Stappe kom ná kliniek swanger vrou wegwys

Argieffoto: https://pixabay.com

Dissiplinêre stappe sal gedoen word nadat ʼn Johannesburgse kliniek ʼn swanger vrou glo weggewys en sy buite die kliniek ineengestort het.

Dr. Mphoa Phalatse, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, het gesê die voorval het Vrydag by die Zandspruit-kliniek plaasgevind.

Volgens Phalatse het die vrou, wat sou begin kraam, haar by die kliniek aangemeld, maar is glo aangesê om terug te gaan huis toe en daar reg te maak om hospitaal toe te gaan. Die vrou het die kliniek verlaat, maar buite die gebou ineengestort.

“Die vrou het later in dieselfde kliniek lewe geskenk aan ʼn tweeling nadat sy terug in die kliniek in gehaas is,” het Phalatse gesê.

Phalatse het vandeesweek die ma en haar babas besoek en gesê sy is bly om te sien dat dit met al drie goed gaan ondanks die beproewing. Sy het intussen gelas dat ʼn ondersoek na die voorval gedoen en ʼn volledige verslag aan haar gestuur word.

“As beskermhere van gesondheidsdienste in Johannesburg word daar van ons verwag om aan die beginsels van die Hippokratiese eed te voldoen, om goed te doen en geen skade te berokken nie. Die verpleegpersoneellid se versuim om aan hierdie praktykkode te voldoen, het die lewe van hierdie ma en haar tweelingseuntjies in gevaar gestel,” het Phalatse gesê.

“Ek is uiters teleurgesteld in hierdie trae benadering om ʼn pasiënt te help en nog meer oor die pogings om die waarheid weg te steek, en my en die bestuur te mislei. Dissiplinêre stappe sal gedoen word sodra die ondersoek afgehandel is.”

Die kliniek is ná die voorval tydelik gesluit, maar bedrywighede is sedertdien weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Genieve ·

Ja en by wie in die weskaap dien ek n klagte in want ek is ook weg gewys nadat ek die hele dag daar gesit en wag het.Die suster wat my gehelp het het die dokter gaan vra of sy my kan help en haar antwoord was ja. Na omtrent die hele dag se sit so by 4:15 is ons 4mense wat weg gewys is en is gevra om die ander dag te kom. Kom maar die volgende dag en die volgende dag was sy nie eers beskikbaar nie,dis vir my onaanvaarbaar.

Ivy ·

Dit is n skande en word by baie klinieke gedoen..wys mense weg.Dit sal nie met hul famielie gedoen word nie.Tug stappe moet gedoen word.

Michael Barnard ·

Joey barnard moet twee wag in kroonstad om n dokter kan sien by die hospitaal terwyl daar vermoed word om dat sy kanker het dat sy behandeling kan kry

Michael Barnard ·

Dit is twee mnde wat sy moet wag om dokter te sien.

Michael Barnard ·

Sy moet twee mnde wag voor sy n dr kan sien nadat sy vir hul gese het sy het geweldig pyn en kan nie slaap in die nag soms sit sy en huil van die pyn.

RITA ·

n Lewe beteken vir hulle niks……….so tragies. Hulle moet gestraf word of daar moet mense in hulle plekke aanstel word wat graag die werk wil doen en empatie sal he en die ekstra my sal loop vir die wat dit nodig mag he.

Andrea van Vuren ·

As oud verpleegkundige is ek steeds geskok om sulke negatiewe berigte oor gesondheidsorg te lees. Ons het destyds die Florence Nightingale eed afgelê en voor God en die mensdom beloof dat ons die pasiënt eerste sal stel. Later het die nuwe regering die woord “God” uit die eed verwyder. Soos ek verstaan bestaan die eed vandag nie meer nie. Die verpleegkundiges voel dus vere vir hul medemens want daar is nie ‘n gelofte wat hul moreel meer bind nie…

Sarah Strydom ·

Hier by ons is die kliniek veronderstel om 4 uur toe te maak, maar van 2 uur af doen die ontvangs “filing” en help niemand meer nie, mens moet maar net daar sit en wag en as mens vra wat nou, word daar net gese ons is bedis wag, 3:50 se hulle jul moet uis toe gaan ons is nou toe – maak nie saak of mens net herhaling van voorskrif moet kry of dodelik siek vir hulp wag nie

jean ·

Hoe het alles nie verval en agteruitgegaan sedert die nuwe “regime” oorgeneem het nie…..maar die vorige diens wat ontvang is, word nooit onthou nie. Ag toggie, was ou Jan van Riebeeck tog maar liewer swart!

Jawat ·

AG NIKS SAL GEBEUR NIE . daar sterf DAAGLIKS Mense in staatshospitale agv nalatigheid en die LUIHEID van staf en niks gebeur nie .moenie droom nie . julle wil nie die mediese sorg opknap nie en julle wil nie julle staf maniere leer nie, dis hoekom geen parlementslid ooit na ‘n provinsiale hospitaal toe gaan nie .. dis op meeste plekke ‘n GEMORS!

Hannelie ·

Ek hoop die hospitaal, en die personeel aan diens, word aangevat! Ongelukkig sterf daar mense ook nie net staatshopsitale nie. Ek het my pa en my beste vriendin so verloor as gevolg van nalatigheid!!! As jy nie ‘n liefde of passie het vir jou werk nie, bedank eerder asseblief.
Mens raak bang as ‘n familielid hospitaal toe gaan…want jy weet nie of die persoon weer gaan uitkom nie.

Genieve ·

jean..mense wat goeie diens lewer sterf uit moet ek vir jou se hulle soort is maar skaars.

Oom Kalahari ·

Staatshospitale en Klinieke lewer geweldige traag en swak diens. Daar is sovele Nightingale’s daar buite wat graag hul passie wil uitleef maar weens al die BEE/BBEE ens word weerhou van goeie diens lewering. Voor 1994 was dit nethies, skoon, professionele en flinke diens waar ieder en elk gehelp was. My broer het vir drie dae in ‘n Kaapse Staatshospitaal in ‘n rystoel in die gang sonder enige voeding deurgebring tot hy gesterf het. My Skoonsuster moes van ver ry om net daagliks vir hom iets te ete en te drinke neem asook ‘n kombers wat ook weggeraak het. Binne ‘n mens is maar gemengde gevoelens en die tipe van diens vertouenswaardigheid. Vele van hul is maar net daar om die getalle aan te vul en betalings tjek einde van maand te kollekteer.

Antjie ·

Ons spul wat in akademiese hospitale jare terug probeer kla het oor vervanging van goeie mense met die slapgeit by “klinieke”, sukkel steeds met oorlewing. Watter regdenkende ma naby kraam maak nie reg om hospitaal hulp te kan kry sulke tyd nie? En na sy WEL voldoende hulp op die “verkeerde” plek kon kry, gaan kla by die stadsvaders daaroor? My oumagrootjies het nog in die veld gekraam. Daar was niks anders naby genoeg nie. As die vrou veilig geholpe kon raak by ʼn kliniek, was dit onwaarskynlik ʼn verloskundige noodgeval. Vir lg is narkose en instrumentasie nodig om lewens te kan red. Die internasionale en nasionale pasiënte handves stel dit duidelik dat pasiënte óók verantwoordelik moet omgaan met mediese stelsels. Net in SA sal stadsvaders in die media uitvaar sonder die volle prentjie, selfs al is dit ooglopend verdag. En sal hulle die agternaslepende hordes werklik benadeeldes misbruik om een van hul eie kaders onregverdig finansieel te bevoordeel.
Jammer, maar ek val nie vir hierdie stukkie halwe nuus nie!

Wolf ·

Jawat, ongelukkig moet ek met jou saamstem. Daar sal niks van kom nie die dames was blankes.
Dit is duidelik dat daar te veel mense nou in die land is, meeste le nou in die stede kom rond en doen niks nie. Selfs buitelanders so ver as Shina, Nigerie en van regoor Afrika is nou deel van die comrades. Die stelsels wat die vorige “Regime” in plek gesit het kan onmoontlik die druk hanteer. As ek so na die huidige statistiek kyk en sien dat die “wit” mense se getalle na net oor 2 Miljoen gedaal het en die swart getalle rondom 50 Miljoen staan, moet ek se ek verstaan nie mooi hoekom daar nog so ywerig na “aperthyd” verwys word nie . Of die swart mense was besonder produktief in hierdie tyd, en het vanaf 1994 amper in getalle verdubbel of hulle broers en susters van Zim en elders ondersteun nou die huidige regime wat hulle so nou en dan n joppie gee in hulle “rent a crowd” inisiatief. Die blankes se getalle het drasties verminder en NOG word daar teen die blankes gediskrimineer. Hoekom word daar nog na 24 jaar van “swart” demokrasie teen blankes gediskrimineer en die klein groepie oorgeblewe blankes gemarganiliseer. Waarvoor is die comrades van die nuwe demokrate bang dat hulle (Lees mallema) so teen oor die handjie vol blankes optree? Haat , jaloesie of wat? Help my ek verstaan nie.

Manna ·

Dis ou praktyk by privaat hospitale en selfs by dokters spreek kamers. Maak nie saak of jy wit of swart is as jy nie deposit kan betaal word jy verwys na staats hospitaal al is dit hoe ernstig. Nou weet bestuur kastig niks en arme werknemers wat maar net opdragte uitvoer sal aan pen ry. Laat my dink aan ou Suid Afrika se politieke leiers.

Cynthia TREDOUX ·

Ek maak ook nou van n Kliniek gebruik so 600 meter van waarek bly….ek moet sê…die behandeling is PUIK…en ek was nog nooit huistoe gestuur sonder dat iemand my gesien het nie…baie keer word die PERSONEEL BAIE BAIE SLEG BEHANDEL deur pasiente…daar is altyd 2 kante van n saak…en waar ek n baie duur MEDIESE FONDS…met al die BY BETALINGS moes kanselleer…SALUEER EK MY KLINIEK!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.