Stappe geneem teen DA-LP oor PW Botha-inskrywing

Dianne Kohler-Barnard.

Dianne Kohler-Barnard.

Dianne Kohler-Barnard, senior DA-LP, sal voor die party se federale regskommissie verskyn nadat sy ʼn inskrywing op Facebook gedeel het waarin oudpres. PW Botha, aangeprys word.

Phumzile van Damme, die Demokratiese Alliansie (DA) se nasionale woordvoerder, het gesê Kohler-Barnard se inskrywing is “onverdedigbaar en heeltemal teenstrydig met die DA se waardes van vryheid, regverdigheid en geleenthede”. Mmusi Maimane, DA partyleier, het bevestig dat die saak deur ʼn interne tugproses hanteer sal word.

Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, het twee weke gelede ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, gedeel waarin hy kommentaar lewer oor die skorsing van die KwaZulu-Natalse hoof van die Valke, Johan Booysen. Kirk het onder meer geskryf: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

Kohler-Barnard se verskoning op Twitter.

Kohler-Barnard se verskoning op Twitter.

Kohler-Barnard het die inskrywing op haar Facebook-blad gedeel, maar dit glo ure later verwyder. Die inskrywing het Donderdag egter woedende reaksie uit talle oorde ontlok nadat iemand ʼn skermskoot daarvan op Twitter gedeel het.

Van Damme het gesê PW Botha was ʼn tiran onder wie se bewind duisende Suid-Afrikaners gemartel en vermoor is. “Dit is waarom ons voorgangers, insluitend Helen Suzman en Helen Zille, geveg het teen die bose stelsel van apartheid.”

Kohler-Barnard het Donderdag op Twitter om verskoning gevra: “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning dat ek ʼn inskrywing op Facebook gedeel het waarin die skrywer PW Botha geprys het. Ek het dit dadelik uitgevee toe ek dit besef het.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Dave ·

Ag seblief, het enigiemand ooit so gedink? Moet nie oordryf nie – selfs nie eens hul aanhangers het ooit so gesê nie.

Loeis ·

EK het al verskeie politieke kommentators dit gehoor se, en dit in koerante gelees. So ek is nie seker waar jy aan oordryf kom nie?

Dave ·

Enigeen wat selfs net vaagweg iets van Suid Afrikaanse politiek af weet, is bewus daarvan dat die DA niks anders is as Helen Suzmann en Can ZylSlabbert se Progresiewe party. Dit was destyds die mees liberale party in die land en nie veel anders nou dat huule hul naam verander het na DA. So wie op aarde sou so dom wees om dit ‘regs’ te noem? Verskaf verwysings, noem die naam van enige politieke kommentator wat so dom is. Gee skakels na berigte waar hulle so beskryf word.

Albie ·

Waar gaan ons land heen en hoekom moet daar altyd gebaklei word.Kry eerder die land reg en kry die Verdedeging reg en kry die Korupsie uit die Parlement en die SAPD en dan sal dit seker beter gaan.Hou op om klippe te gooi en lewe in VREDE saam en ek dink dat elke person die reg het tot uitspraak al is hy of sy in die Politiek

chris ·

DA = Tweegesigte,leunaars en huigelaars.
Bewys = “DA se waardes van vryheid,regverdigheid” .Verduidelik dit dan nou aan die hand van die BEE ens wat julle nie net onderskryf nie maar afdwing.

Kaspaas ·

Die DA se dinges, sal in alle geval nie weer vir hulle stem. Wat het geword van vryheid van spraak. Die ANC mag liedjies sing wat vra dat wittes dood gemaak moet word, maar heng alnal anders moet polities korrek wees!!!

marius ·

Daar word meer mense in 1 jaar vermoor onder die huidige regering as in PW se Hele termyn as President en Eerste Minister (1978-1989 )

Johnnie ·

Gelukkig het PW na sy staatsgreep uitrede tot bekeering gekom en is hy vandag in die hemel by sy Here wonder net waar gaan die res wees na hul afsterwe glo nie dit sal in die hemel wees nie.

sproetjies ·

Nou hoe trek ‘n mens die mat self so onder jou eie voete uit? Tsk tsk!

DokE ·

DA Sal ander deuntjie sing as dit Mandela was. Dit bewys dat DA persentasie politiek speel en ANC stemme werf. Maimane verdien nie ons stemme nie

Strussbob ·

Waarom maak ons verskoning vir die waarheid ? Wat het geword van “freedom of speech” ?

Arie Plaasbroer ·

Strussbob, Verduidelik asseblief. Waar maak wie verskoning vir watter waarheid wat seer maak?

Bruno Stef ·

Uit die mond van die dronkaard en die suigeling sal jy altyd die waarheid hoor en in die geval uit die mond van n hoogs frustreerde persoon.Ek dink die DA het nou sy kleure mooi gewys nie dat ek myself ooit n groot Botha aanhanger was of gewees het nie.Dit is nou n lekker “Eye Opener” vir sovele Afrikaners en andere hou dit in gedagte met volgende jaar se verkiesing.

Alwyn Beetge ·

Suid Afrika is nie n plek waar die waarheid enige betekenis het nie. Stem saam oom PW het meer integriteit gehad as die hele parlement saam.

Leon ·

Ek sal altyd PW goedpraat, hy het ‘n ruggraat gehad en respek gehad vir handhawing van wet en orde. En onthou, dit was PW wat onderhandelinge met ANC en Mandela begin het… nie FW nie!

Kaspaas ·

Tyd het asngebreek om vir ander party te stem. DA word nou mini me van cANCer

Dave ·

Jy’s verskriklik sta.a.a.dig as jy dit nou eers agterkom. Die DA was nooit anders as wat hulle nou is nie. Jy het dit goed gevind om vir regstellende aksie en grond hervorming te stem tot nou toe, Kaspaas. Nou sê jy dat húlle anders is? Jy het tot nou toe teen die blanke en teen Afrikaans gestem, so gaan maar voort.

WAARHEID ·

Hierdie die jaar 2015.

GEEN WAARHEDE MAG MEER KWYT GERAAK WORD NIE!
ENIGE PERSOON WAT WAARHEDE KWYTRAAK SAL VERVOLG WORD EN SAL OM VERSKONING VRA!!

WAARHEID ·

Hierdie IS die jaar 2015.

GEEN WAARHEDE MAG MEER KWYT GERAAK WORD NIE!
ENIGE PERSOON WAT WAARHEDE KWYTRAAK SAL VERVOLG WORD EN SAL OM VERSKONING VRA!!

Bach ·

Na jare in die politiek weet KBarnard nog nie wanneer om haar mond te hou nie. Swak oordeel en dan is sy nogal skadu minister. Kry groot salaris en tree kinderagtig op. Nou word arme PW deur almal beledig wat nie eers die feite ken nie.

Leon ·

Nou ja! Nou soek ek ook maar na ‘n ander party om voor te stem.

Arie Plaasbroer ·

Leon, moet tog nie nou kortsigtig word / wees nie.
Die DA is op die oomblik die sterkste opposisieparty om die ANC uit die kussings te lig.
Help hulle hierin totdat dit gebeur het en besluit daarna of jy hulle verder wil / kan ondersteun.
Moenie dat.jy val vir die ” verdeel en heers” beginsel nie.

chris ·

Arrie as jy ‘n plaasboer is, is jy per definisie ook ‘n praktiese en reguit persoon.
Se nou vir ons wat is die verskil tussen die ANC en DA behalwe die mense.As daar nie werklike verskille is nie(in beleid) stem ANC en verander net die leiers.Dis mos makliker.
Hoekom wil jy iemand uit die kussings lig as hulle met jou samstem?

Jy moet ook nie val vir die DA se huigelary nie

Dave ·

Soos Arie sê Leon, dit het jou gewete tot nou toe nie gepla om teen die blanke en vir regstellende aksie en vir grondhervorming te stem nie, so waarom sal dit jou nòu skielik pla? Gaan voort en neem Arie se hand en ondersteun die DA maar verder met hul verraad teen die blanke Suid Afrikaner en teen Afrikaans.

Jaco ·

So belaglik dat sekerlik enige iets voor 94 so verkeerd MOET wees

Pieter ·

Hartseer, hulle is eerste om PW te kritiseer, hulle was nog nie eers in die doeke nie, wat sal hulle weet van ‘n tiran! DA sal nie weer my stem kry nie.

pop ·

Ek is ook moeg om te hoor van die duisende mense wat so gemartel en vermoor is. En ek sal nogsteeds vir die DA stem. Is beter as enige ander party. Kyk maar gister na die blye nuus van die tolhekke in Kaapstad

CHRISTA ·

Hy moet ook net al die name bekend maak van dié wat betrokke was by die moorde waar mense met brandende motorbande deur die ANC en hulle ondersteuners vermoor is!!! Wat geld vir die een, geld vir die ander. Ons is mos “equal”, dan nie??

Genis ·

Pop, kan jy asb. vir jou DA party vra om studiebeurse aan Afrikaanse kinders ook beskikbaar te stel. Al die jare borg hulle nog net Jode en “voorheen benadeeldes”.

Arie plaasbroer ·

Genis, gee die DA kans om eers die ANC omver te werp.
Daarna kan hulle voetjie vir voetjie die land weer regruk na wat dit was voor 1994.
Rome is tog nie in een dag gebou nie.

Dave ·

Arie, julle DA’s gaan binnekort koaliseer met jul malema-kammeraad en sal dan ‘n beter poging kan aanwend.

christine ·

Yes ten minste het sy gese wat op haar hart le. DA en ANC asb hulle is maats jare al elke Afr. Kan dit vir ons se ons weet. Al wat verskil is dienslewering Dis Al stem dus DA maar as die Vryheidsfront n kans gehad het sou ek met die grootste liefde vir hulle stem. Mulders enigste eerlike mense oor. Die ander ai jai jai. Maar geniet skoonstrate en verwydering van vullis self dag na Kersfees dankie. Genoeg dat ons in gemors land sit wil nie nog op gemors leef nie

Disselboom ·

Die episode laat mens besef hoe belangrik dit is om die onlangse en eietydse geskiedenis vir ons kinders te leer. Die nugtere waarheid op vakkundige geskiedenis-manier.

Disselboom sit nou en wonder of dit in die onafhanklike Afrikaanse skole die nodige aandag kry? Mens kry soms die gevoel daar word vir geskiedenis maar ou handboeke gebruik, wat goed en wel kan wees, maar daardie boeke bevat oor die algemeen nie veel na 1960 nie.

Sal interessant wees as bv BCVO van hulle kan laat hoor hoe hierdie noodsaaklike opleiding hanteer word.

Daar is ook ‘n Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers. Is daar ‘n onderwysersforum vir eietydse geskiedenis wat die nodige handboeke of ander moderne vorme van leermateriaal byhou?

Pieter Louw ·

As `n mens na die oorsprong van die DA is dat hulle `n ryk Joodse party is.As `n progessiewe en liberale party wat nou vasgevang is in dit wat hulle verkondig het.Hulle is doodstil oor plaasmoorde en tradisioneel Afrikaanse Universeteite .Nee die DA wil mos nie hulle beeld skaad nie.Veeg dit maar liewers onder diie mat.

Elsa ·

Mooi so Pieter, wonder ook nog altyd hoekom daar nooit ‘n woord gesê word van die DA se kant oor plaasmoorde en Afrikaanse Universiteite nie.

Chris ·

Mandela was n moordenaar en kyk hoe was hy geprys sonder skaamte? Zuma steel honger mense se geld en hy word geprys. Die swarte mag harde musiek speel van sy kultuur en dis sy reg, as n wit ou sy kultuur se musiek speel is hy rasis. As die wit man trots is omdat hy wit is is hy n rasis. Swartes moet ophou om hulle swak selfbeeld op die wittes te blameer. Eks trots BOER

Gert ·

Noem PW wat jy wil maar sy beginsels het hy nooit prysgegee nie. Hy het geweier om voor ‘n waarheids en versoenings kommissie te verskyn en verantwoordelikheid geneem vir ieder en elk van sy optredes. Hy het nie gaan voete was en gatkruip by niemand nie. Sy ja was sy ja en sy nee was sy nee. Geen ANC onderhandelingspan het hom ore aangesit sso wat Cyril vir FW en sy adjudante gedoen het nie.

Hannes ·

Oeps!!! Is dit nie muilband nie? Verder is dit ‘n blatante aantasting van ‘n individu se reg op vryheid van spraak. Wat van ‘n mens se reg op ‘n eie mening?

Rynhardt ·

DA sal nooit vir die Afrikaner opstaan nie!Wittes wil dit nog steeds nie weet nie!Vandag in due Burger het daai anti-Afrikaner,Zille n beroep op Dianne Kohler-Barnard gedoen omverskoning te vra vir haar uitlating.Jy sien,die liberale sien die Afrikaner se geskiedenis as besmet en sal nooit vir jou of jou kinders se toekoms opstaan nie.Selfs die DA se ouboet,die Anc wil he dat Barnard nou geskors moet word uit parlement.Die DA was net gestig om Afrikaner verder te onderdruk vir 21jaar,maar ons mense wil dit nie weet nie.Due politieke stelsek was lankal voor 94 so ontwerp dat dit net die Anc moet bevoordeel,m.a.w.,jou politiek is dood en eenrigtingverkeer!Jou stem vir die liberale DA is net goed sodat die “libral old boys club” se salarisse kan groei!Ek kan net nie deur SA politiek gebreinspoel word nie.Ek is teen breinspoeling bestand!

pjk ·

Ja, ek sal ook graag wil weet en daag Van Domme uit om hieroor te bevestig

pk ·

Van D@mme moet bewyse lewer en nie sommer wilde stellings maak nie

Sarie ·

Goeie genade maar ons land word elke dag meer die laughing stock van die buitewereld! Hel ons Grondwet waarborg ons vrygheid van spraak en dit sluit politici ook in, veral as mens luister na wat die ANC elke dag kwyt raak. Wat Dianne Kohler Barnard gese het is absoluut die waarheid, daar is niemand in vandag se parlement wat met die waardigheid van PW vergelyk kan word nie. Goed almal het nie van hom gehou nie maar dit beteken wragtig nie sy naam mag nooit genoem word nie. Van die ANC se grootste “MOORDENAARS” wat kinders in bomme opgeblaas het, het mense vermink het wat in meer as een voorgenome operasie net betyds gestuit is voordat hierdie land van ons in stukke opgeskiet is, soos Rivonia, Operasie Vula en vele ander, se name word heeldag in die parlement geprys. Hierdie is hoekom ek nie ‘n DA-ondersteuner is nie. Hoe kan ek vir ‘n party stem wat nie sy man kan staan nie, wat nie kan bly by wat hulle kwytraak nie, wie se eertydse leier een van die grootste ANC-ondersteuners in vroeer jare was? Nee wat dan bly ek maar liewer ‘n draadsitter. Magtig mag niemand meer niemand uit die verlede se naam oor hulle lippe spreek nie? In plaas daarvan dat die parlement hulle besig hou met dit waarvoor hulle daar ingestem is, naamlik om ons land op te bou, om ons ekonomie te versterk, om misdaad te bekamp en om bedrog lieg en bedrieg hok te slaan, hou hulle hulle besig met sulke nietighede soos hierdie. Dit is uiters belaglik!!!!!!!!!

Sarie ·

En laat die ANC sommer ook die name verskaf van al die mense wat hulle met bomme en op ander wreedaardige maniere, in hul eie strafkampe en van hul eie mense, doodgemaak het, dan kan ons bietjie die lyste vergelyk

Magaret Henderson ·

WEk lees maar net en kom tot die ek lees baie wat almal se wat in ons eens mooi land gebeur het, en my hart gaan uit na hierdie land wat God ons in geplaas het om in te leef, maar nou is hy deur trek met n donker wolk, ens ons as n blanke volk moet saam staan en baie hard bib en bid sodat God Sy hand kan uitsteek en ons bevry uit die donkerte, ek slaap deesdae bitter min want eks n vrou n Ma en is bekommerd oor wat daar vir ons kinders en hulle kinders voor le. Die hele wereld is op di oomlik in n opstand, Ek bid dat God met ons almal sal wees en ek bid Jesus se Bloed sy kosbare Bloed oor al ons mense, Amen dis al wat ek wil deel .

Fanie ·

Ek kan rêrig waar nie sien waaroor gaan al die bohaai nie. Dit is net ‘n opinie, ‘n mening wat gelug is. Ons het almal vryheid van spraak, dan nie. ANC het geskree “kill the boer, kill the farmer” en nou regeer hul. En die boere word uitgemoor!! Elke liewe dag. En almal gaan tekere oor ‘n uitlating wat geen mens se lewe in gevaar stel.

Tony van den Berg ·

Verstaan nie Ja duisende is vermoor en gemartel deur die anc comrades in die lokasie omdat hulle nie ANC was nie. Die groot krokodil was nie naastenby se effektief nie.

Eish! ·

Vanmore ‘n geleerde man oor die radio hoor praat. Hy het ‘n vergelyking gemaak dat die ANC is vandag se Mafia in SA. Dit het my laat dink. Is dit nie wat aangaan nie? In alle opsigte was die antwoord JA, JA, JA in alles wat ek myself afgevra het.

Johannes Meintjes ·

Miskien moet iemand weer daardie veelseggende syfers wat moord en ekonomiese prestasie onder die NP en dieselfde onder die ANC vergelyk, publiseer.

Wilhelm ·

Hoekom raak almal so opgewonde oor ‘n feitestelling deur die DA-lid? Sy het die waarheid laat deurskemer!

Mike de Beer ·

ANC helkampe en teelplase waar onskuldige meisies wat onder voorwendsels van “opleiding” as “VTB – Vryetydsbesteding” deur sogenaamde vegters gebruik was. Buitendien het die sogenaamde stryders NOOIT teen ‘n “vyand” opgestaan nie. Hulle dapperheid is NOOIT getoets op ‘n “man” terrein nie. Die dapper vryheidsvegters vir wie monumente gebou word het op die mees lafhartige manier “geveg” – landmyne teen vrouens en kinders.

sarie van heerden ·

Kan die anti Kohler Barnard brigade ons asseblief verduidelik WATTER van haar oordele versinsels was of die rede was om ander te benadee.

sarie van heerden ·

Kan die anti Kohler Barnard brigade ons asseblief verduidelik WATTER van haar oordele versinsels was of die rede was om ander te benadee.

Dave ·

Sarie, at jy probeer kwytraak in 2 pogings is nie duidelik nie. As ek jou reg verstaan kan ek gerus onder jou aandag bring dat sy veg teen Afrikaans en dat sy veg teen blanke-indiensneming in die land. Julle altwee stem daarvoor dat onbevoegde swartes die top poste in die land beklee, julle twee is deel van die brigade wat Eskom bankrot gemaak het. Daarbenewens het sy nou ‘n komplment uitgedeel aan PW Botha en toe skielik vreeslik geskruik, om verskoning gevra en dit toe weer verwyder. Sy het dus of ‘n leuen vertel toe sy ditgesê het òf sy het gelieg toe sy verskoning vra. Kan dus nie tot ‘n besluit kom of hoe sy daaroor voel. Julle, jy en sy, verraai ook Afrikaans en die voortbestaan daarvan, so ons in in verskillende kampe.

MissDemeanor ·

Wel as sy ge-fire word dan kan sy vir die VF gaan werk

Wim Kotze ·

Nee, sy gebruik mos liewer Spaans as om die “dumb Dutchman” se Afrikaans te praat.

Wim Kotze ·

Nee, sy praat mos eerder Spaans as wat sy die “dumb dutchman” se Afrikaans sal besig.

Shane ·

Vra bietjie die ANC binnekring van Quatro in Angola…Dit word so stil-stil onder die tafel ingevee. Daar was net soveel mense gemartel in daai ANC kamp as in Apartheid SA. Man, en so ver dit my aangaan is daar net een party in die land, en dit is die ANC. Die DA is die ANC, ‘n ANC-lite as jy wil. Hulle het dieselfde politiek, dieselfde lee beloftes en dieselfde waardes. Hoekom dink julle het Helen Zille destyds met die sangomas gaan speel? Hulle wag net tot hulle “to power” kom en daan gaan hulle hulle self net so verryk. Die ANC was net so “hellbent” om die ongeregtgiheid van die NP te stop en “‘n beter land” te bou. Politici is almal dieslfde en die DA begin dit nou net meer en meer wys. Ek mis die feit dat ek as kind veilig in die strate kon speel, en my dogter kan nie. Ek mis die feit dat ons op vakansie kon gaan en vergeet om die voordeur te sluit en terug te kom na ‘n huis met alles in. Ek mis ‘n land waar ek nie my ouers bye moes soen elke keer as ek ‘n brood gaan koop uit vrees dat ek vermoor mag word nie. As dit beteken ek mis apartheid dan is dit maar so, maar ek mis ‘n land waarop ek kon trots wees. Hierdie land is ‘n bleddie sirkus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.