Stappe kom dalk ná ‘Zuma must fall’-plakkaat

Die "Zuma must fall"-plakkaat wat op 15 Januarie 2016 in Kaapstad opgerig is Foto: Twitter

Die “Zuma must fall”-plakkaat wat op 15 Januarie 2016 in Kaapstad opgerig is Foto: Twitter

Die eienaars van die advertensieruimte waar die reusagtige “Zuma must fall”-plakkaat in Kaapstad se middestad aangebring is, kan moontlik aangekla word.

Priya Reddy, woordvoerder van die Stad Kaapstad, het gesê ʼn dagvaarding sal op die eienaar van die adverteerruimte waar die plakkaat aangebring is beteken word vir die oortreding van ʼn munisipale verordening wat die toelaatbare grootte van advertensieborde in die stad dikteer.

Independent Outdoor Media, die maatskappy wat glo die advertensieruimte besit, het alle navrae na sy uitvoerende hoof, Brett Dyssel, verwys. Dyssel kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.

Reddy het gesê die identiteit van die persoon wat vir plakkaat betaal is steeds nie bekend nie, maar dat die stad wettiglik ook teen hom of haar stappe kan doen. Volgens ingeligte bronne kos dit tot R400 000 per maand om op die betrokke advertensieruimte te adverteer.

“Ons kan stappe doen teen die advertensiemaatskappy, die persoon wat hulle betaal het om die ruimte te huur, die maatskappy wat die plakkaat aangebring het en die eienaar van die gebou,” het Reddy gesê.

Volgens haar is die stad nie om toestemming gevra om die plakkaat aan te bring, soos wat deur die wet vereis word nie. Die stad het die saak aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig kort nadat die plakkaat Vrydag teen die Overbeek-gebou aangebring is. ANC-ondersteuners het die plakkaat Saterdag afgeskeur.

Volgens Reddy is die betrokke advertensieruimte al vir ʼn geruime tyd ʼn probleem aangesien dit volgens wet te groot is.

Die DA, wat in beheer is in die Wes-Kaap, het Vrydag ontken dat hy enigiets met die plakkaat te doen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

HEVW ·

Ag, los maar die koeel is al klaar deur die kerk. Waarsku maar net om dit volgende keer n rapsie kleiner te maak. Moenie dat wrokkigheid die oorhand kry nie.

Marko Miladinovic ·

Die DA is net so simpel soos die ANC. Ek hou vol die DA is die ANC wat vermom is!

Lafras ·

In enige ander land was die persoon lankal agter tralies of tereggestel. Die regering verdra baie.

Kaspaas ·

Wat is net so skokkend en bitter min word hieroor gerapporteer, maar die videos is vrylik beskikbaar is die rassistiese aanvalle die dag wat die banier afgehaal is deur ANC lede op wittes wat in die omgewing was, klomp wittes is fisies aangerand deur groepe ANC opstokers. Was dit anders om sou al wat nuusberig was met die storie gelei het.

Lafras ·

Die wittes het eerste begin Kaspaas! Het jy gehoor wat skree die vent wat warm geklap was? Dit is die soort kômmingeit waaroor Herman Toerien geskryf het wat ons saak baie skade aandoen!

Rudi ·

Stem saam. Dis OK om iemand se plakaat te verniel en iemand aan te rand as jy ANC ondersteuner is. Sal graag by Lafras wil hoor watter saak hy van praat? As ons still bly terwyl ons besteel en vermoor word gaan die ANC meer van ons wittes hou?

Annoniem ·

Nou weet die hele wereld ZUMA MUST FALL ,dit is geensins rasisties nie maar n teken dat die anc zuma moet afbetaal omdat hy suid afrika te veel kos met korrupsie en nie vervolg word nie.

Luister ·

Ek is seker die adverteerders sal enige moontlike, toekomstige boete; met ‘n glimlag betaal.
Indien nodig, sal hul sekerlik baie skenkings kry. Tel my in!

Johan ·

Hulle / hy / sy moet net lank van om die boete te betaal, rek die proses uit, hou dit in die media… baie gratis advertensie vir die saak.

HEVW ·

Sommige mense weet maar bitter min wat in enige ander land aangaan.

HEVW ·

Diegene wat vir die internet bekendmaking is doen so voort. Doen dit net beter en kwalifiseer met hoofpunte onderaan en se waarom.

DPJ ·

Adretensie banier is vernietig onwetig. Waarom nou gal af gaan.

SNEL ·

Almal skreeu dit, almal weet dit, so wie gaan nou eerste toegesluit word. Met Zuma must fall optog was daar swart en wit, so dis nie net wit wat so voel nie, baie ander besef dit ook en hulle kom ook agter dat hy nie weet wat hy doen nie. Ek is seker daardie geld en tyd om nou die klomp te vervolg kan beter spandeer word.

Henri ·

Die enigste stappe wat ek wil sien is die stappe wat die gebou-eienaar en al die inwoners neem teen die ANC kalant wat, voordat die plakaat verwyder was gese het dat die gebou en plakaat afgebrand moet word met inwoners en al, en dan ook almal wat deel was van die inbraak, betreding en aanranding van inwoners, als oortredings vervat onder Kriminele wette en strafbaar met tronkstraf. Die ANC het reeds hulle gaan geen stappe teen die aanhitser neem nie….. Mense, ASB. DOEN DIT. gaan rapporteer hierdie kriminele oortreders by die SAPS, DA, staan by die regte van die wat deur kriminele geaffekteer is en ondersteun hulle in die proses, eerder as om ‘n boodskapper te wil vervolg, of doen beide en noem dit regverdig……….

Zumie ·

EN WAT VAN VRYHEID VAN SPRAAK!!!!!
Of is die grondwet net daar om te beskerm as ons se wat regering wil he?

ZUMAMUSTFALL ·

Ja en nou wys die DA hulle ware kleure.
Ek het lus en spray dit op elke brug in die land. gratis en verniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.