelyke geleenthede vir alle leerders.

Die DA beplan om ook ʼn skrywe aan Wêreldrugby te rig oor die voorval, aangesien Suid-Afrika, as lid van die internasionale liggaam, aan sy reëls en regulasies wat rugby op alle vlakke betref, moet voldoen. Wêreldrugby se regulasies stipuleer dat rugby veronderstel is om toeganklik vir alle individue te wees. Hy verdra ook geen vorm van rassisme of diskriminasie in die sport nie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan ʼn brief aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) rig waarin dit versoek dat die unie tussenbeide tree en die diskriminerende besluit omkeer.

“Saru het sy Rugby Against Discrimination And Racism-veldtog (RADAR) in 2019 van stapel gestuur, wat die unie se beleid van geen verdraagsaamheid teenoor diskriminasie en rassisme in rugby beklemtoon,” sê Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport.

“Daarom glo ons dat hierdie daad van diskriminasie teen ʼn span minderjarige rugbyspelers die kernwaardes van hierdie veldtog skend en dringend uitgeklaar moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Gaitsigubib ·

Is dit nou die DA beheerde kaap waarvan jy hier praat? Die 30 wat Christo like bo het nou stom geword…….

KatjieDeKat ·

Only in SA. Where every slightest thing Has to be about race. The ANC has a fanatical, rabidly racist mindset, to the point where it should be classified as a legitimate psychological disorder. This is NOT normal behaviour.

Laksman ·

Sou hulle ook gediskwalifiseer word indien hulle “te veel” swart spelers gehad het?

Henry ·

jy kies die beste vir n span
nie daar moet soveel pink rooi blou in die span wees nie.

Ronel ·

Stem is dit nie die rede hoekom van ons sport spanne so swak doen nie. so

Andrew ·

Hoekom? As jy die springbokke ondersteun, ondersteun jy die kwota stelsel . So dan moet jy maar die reels so aanvaar ook.

Republikein in die Wes Kaap ·

En daai ondersteuning is die kern van die probleem. Bly weg en geld gaan praat.

Andrew ·

Reels is reels, dalk moes die coaches daaraan gedink voor hulle so baie wit spelers in die span gekies het. Op die ou end as jy rugby ondersteun, keur jy die rasse kwotas in sport goed. Dan moet mens maar by die reels bly al is dit hoe verregaande.

Johan Tredoux ·

Daar was seker n tyd wat ek van Rugby gehou het en vir dit omgegee het. Maar na al die reïnkarnasies het daardie gevoel gelukkig verdwyn.

Andrew ·

Die VSA pas dit toe, Engeland pas dit toe. Die woord is inclusion , by ons is dit representation. SA rugby , en SA sport, is eintlik veronderstel om uit wereld sport geskop te word soos in die 70’s en 80’s. Sal nie gebeur nie want die ander westerse lande volg die “inclusivity” idiologie, so in n mate keur hulle kwotas goed en eintlik moedig dit aan. Zero is oor die jare deur die VN of wereld sport gedoen. Soos in ZIM, skree ma vir span of bly stil. Of jy kan boikot.

Vonny ·

MRK maak asb jul stem dik.
Hoe op dees aarde???
As daar 11 anders kleurige kinders is…
En hul kry seer of
Word siek…
Moet hul gedwing word om sò te speel??

Absurd

Waarom ·

Is daar ook kwotas vir die aantal wit spelers in sokker spanne.? Sal interessant wees om te hoor.

Andrew ·

Hoe dan nou gemaak? Wil julle hê die finaal moet oor gespeel word? Gaan die medaljes van die Bulle se seuns terugevat word, dit is ook nie hulle skuld die WP was nie binne die reels nie? Bulle moes by die reels bly, net soos die Vrystaat. Waar was die brief van Afriforum en die DA aan saru en wereld rugby toe die reels voor die tyd deur al die spanne ontvang was? Mens kan reels aan die een hand aan die hoof hou, maar kan nie dan as dit jou pas wil briewe skryf om uitlae te probeer verander nie oor reels nie gevolg was nie.

Misky ·

Daai reels moes van dag 1 af nie daar gewees het nie. Hou politiek uit sport uit en kies die beste en waardigste spelers wat gewerk het om daar te wees.

Daisy ·

Hierdie is belaglik
Al wat hulle gaan regkry is dat meer mense op ‘n jonger ouderdom oorsee gaan.
Dis presies die rede hoekom my skoonsuster se kind Australie toe is. Hy is ‘n rekordhouer in verskeie atletiek items maar kon vir twee jaar nie deelneem as gevolg van kwotas.
Toe waai hy RSA totsiens en boer nou in Australie waar hy sy sport ook kan beoefen.

Ronel ·

Dis waar rassisme verder ontstaan. Hulle leer die die kinders van kleinsaf mekaar tenhaat. Ek sit ketndieselfde geval in Boland hokkie. Waar reguit vir myngese is as my kind nie gekleurnis nie word sy uit span gehaal

Gerhard ·

Kies op meriete en die beste spelers, en ons sport kan weer tops wees.

Hannelie ·

So jy word slegs op grond van jou kleur gekies, AL VERDIEN jy nie om in die span te wees nie, want jy speel uiters swak!!!

Dit noem ek nou rassisties verby!!!

Chris ·

Waaroor die bohaai. Dit is nou “pay-back time” wat vir die volgende duisend jaar gaan duur. Die raskwotas is maklik en eenvoudig om the verstaan. Ongelukkig werk dit so, indien jy ontoerekeningsvatbaar en minderwaardig is skep jy reels en regulasies om die bekwame persoon te diskwalifiseer. Ons het nog nie die ergste gesien nie. dit is nog op pad.

Pieter ·

Hierdie regering moet in hulle kanon in vlieg . As jy goed genoeg is sal jy span kry, nie omdat jy die regte kleur is nie. Verdomp , kom by.

Manie ·

Die Bulle het seker gereken dis die enigste manier om ‘n wen oor die WP te kry.

Veronika ·

Kyk nou ruk dinge darem handuit!! Wragtig niks anders as rassime nie!! Arme kinders!

Hendrik ·

Die Springbokke moet verbied word om aan die 2023 wereldbeker deel te neem. Net soos SriLanka Rugby uit weredrugby geskop is agv raskwotas so moet Suid-Afrika ook uit.

Boris ·

Dit is ‘n baie swak voorbeeld deur die Blou Bulle wat aan hul swart en bruin spelers gestel word nl. verkry beloning a.g.v. velkleur sonder verdienste. Natuurlik sal hulle dit ook nou hul hele lewe lank so verwag.

Fanie ·

Ek sal baie graag wil he die naam van die persoon wat daai beslui geneem het om die span the skors bekend gemaak moet word

Johan ·

Tipies blou bulle. Hul klagte oor die ras-samestelling is heel waarskynlik deel van hul strategie om darem iets te wen.

Chris ·

Nou wat van ons regering? Hulle dwing die rassekwota af. Nou moet daar mos ook veranderinge plaasvind!

Niklaas ·

Dit maak my sommer naar om van hierdie tipie snert te hoor. Wat wil hul bereik met sulke voorskrifte ?

Louis ·

ANC…..hierdie is kinders my liewe hemel. Vat julle nie genoeg op ander plekke nie. Wys jou net. In SA moenie worry oor talent jou kleur gee jou n plek of werk ongeag of jy weet en kan doen wat gedoen moet word. Nice 1. Hoe verduidelik jy dit vir daai seuns. Middag manne julle mag nie speel nie oor kleur. In SA is dit kleur en USA is dit gender wat volgende….daar is groot fout.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.